Diensvergaderinge vir April
Week wat begin met 5 April
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Bespreek “Kan ons die Skepper-boek aanbied?” Nooi alle belangstellendes om die spesiale openbare toespraak op 18 April by te woon. Die toespraak se titel is “Ware vriendskap met God en jou naaste”.
15 min: “Verkondig die goeie nuus met gretigheid.” Die inleiding tot die artikel moet minder as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking. Sluit af met aanmoediging gebaseer op die Skoolhandleiding, bladsye 191-2, paragrawe 12-13.
20 min: “Hoe gesinslede saamwerk om ’n volle deelname te hê—aan die bediening.” Gesinsbespreking. Bespreek redes waarom die gesin velddiens moet beskou as ’n gereelde weeklikse roetine waaraan almal ’n deelname het. Hersien aanmoediging wat gegee is in Die Wagtoring van 1 September 1993, bladsye 17-19, paragrawe 9-12. Nooi ouers in die gehoor om te vertel hoe hulle met welslae weeklikse velddiensbedrywighede vir hulle gesin reël.
Lied 67 en slotgebed.
Week wat begin met 12 April
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Vergroot jou aandeel aan die getuieniswerk namate die einde nader kom.” Vrae en antwoorde. Voer ’n onderhoud met een of twee verkondigers wat hulle vroeër nie kon indink dat hulle ooit aan die predikingswerk sou deelneem nie, maar wat dit nou gereeld doen omdat hulle besef hoe dringend die Koninkryksboodskap is. Sluit, na gelang van die tyd, kort ondervindinge in uit die 1997 Yearbook, bladsye 42-8, wat toon hoe verkondigers hulle aandeel aan die getuieniswerk vergroot het deur te gaan na waar die mense is.
Lied 93 en slotgebed.
Week wat begin met 19 April
5 min: Plaaslike aankondigings.
10 min: “Het jy ’n vaste bestelling?” ’n Toespraak, verkieslik deur die ouer man of bedieningskneg wat die tydskrifte behartig. Meld aan die gemeente hoeveel tydskrifte elke maand ontvang word en die gemiddelde hoeveelheid wat volgens die rapporte versprei word. Ons moenie dat tydskrifte vermors word nie. Gee wenke om te toon hoe ouer nommers versprei kan word.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Julie 1993, bladsy 1.
30 min: “Pionierdiens—’n Verstandige manier om ons tyd te gebruik!” Vrae en antwoorde. Vra drie verskillende persone om die ondervindinge in paragrawe 5-7 te vertel. Nooi ten slotte almal wat kan om dit te oorweeg om vir hulp- of gewone pionierdiens aansoek te doen. Aansoekvorms kan by enige lid van die Gemeentelike Dienskomitee gekry word. Noem dat dit nie te laat is om ’n aansoekvorm vir hulppionierdiens in Mei in te gee nie.
Lied 165 en slotgebed.
Week wat begin met 26 April
10 min: Plaaslike aankondigings. Herinner almal daaraan om velddiensrapporte vir April in te gee. Kondig die name af van diegene wat in Mei hulppionierdiens gaan doen, en moedig ander aan om aansoek te doen. Gee ’n paar nuttige wenke oor hoe om die jongste tydskrifte aan te bied.—Sien Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1996, bladsy 12.
17 min: “Wat moet ek doen?” Ná ’n kort bespreking van die artikel met die gehoor, demonstreer hoe ’n tiener met sy of haar ouer praat oor planne vir die toekoms wanneer hy of sy aan die einde van die jaar met skool klaarmaak. Hulle hersien saam Ons Koninkryksbediening vir Julie 1998, bladsy 4. Ouer gee raad wat ooreenstem met die aanmoediging in Die Wagtoring van 1 Februarie 1996, bladsy 14, en 1 Desember 1996, bladsye 17-19. Noudat die uurvereistes vir pioniers verminder is, oorweeg die tiener die moontlikheid om pionierdiens te doen terwyl hy of sy ’n sekulêre opvoeding voltooi.
18 min: Voer onderhoud met hulppioniers. Diensopsiener voer onderhoud met ’n paar verkondigers wat hierdie maand hulppionierdiens doen, asook ander wat dit in die verlede gedoen het. Nooi hulle om te vertel van die seëninge wat hulle geniet het, wat hulle bereik het en waarom hulle daarna uitsien om elke jaar ten minste een of twee maande hulppionierdiens te doen.
Lied 69 en slotgebed.