Teokratiese nuus
◼ Albanië: ’n Nuwe hoogtepunt van 1 556 verkondigers wat in Januarie gerapporteer het, verteenwoordig ’n vermeerdering van 20 persent oor verlede jaar se gemiddelde.
◼ Belau: Desember se totaal van 73 verkondigers is ’n vermeerdering van 20 persent oor verlede jaar se gemiddelde en ’n vermeerdering van 22 persent oor die vorige Desember.
◼ Kanada: Vier-honderd-en-sestig nuwe gewone pioniers is op 1 Januarie 1999 aangestel.
◼ Verenigde State: Noodlenigingskomitees is deur die Genootskap aangestel om te help om die skade te herstel wat deur storms in die suide van die Verenigde State aangerig is. Dit sluit die oorstromings in Texas in en die skade wat deur orkaan Georges in die Florida Keys aangerig is. Bure was verstom oor die manier waarop die Genootskap hulp vir die broers gereël het en oor die manier waarop die noodlenigingswerk uitgevoer is.