Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/99 bl. 4
  • Maniere om jou bediening uit te brei

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maniere om jou bediening uit te brei
  • Ons Koninkryksbediening—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Maniere om jou bediening uit te brei
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Brei jou skat van Koninkryksdiensuit
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Wil jy graag meer doen?
    Ons Koninkryksbediening—2001
  • Die opleiding van Koninkryksbedienaars
    God se Koninkryk regeer!
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1999
km 5/99 bl. 4

Maniere om jou bediening uit te brei

1 Meer as 40 jaar gelede het ’n artikel “Is jou beste goed genoeg?” in The Watchtower van 15 Januarie 1955 verskyn. Dit het op ’n liefdevolle manier getoon hoe Jehovah se volk hulle individuele pogings in die bediening kan verbeter sodat hulle hulle Koninkryksbedrywighede kan vermeerder. Daardie goeie raad is ook vandag van toepassing terwyl ons probeer om selfs meer te gee as net ons beste.

2 Ons hele diens moet gemotiveer word deur die grootste gebod: “Jy moet Jehovah jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met jou hele krag” (Mark. 12:30). Ons toon ons volkome liefde vir Jehovah deur ten volle gebruik te maak van die geleenthede wat tot ons beskikking is om sy Koninkrykswerk te bevorder. Beskou die volgende maniere waarop jy jou bediening kan uitbrei.

3 Kom jou verantwoordelikheid na: Toegewyde broers kan daarna strewe om as bedieningsknegte te kwalifiseer en dan vordering te maak om as ouer manne te dien. Die artikels “Strewe jy na ’n opsienersamp?” en “Is jy bekwaam om te dien?” in Die Wagtoring van 1 September 1990 het baie broers gemotiveer om hulle beskikbaar te stel vir gemeentelike verantwoordelikhede. Vra julle plaaslike ouer manne vir spesifieke wenke oor wat jy kan doen om te kwalifiseer.

4 Ouer manne en bedieningsknegte wat ongetroud is, word genooi om dit ernstig te oorweeg om vir die Bedieningsopleidingskool aansoek te doen. Jy kan meer oor hierdie skool uitvind deur die verwysings onder “Ministerial Training School” in die Watch Tower Publications Index vir 1986-1995, 1996 en 1997 te lees. Sien jy hoe daardie ‘groot deur van bedrywigheid’ voor jou oopgaan? (1 Kor. 16:9a). Baie broers wat daardeur ingegaan het, het nooit verwag dat daar soveel diensvoorregte aan die ander kant sou wees nie. Vandag geniet hulle dit om by Bethel te dien of in die veld as spesiale pioniers, sendelinge of kringopsieners.

5 Streef die voltydse diens na: Jongmense wat hulle skoolloopbaan voltooi, huisvrouens en enigeen wat afgetree is, moet die pionierdiens ernstig oorweeg. Hersien die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Julie 1998, en praat dan met pioniers wat soortgelyke omstandighede as jy gehad het. Dit sal jou dalk motiveer om jou bediening deur pionierdiens uit te brei, soos hulle nou doen (1 Kor. 11:1). Hoe sal jy jou bedrywighede tot 70 uur per maand kan vermeerder en dus as ’n gewone pionier kan dien?

6 Meer as 17 000 broers en susters dien nou in takkantore en Bethelhuise regoor die wêreld. Ons Koninkryksbediening vir Maart 1995 bespreek wat vereis word om vir hierdie diens aansoek te doen. Lees gerus hierdie byvoegsel en kyk of jy nie dalk vir die unieke voorreg van Betheldiens kwalifiseer nie.

7 Dien waar daar hulp nodig is: Woon jy in ’n gebied wat dikwels gedek word of waar daar baie broers is om die vrag te help dra? Het jy dit al oorweeg om jou bediening uit te brei deur te verhuis na waar daar hulp nodig is? Dalk kan jy na ’n nabygeleë plattelandse gebied verhuis waar meer werkers nodig is (Matt. 9:37, 38). Dit moet nie oorhaastig gedoen word nie. Oorweeg dit biddend (Luk. 14:28-30). Bespreek jou situasie met die ouer manne en die kringopsiener. Hulle sal vir jou kan sê of dit verstandig is om nou te verhuis en of jy dit eerder in die toekoms moet doen. As jy aan die Genootskap wil skryf vir plekke waarheen jy kan verhuis, moet jy ’n brief wat deur julle Gemeentelike Dienskomitee geteken is by joune insluit.

8 Verbeter die gehalte van jou diens: Ons kan waarskynlik almal ’n groter deelname aan die bediening hê deur die gehalte van ons velddiens te verbeter. Neem jy aan al die aspekte van die werk deel, waaronder die huis-tot-huis-werk en informele getuieniswerk, asook herbesoeke en Bybelstudies? Kan jy, as jy ’n studie hou, jou onderrigkuns verbeter? Dit sal goed wees as jy die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 1996 kan hersien vir wenke oor hoe jy jou studente kan motiveer om hulle toe te wy en te laat doop.

9 Daar is ’n omvattender bespreking van maniere om ons bediening uit te brei en te verbeter in hoofstuk 9 van Georganiseer om ons bediening te vervul. Ons almal wil beslis soveel as moontlik in God se diens doen. Dink dus ernstig na oor jou geestelike doelwitte. Doen wat 1 Timoteus 4:15 aanbeveel: “Bepeins hierdie dinge; wees verdiep daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel