Diensvergaderinge vir Augustus
Week wat begin met 2 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Lewer kommentaar op jongste velddiensrapport vir die plaaslike gemeente. Moedig al die verkondigers aan om gedurende Augustus aan die veldbediening deel te neem. Kondig velddiensreëlings vir 9 Augustus aan.
17 min: “Toon groot agting vir Jehovah se luisterryke naam.” Beperk inleidingskommentare tot minder as ’n minuut en gaan oor tot ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Vestig die aandag op die tekste wat aangegee word.—Sien Paradys op aarde-boek, bladsye 184-5.
18 min: “Sekulêre opvoeding en jou geestelike doelwitte.” ’n Vader bespreek die artikel met sy seun of dogter. Hulle hersien ook verwante materiaal uit die Ontwaak! van 22 Desember 1995, bladsye 7-11.
Lied 148 en slotgebed.
Week wat begin met 9 Augustus
8 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Noem die doelwit vir alle verkondigers om gedurende Augustus aan die veldbediening deel te neem.
12 min: Pioniers help ander—Watter vordering is gemaak? Toespraak en onderhoude deur die diensopsiener. Hersien instruksies in Ons Koninkryksbediening vir September 1998, bladsy 4. Vertel hoe dit plaaslik georganiseer is, en bring die gemeente op hoogte van die vordering van diegene wat gehelp is. Voer ’n onderhoud met een of twee pioniers en party van die verkondigers wat by hulle hulp baat gevind het. Moedig dié wat volgende gehelp gaan word aan om ten volle van hierdie voorsiening gebruik te maak.
25 min: “Het die deur tot die pionierdiens nou vir jou oopgegaan?” Vraag-en-antwoord-bespreking deur ’n ouer man. Toon op ’n positiewe manier watter moontlikhede daar vir meer verkondigers is om as pioniers te dien. Voer onderhoude met pioniers wat uit hulle eie ondervinding kan vertel hoe hulle struikelblokke met welslae uit die weg kon ruim. Bespreek die “Roosters vir gewone pionierdiens” en benadruk hoe goeie beplanning die uurvereiste binne ’n mens se bereik kan bring. Noem dat enigiemand wat ’n pionieraansoekvorm wil hê dit ná die vergadering kan kry.
Lied 202 en slotgebed.
Week wat begin met 16 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Moedig almal aan om aan die bediening deel te neem voor die maand verby is aangesien daar net twee naweke in Augustus oor is. Hersien “Nuwe program vir die spesiale byeenkomsdag”.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: Neem jy deel aan die dissipelmaakwerk? Gehoorbespreking. In die lig van al die lektuur wat versprei word, moet ons doel wees om Bybelstudies te begin sodat ons mense kan help om baat te vind by die publikasies wat hulle ontvang. Laat verkondigers kommentaar lewer oor die probleme wat hulle verhinder om meer studies te hou: (1) Dit is moeilik om mense te vind wat bereid is om te studeer. (2) Party belangstellendes sê dat hulle te besig is om te studeer. (3) Ná ’n studie begin is, is dit moeilik om die persoon tuis te vind sodat die studie gereeld gehou kan word. Bespreek ook die gevoelens wat party verkondigers oor die Bybelstudiewerk het: (1) ‘Ek voel nie bekwaam genoeg om ’n onderrigter te wees nie.’ (2) ‘Ek het nie die tyd om elke week ’n studie te hou nie.’ (3) ‘Ek wil nie verplig voel teenoor iemand anders nie.’ (4) ‘Ek is tevrede om aan ander fasette van die bediening deel te neem.’ Gee positiewe wenke om hierdie struikelblokke te oorkom en persoonlik aan die dissipelmaakwerk deel te neem. Laat suksesvolle verkondigers vertel van die vreugde wat hulle in die Bybelstudiewerk ervaar het.—Sien byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir April 1998, paragrawe 3-8, 15.
Lied 100 en slotgebed.
Week wat begin met 23 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Vertel van vordering in ontoegekende gebied. Stel die gemeente in kennis van reëlings vir September. Voer ’n onderhoud met een of twee oor die sukses wat hulle tot dusver gehad het.
15 min: Help nuwe belangstellendes om die heiligheid van die huwelik te besef. Ouer man lei ’n gehoorbespreking wat gebaseer is op die Redenering-boek, bladsye 201-2. Ons ontmoet paartjies wat gehoor gee aan die Koninkryksboodskap, maar stadig vorder omdat hulle saamwoon sonder om wetlik getroud te wees. Bespreek hoe ons hulle kan help om te begryp waarom Christene eerbare huwelike moet hê. (Sien die Ontwaak! van 8 Januarie 1992, bladsye 26-7.) Gee wenke oor wat ons taktvol kan sê om sulke paartjies te help sodat hulle kan sien waarom hulle nie ’n deel van die gemeente kan wees totdat hulle huwelik wetlik geregistreer is nie.
20 min: “Gebruik traktate om goeie resultate te verkry.” Vraag-en-antwoord-bespreking. Demonstreer ná paragraaf 7 hoe om ’n Bybelstudie met ’n traktaat te begin. Demonstreer ná paragraaf 9 hoe om die traktaat Sal hierdie wêreld bly voortbestaan? te gebruik om ’n studie te begin. Moedig almal aan om die doel te bereik dat elke verkondiger ’n Bybelstudie hou.
Lied 133 en slotgebed.
Week wat begin met 30 Augustus
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal om hulle velddiensrapporte vir Augustus in te gee. Gemeentelike Boekstudiehouers moet by elkeen in hulle groep seker maak dat al die rapporte teen 6 September saamgestel kan word. Hulle moet ook seker maak dat enige laat rapporte vir die diensjaar vir die sekretaris gegee word.
17 min: Ons is lief vir ons broers. Toespraak deur ’n ouer man, wat ’n gehoorbespreking insluit wat op Die Wagtoring van 1 Desember 1995, bladsye 15-17, paragrawe 7-11, gebaseer is. Beklemtoon hoe ons almal daarby baat kan vind wanneer ons ons broers goed leer ken, mekaar aanmoedig en mekaar help om beproewinge te verduur. Gee wenke hoe dit in groter mate gedoen kan word. Nooi gehoor om ondervindinge te vertel wat toon hoe liefdevolle aanmoediging van ander hulle verkwik en versterk het.
18 min: Gee ’n rede vir jou hoop. ’n Ouer man voer ’n onderhoud met een of twee voorbeeldige tieners wat op skool is. Hulle kom voortdurend voor situasies te staan waarin wêreldse portuurs wil weet waarom ons tieners nie dieselfde dinge as hulle doen nie. Terwyl hulle hierdie geleenthede gebruik om hulle Bybelse oortuiging te verduidelik, moet ons jongmense standvastig bly. Die groep bespreek hoe hulle kan optree as hulle tabak of dwelms aangebied word. Hersien die redenasie in die Jongmense vra-boek, bladsye 277-81. Verduidelik hoe dit ’n beskerming is en ’n goeie getuienis gee as hulle hulle voorneme om te doen wat reg is, verdedig.
Lied 129 en slotgebed.