Hersiening vir die Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 3 Mei tot 23 Augustus 1999. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae as moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.
[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronneverwysings ná die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring het ’n bladsy- en paragraafnommer nie.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Ouers hoef nie Bybelbeginsels prys te gee om hulle kinders redelik te behandel nie. [fy-AF bl. 108 par. 14]
2. Die tema van die hele Bybel is die regverdiging van Jehovah deur die Koninkryk onder die heerskappy van die beloofde “saad” (Gen. 3:15). [si-AF bl. 17 par. 30]
3. Daar is baie min argeologiese en ander bewyse buite die Bybel wat van die juistheid van die gebeure in Exodus getuig. [si-AF bl. 20 par. 4]
4. Diegene wat in volslae armoede lewe, is nie in staat om finansieel by te dra om Koninkryksbelange te bevorder nie. [w97-AF 9/15 bl. 5 par. 7]
5. Dit is ’n deel van ons aanbidding van Jehovah om ’n verskuldigde vergoeding aan ons ouers en grootouers te betaal (1 Tim. 5:4). [w97-AF 9/1 bl. 4 par. 1-2]
6. Die Sabbatsviering was oorspronklik ’n teken tussen Jehovah en al die nasies. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien rs-AF bl. 357 par. 2.]
7. Wanneer ’n kind oud genoeg is om sy eie besluite te begin neem, dra hy ’n groter mate van verantwoordelikheid vir sy dade, veral ten opsigte van God se wette (Rom. 14:12). [fy-AF bl. 135 par. 17]
8. Moses het die boek Levitikus in 1513 v.G.J. geskryf. [si-AF bl. 25 par. 3-4]
9. Jesus se woorde wat in Lukas 21:20, 21 opgeteken is, is in 66 G.J. vervul toe die Romeinse leërs onder die bevel van generaal Titus van Jerusalem af teruggetrek het. [w97-AF 4/1 bl. 5 par. 3-4]
10. Die leer van Epikurus was gevaarlik vir Christene omdat dit gegrond was op sy ongelowige beskouing wat in 1 Korintiërs 15:32 beskryf word. [w97-AF 11/1 bl. 24 par. 4]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Watter les leer ons uit die verbod op die eet van vet in Levitikus 3:17? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w84-AF 4/1 bl. 30 par. 3.]
12. Waarom het Jehovah Satan die Duiwel toegelaat om te bestaan? (Ex. 9:15). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 3/15 bl. 10 par. 14.]
13. Wat is van die eerste stappe wat ’n gesin moet doen om prioriteite te stel wanneer ’n gesinslid ernstig siek is? (Spr. 15:22, NW). [fy-AF bl. 122 par. 14]
14. In watter sin was die nasie Israel “’n koninkryk van priesters”? (Ex. 19:6). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 7/1 bl. 16 par. 8.]
15. Wat is die verskil tussen ’n oog wat “eenvoudig” is en een wat “goddeloos” is? (Matt. 6:22, 23). [w97-AF 10/1 bl. 26 par. 5]
16. Hoe kon daar van Dawid gesê word dat hy “met ’n volkome hart en in opregtheid” gewandel het as hy foute gemaak het? (1 Kon. 9:4). [w97-AF 5/1 bl. 5 par. 2]
17. Watter hedendaagse voorregte is voorafgeskadu deur die feit dat die Israeliete “net so” gedoen het met betrekking tot die tabernakel? (Ex. 39:32, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 12/15 bl. 12 par. 9.]
18. Wat toon die feit dat Jehovah homself geopenbaar het as “Ek sal blyk te wees wat Ek sal blyk te wees”? (Ex. 3:14, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 3/1 bl. 10 par. 6.]
19. Watter les word geleer uit die geval waarby Nadab en Abihu betrokke was, soos opgeteken in Levitikus 10:1, 2? [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w84-AF 4/1 bl. 30 par. 4.]
20. Waarom het ’n kind se geboorte ’n vrou onder die Mosaïese Wet “onrein” gemaak? (Lev. 12:2, 5). [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w84-AF 4/1 bl. 30 par. 6.]
Voorsien die woord(e) of frase wat nodig is om elk van die volgende verklarings te voltooi:
21. Hoewel daar geen kitsoplossing vir eensaamheid is nie, kan ’n enkelouer dit verduur met krag van ․․․․․․․․ af, wat verkry word deur volgehoue ․․․․․․․․ (1 Tim. 5:5). [fy-AF bl. 113 par. 21]
22. ’n Tragedie in ’n mens se lewe is dalk die gevolg van ․․․․․․․․ of ons eie ․․․․․․․․. [w97-AF 5/15 bl. 22 par. 7]
23. Die boek Exodus openbaar Jehovah as die groot ․․․․․․․․ en ․․․․․․․․ en die ․․․․․․․․ van sy skitterende voornemens. [si-AF bl. 24 par. 26]
24. Dit is hoofsaaklik wat ons ․․․․․․․․ doen, en nie in die ․․․․․․․․ nie, wat toon watter soort persoon ons werklik van binne is. [w97-AF 10/15 bl. 29 par. 3]
25. As oesfeeste ’n ․․․․․․․․ of ․․․․․․․․ het, kan ware Christene dit vermy om Jehovah te mishaag deur te weier om by sulke besoedelde aanbidding ․․․․․․․․ te raak. [w97-AF 9/15 bl. 9 par. 6]
Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:
26. Die “vierhonderd jaar” waartydens Abraham se saad verdruk is, het begin toe Ismael in (1943; 1919; 1913) v.G.J. met Isak gespot het en het geëindig met die bevryding uit Egipte in (1543; 1519; 1513) v.G.J. (Gen. 15:13). [si-AF bl. 17 par. 31]
27. Hetsy ’n gesin ’n ernstige siekte met welslae die hoof bied of nie, hang in groot mate af van die (finansiële sekuriteit; gesindheid; versekeringspolisse) van die gesinslede (Spr. 17:22). [fy-AF bl. 120 par. 10]
28. Die een wat in sy hart sê “daar is geen God nie” word “dwaas” genoem omdat hy (’n sedelike gebrek het; onkundig is; ’n gebrek aan redeneringsvermoë het) (Ps. 14:1). [w97-AF 10/1 bl. 6 par. 8]
29. Toe Adam en Eva in opstand gekom het, was die belangrikste ding wat hulle verloor het hulle (volmaaktheid; verhouding met God; tuintuiste), wat die sleutel tot hulle geluk was. [w97-AF 10/15 bl. 6 par. 2]
30. Die boek (Genesis; Exodus; Levitikus) meld die vereiste van heiligheid meer as enige ander Bybelboek. [si-AF bl. 26 par. 9]
Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:
Ex. 5:2; Ex. 21:29; Spr. 1:8; Gal. 5:20; Jak. 1:14, 15
31. Enigiemand wat sê dat hy ’n Christen is, maar herhaaldelik en onberouvol aan gewelddadige vlae van toorn toegee, onder andere fisiese mishandeling van gesinslede, kan uitgesit word. [fy-AF bl. 150 par. 23]
32. Die manier waarop ons optree, spruit voort uit ons denkwyse. [fy-AF bl. 148 par. 18]
33. Jehovah God verneder almal wat uittartend weier om sy Godheid te erken. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w92-AF 12/15 bl. 13 par. 18.]
34. Hoewel die Bybel die vader die vernaamste verantwoordelikheid gee om die kinders te onderrig, speel die moeder ook ’n belangrike rol. [fy-AF bl. 133 par. 12]
35. Die Wet het nie toegelaat dat nalatigheid aangegee word as grond vir barmhartigheid wanneer iemand gedood is nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; sien w95-AF 11/15 bl. 11 par. 5.]