Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 1/00 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2000
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 10 Januarie
  • Week wat begin met 17 Januarie
  • Week wat begin met 24 Januarie
  • Week wat begin met 31 Januarie
  • Week wat begin met 7 Februarie
Ons Koninkryksbediening—2000
km 1/00 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 10 Januarie

Lied 107

15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

15 min: “Maak Jehovah se naam op die hele aarde bekend.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Sluit kommentare in oor informele getuieniswerk uit Ons bediening-boek, bladsye 93-4.

15 min: “Gee elke dag ag op Jehovah se Woord!” Toespraak en gehoorbespreking. Moedig almal aan om goed gebruik te maak van Ondersoek die Skrif elke dag—2000. Sluit kommentare in uit die voorwoord, bladsye 3-4. Nooi verkondigers om te vertel hoe hulle ’n spesiale poging aanwend om elke dag die teks en kommentare te lees.

Lied 155 en slotgebed.

Week wat begin met 17 Januarie

Lied 12

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “Gebruik traktate om gesprekke te begin.” Hersien enige vier traktate wat gereeld in die gebied gebruik word. Vra elke keer ’n vraag wat in die traktaat beantwoord word. Nooi gehoor om wenke te gee oor hoe die vraag gebruik kan word om ’n gesprek te begin en moontlik tot ’n Bybelstudie oor te gaan. Demonstreer hoe dit met twee van die traktate gedoen kan word.

Lied 57 en slotgebed.

Week wat begin met 24 Januarie

Lied 110

15 min: Plaaslike aankondigings en velddiensondervindinge.

30 min: “Ons vereenvoudigde reëling vir lektuurverspreiding.” Bekwame ouer man bespreek materiaal in artikel met gehoor. Ouer man kan ook punte uit die Genootskap se brief van 15 Oktober 1999 meld. Laat ’n goed voorbereide pionier of bekwame verkondiger demonstreer hoe inligting uit die toespraak in die veldbediening toegepas kan word. Verkondiger gesels met huisbewoner oor ’n artikel in een van die jongste tydskrifte wat ons hierdie naweek in die velddiens gaan aanbied. Wanneer verkondiger die aandag op ’n spesifieke punt in die tydskrif vestig, sê die huisbewoner: “Dit lyk interessant.” Verkondiger sê: “Ek wil graag hierdie tydskrif by jou laat sodat jy hierdie artikel asook al die ander in die tydskrif kan lees.” Huisbewoner vra: “Hoeveel kos die tydskrifte?” Verkondiger antwoord: “Ons lektuur is kosteloos, maar as jy ’n klein bydrae tot ons wêreldwye Bybelopvoedkundige werk wil maak, is jy welkom.” Die huisbewoner maak ’n bydrae en die verkondiger laat hom dit in ’n koevert sit wat vir die wêreldwye werk bedoel is. Hy spreek waardering uit vir die bydrae wat gemaak is en sê dat hy vir hom die volgende nommers van die tydskrifte sal bring. Reël ’n tweede kort demonstrasie. Lig daarin toe hoe die verkondiger nie ’n publikasie by die huisbewoner laat nie omdat die huisbewoner, hoewel hy bereid is om te gesels, nie werklik in die Koninkryksboodskap belangstel nie. Hy laat ’n traktaat by die huisbewoner. Hou ’n derde kort demonstrasie wat toon hoe ’n traktaat by iemand gelaat kan word wat opreg belangstel, maar wat op daardie tydstip baie besig is en waar dit nie lyk asof dit geleë is om te verduidelik hoe ons wêreldwye werk gefinansier word nie. Verkondiger belowe om op ’n meer geleë tyd terug te gaan. Wanneer hy teruggaan, sal hy probeer vasstel of die huisbewoner werklik in ons werk belangstel en, indien wel, sal hy die aard van ons bediening verduidelik en hoe die werk gefinansier word.

Lied 157 en slotgebed.

Week wat begin met 31 Januarie

Lied 16

15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Januarie in te gee. Meld die lektuuraanbod vir Februarie: Gesinsgeluk-boek. Demonstreer hoe die drie vrae in die venster op bladsy 12 van die boek gebruik kan word as ’n grondslag om ’n gesprek met iemand te begin.

30 min: Berei nou voor om God se Wet op bloed te onderhou. Bekwame ouer man bespreek hoe belangrik dit is om die “Advance Medical Directive/Release”-kaart in te vul. Na afloop van hierdie vergadering sal gedoopte Getuies ’n nuwe “Advance Medical Directive/Release”-kaart kry, en diegene met ongedoopte minderjarige kinders sal ’n “Identity”-kaart vir elke kind kry. Hierdie kaarte moet nie vanaand ingevul word nie. Hulle moet noukeurig tuis ingevul word, maar NIE geteken word nie. Al die kaarte sal na afloop van die volgende Gemeentelike Boekstudie met die boekstudiehouer se hulp, indien nodig, deur die verkondigers en dié wat as getuies optree, geteken en gedateer word. Maak seker dat die kaarte volledig ingevul is voordat julle dit teken. Diegene wat as getuies teken, moet persoonlik sien dat die kaarthouer die dokument teken. Ongedoopte verkondigers kan hulle eie dokument vir hulle en hulle kinders opstel deur die bewoording van hierdie kaart by hulle eie omstandighede en oortuiging aan te pas. Boekstudiehouers moet seker maak dat almal in hulle groep die nodige hulp ontvang om die “Advance Medical Directive/Release”-kaart in te vul. Sien die brief van 15 Oktober 1992 vir verdere besonderhede. Bespreek spesifieke punte uit die Vraebus in Ons Koninkryksbediening, September 1999. Moedig broers aan om die raad deur te voer om ’n lêer saam te stel met al die artikels wat in die bogenoemde Vraebus gemeld word. Kan nou ook Ontwaak! van 8 Januarie 2000 insluit.

Lied 60 en slotgebed.

Week wat begin met 7 Februarie

Lied 113

10 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: Die antwoord op ’n vraag oor wat dit beteken om iemand te ‘merk’. Toespraak deur ouer man, gebaseer op Die Wagtoring van 15 Julie 1999, bladsye 29-31.

20 min: Hoe om ander te help om die ware godsdiens te identifiseer. Bespreking tussen ’n ervare bedieningskneg en twee of drie bekwame verkondigers oor hoe mense dalk beïndruk is deur Jehovah se Getuies, maar nie duidelik die verskil verstaan tussen ander godsdienste en ons s’n nie. Hersien die tien punte wat in die Ontwaak! van 8 Mei 1995, bladsy 20, gedek word. Verduidelik hoe ’n kennis van hierdie faktore ’n opregte persoon kan help om die verskil te sien tussen ware en valse aanbidding en waarom dit nodig is om by Jehovah se volk te leer en met hulle te assosieer.

Lied 182 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel