Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/01 bl. 8
  • Wil jy graag meer doen?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wil jy graag meer doen?
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Brei jou skat van Koninkryksdiensuit
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Maniere om jou bediening uit te brei
    Ons Koninkryksbediening—1999
  • Benodig—10 000 hulppioniers
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Hulppionierdiens—’n deur tot groter aktiwiteit
    Ons Koninkryksbediening—1987
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2001
km 8/01 bl. 8

Wil jy graag meer doen?

1 Jesus het die Koninkryk met kosbare skatte vergelyk (Matt. 13:44-46). Die werk om die nuus van die Koninkryk te versprei, is ook ’n kosbare skat. Hierdie bediening verdien die eerste plek in ons lewe, selfs al vereis dit ’n mate van selfverloëning om ’n volle deelname daaraan te hê (Matt. 6:19-21). Wil jy graag meer in Koninkryksdiens doen?

2 Oorweeg hierdie noodsaaklikhede: ’n Hele paar dinge is nodig om ons persoonlike deelname aan die bediening uit te brei: (1) vasbeslotenheid om Koninkryksbelange eerste in ons lewe te stel (Matt. 6:33); (2) om geloof te beoefen en op Jehovah te vertrou (2 Kor. 4:1, 7); (3) om God se hulp in opregte en aanhoudende gebed te vra (Luk. 11:8-10); (4) om in ooreenstemming met ons gebede op te tree.—Jak. 2:14, 17.

3 Maniere om ons bediening uit te brei: Ons almal kan die basiese doelwit stel om gereeld elke maand tyd in die bediening deur te bring. Maar het jy ook daaraan gedink om elke geleentheid te gebruik om informeel te getuig, om jou aanbiedinge sinvoller en jou herbesoeke doeltreffender te probeer maak en om progressiewe tuisbybelstudies te probeer hou? Kan jy hulppionierdiens of gewone pionierdiens doen of dien waar daar hulp nodig is? Kan jy, as jy ’n gedoopte broer is, daarna streef om as ’n bedieningskneg of ouer man te kwalifiseer? (1 Tim. 3:1, 10). Kan jy jou bediening uitbrei deur aansoek te doen vir Betheldiens, die Bedieningsopleidingskool of opleiding as ’n sendeling by die Gileadskool?—Luk. 10:2.

4 ’n Broer wat ’n voltydse werk gehad het en baie tyd aan sport bestee het, is aangemoedig om ’n gewone pionier te word. Hy het hulppionierdiens begin doen en toe sy omstandighede aangepas sodat hy die voltydse bediening kon betree. Hy het later die Bedieningsopleidingskool bygewoon, wat hom help voorberei het vir sy huidige toewysing as ’n kringopsiener. Hy is baie bly dat hy gereageer het op die aanmoediging wat hy ontvang het, en hy is oortuig dat hy baie gelukkiger is as gevolg van sy besluit om meer in Koninkryksdiens te doen.

5 Jehovah seën diegene wat hulle beskikbaar stel (Jes. 6:8). Laat niks jou daarvan weerhou om jou bediening uit te brei en sodoende selfs groter bevrediging en verkwikking te geniet nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel