Diensvergaderinge vir Mei
Week wat begin met 3 Mei
15 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.
15 min: “Beplan vooruit!” ’n Toespraak wat al die plaaslike teokratiese bedrywighede uiteensit wat vir die volgende paar maande beplan word. Moedig almal aan om die datums op hulle kalender te skryf en nie toe te laat dat ander dinge daarop inbreuk maak nie.
15 min: Wat is verkeerd met my godsdiens? Bespreking tussen twee bedieningsknegte. Ons kom baie mense teë wat die waarheid goedgesind is en Jehovah se Getuies bewonder. Maar die bande wat hulle met hulle kerk behou, is vir hulle ’n struikelblok. Hulle vind dit moeilik om te glo dat ons die enigste ware godsdiens is en dat hulle vorm van aanbidding vals is. Dit word ’n groot hindernis in hulle geestelike vooruitgang. Die broers hersien die ses faktore op bladsye 224-5 van die Redenering-boek, wat duidelik toon dat ander godsdienste nie die Bybel volg nie. Moedig die gehoor aan om hierdie punte te gebruik om opregtes van hart taktvol te help om hulle godsdiensoortuigings te ondersoek.
Lied 11 en slotgebed.
Week wat begin met 10 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
20 min: Plaaslike behoeftes.
15 min: Wat beplan jy vir die volgende maande? ’n Gesin hersien hulle reëlings vir die ontoegekendegebied-kampanje, die komende kring- en streekbyeenkomste, hulppionierdiens, vakansie en ontspanning. Hulle bespreek hoe om vir informele getuieniswerk voor te berei en dit te doen, en hulle demonstreer hoe om ’n gesprek aan te knoop. Beklemtoon hoe belangrik dit is om gereeld persoonlike studie te doen en ons gesinsbybelstudie te hou, gemeentelike vergaderinge by te woon wanneer julle êrens heen reis en velddiensbedrywighede aan die tuisgemeente te rapporteer. Die gesin gesels oor die goeie ondervindinge wat hulle gehad het gedurende vorige ontoegekendegebied-kampanjes en hoe hulle dit geniet het om ander gemeentes te besoek. Hulle bespreek maniere waarop hulle gasvryheid kan betoon aan enigeen wat die gemeente besoek.
Lied 19 en slotgebed.
Week wat begin met 17 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
20 min: “Leer ander om hulleself te bevoordeel.” Beperk inleidingskommentare tot minder as ’n minuut en gaan oor tot ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Gebruik hoofstuk 13 van die Kennis-boek en verduidelik hoe mense op ’n praktiese manier bevoordeel word deur Bybelbeginsels te bestudeer, te verstaan en toe te pas.
15 min: Vraebus. Toespraak deur ’n ouer man. Pas dit plaaslik toe.
Lied 29 en slotgebed.
Week wat begin met 24 Mei
5 min: Plaaslike aankondigings.
20 min: “Hoe om probleme vreedsaam op te los.” Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 1 November 1998, bladsye 4-7. Pas dit plaaslik toe.
20 min: Neem ons deel aan ’n skeidingswerk? Motiverende toespraak deur diensopsiener gebaseer op Die Wagtoring van 1 Julie 1997, bladsye 30-1.
Lied 32 en slotgebed.
Week wat begin met 31 Mei
15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om hulle velddiensrapporte vir Mei in te gee. Hersien lektuuraanbod vir Junie. Wanneer die Kennis-boek aangebied word, kan julle een van die ouer publikasies met 192 bladsye insluit waarvan die gemeente te veel het. Demonstreer hoe ’n aanbieding gedoen kan word.
30 min: “Maniere om jou bediening uit te brei.” Twee ouer manne bespreek die artikel deur die vrae te beantwoord wat deur verskillende persone in die gehoor gevra word. ’n Tienderjarige verkondiger, ’n getroude paartjie en ’n broer wat afgetree is, vra hoe hulle hulle bediening kan uitbrei. Moedig diegene wat kan aan om te dien waar daar hulp nodig is. (Sien Ons Koninkryksbediening vir November 1998, bladsy 6.) Praktiese wenke word gegee uit die artikel en uit hoofstuk 9 van die Ons bediening-boek, hoofsaaklik onder “Wat is jou geestelike doelwitte vir die toekoms?” bladsye 116-18. Die verkondigers spreek waardering uit vir die nuttige inligting wat die Genootskap voorsien wat toon hoe ons vir uitgebreide diensbedrywighede in die nabye toekoms kan beplan.
Lied 50 en slotgebed.