Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Enige van die volgende brosjures met 32 bladsye kan teen ’n bydrae van R1,20 elk aangebied word: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut”, Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Wanneer ’n geliefde sterf, Wat gebeur met ons wanneer ons sterf? en Wat is die doel van die lewe?—Hoe kan jy dit vind? Die brosjures Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, ’n Boek vir alle mense, Our Problems—Who Will Help Us Solve Them? en Will There Ever Be a World Without War? kan aangebied word waar dit gepas is. September: Kennis wat tot die ewige lewe lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek. Oktober: Individuele eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! teen ’n bydrae van R1,00 elk. November: Wat vereis God van ons? teen ’n bydrae van R1,20 of Kennis wat tot die ewige lei teen ’n bydrae van R5,00 vir die hardebandboek en R3,75 vir die sagtebandboek. Alternatiewe aanbod: Nuwe Wêreld-vertaling van die Christelike Griekse Geskrifte teen ’n bydrae van R4,00 of die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R15,00 vir die groot formaat en R7,50 vir die klein formaat.
◼ LET WEL: Daar sal hierdie jaar ook ’n volledige Afrikaanse program by die streekbyeenkoms in Durban wees. Ons sal dit waardeer as bekwame Afrikaanse sprekers hulle daarvoor beskikbaar kan stel. Sien die brief aan “Alle liggame van ouer manne” van 15 Maart 1999 vir meer inligting oor die prosedure wat gevolg moet word.
◼ Van 28 Augustus 1999 tot 31 Augustus 1999 sal die Genootskap ’n inventaris opstel van alle lektuur wat by Bethel in voorraad is. Weens hierdie inventaris sal geen gemeentelike lektuurbestellings gedurende daardie dae opgemaak word om afgelewer of afgehaal te word nie.
◼ Elke gemeente sal drie Literature Inventory-vorms (S-AB-18) ontvang. Die gemeentelike sekretaris en die lektuurkneg moet vroeg in Augustus besluit op ’n datum aan die einde van die maand waarop hulle ’n inventaris van die gemeente se lektuurvoorraad kan opstel. Al die lektuur in voorraad moet getel word, en die totale moet op die Literature Inventory-vorm ingevul word. Die aantal tydskrifte in voorraad kan by die tydskrifkneg gekry word. Sorg asseblief dat dit teen 1 September gedoen word en dat die oorspronklike so gou moontlik aan die Genootskap gepos word nadat julle julle staat vir Augustus ontvang het. Hou ’n deurslagkopie vir julle lêers. Die derde vorm kan as ’n werkstaat gebruik word. Die inventaris moet deur die sekretaris gekontroleer word, en die ingevulde vorm moet deur die presiderende opsiener nagegaan word. Die sekretaris en die presiderende opsiener moet die vorm teken.
◼ Gemeentes moet lapelkaarte vir die 1999-streekbyeenkoms op hulle lektuurbestelling vir Augustus begin bestel. Die lapelkaarte sal in Afrikaans, Engels, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tswana, Xhosa en Zulu beskikbaar wees. Lapelkaarte is beheerde items, en die gemeente se lektuurrekening sal met tien sent elk gedebiteer word. Bestel asseblief in veelvoude van 20 waar moontlik. Gemeentes wat nie ’n lektuurrekening by die Genootskap het nie of wie se rekening ’n nadelige saldo het, moet asseblief geld saam met hulle bestelling stuur. Hierdie bestellings moet die Genootskap voor 1 November 1999 bereik. Daarna sal ons nie bestellings vir lapelkaarte opmaak nie.