Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/94 bl. 4-6
  • Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1995

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1995
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Onderhofies
  • INSTRUKSIES
  • ROOSTER
Ons Koninkryksbediening—1994
km 10/94 bl. 4-6

Rooster vir die Teokratiese Bedieningskool vir 1995

INSTRUKSIES

Gedurende 1995 moet die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehou word:

LEERBOEKE: Die Bybel, Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk [jv-AF], “Die hele Skrif is deur God geinspireer en is nuttig” (1990-uitgawe) [si-AF], Die grootste mens wat nog geleef het [gt-AF], Bybelonderwerpe vir bespreking (1993-uitgawe) [td-AF] en Verenig in die aanbidding van die enigste ware God [uw-AF] sal vir toewysings gebruik word.

Die skool word met ’n lied, gebed en woorde van verwelkoming geopen en verloop daarna soos volg:

TOEWYSING NR. 1: 15 minute. Hierdie toespraak moet deur ’n ouere man of ’n bedieningskneg behartig word, en dit sal op Jehovah se Getuies—verkondigers van God se Koninkryk of “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” gebaseer word. Wanneer die Verkondigers-boek gebruik word, moet hierdie toewysing ’n instruksietoespraak van 15 minute sonder ’n mondelinge hersiening wees; wanneer die “Hele Skrif”-boek gebruik word, moet dit ’n instruksietoespraak van 10 tot 12 minute wees wat deur ’n mondelinge hersiening van 3 tot 5 minute gevolg word, en die gedrukte vrae in die publikasie moet hiervoor gebruik word. Die doel moenie net wees om die materiaal te dek nie, maar om die aandag op die praktiese waarde van die betrokke inligting te vestig en dié gedagtes te beklemtoon wat vir die gemeente van die grootste nut sal wees. Gebruik die gegewe tema. Die spreker kan die prente, foto’s en tabelle in die Verkondigers-boek bespreek en dit as leermiddele gebruik. Almal word aangemoedig om sorgvuldig voor te berei sodat hulle ten volle by hierdie materiaal baat kan vind.

Die broers wat hierdie toespraak hou, moet streng by die tydreëling hou. Raad kan privaat gegee word as dit nodig is of as die spreker vooraf daarom vra.

GLANSPUNTE UIT DIE SKRIFGEDEELTE: 6 minute. Dit moet behartig word deur die skoolopsiener of ’n ander ouere man of bedieningskneg wat die materiaal doeltreffend op plaaslike behoeftes sal toepas. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. Beperk die algemene oorsig van die toegewese hoofstukke tot tussen 30 en 60 sekondes. Die hoofdoel is om die gehoor te help besef waarom en hoe die inligting vir ons nuttig is. Die skoolopsiener sal die studente daarna vra om na hulle onderskeie klaskamers te gaan.

TOESPRAAK NR. 2: 5 minute. Dit is ’n voorlesing van die toegewese materiaal in die Bybel en moet deur ’n broer behartig word. Dit sal in die hoofskool sowel as in die ander groepe geld. Die leestoewysings is gewoonlik kort genoeg sodat die student tydens sy inleiding en slot kort kommentare ter verduideliking kan lewer. Geskiedkundige agtergrond, profetiese of leerstellige betekenis en die toepassing van beginsels kan ingesluit word. Al die toegewese verse moet sonder tussenpoos gelees word. As die verse wat gelees moet word nie op mekaar volg nie, kan die student natuurlik die vers meld waar die leesgedeelte aangaan.

TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Hierdie toespraak sal aan susters toegewys word. Die onderwerpe vir hierdie toespraak sal op die boek Die grootste mens wat nog geleef het of Bybelonderwerpe vir bespreking gebaseer word. Die toegewese student moet kan lees. Die student kan sit of staan terwyl sy die toespraak hou. Die skoolopsiener sal een assistent aanwys, maar bykomende assistente kan gebruik word. Susters aan wie hierdie toespraak toegewys word, moet die tema en die materiaal wat bespreek gaan word by ’n praktiese agtergrond aanpas, wat verkieslik velddiens of informele getuieniswerk behels. Die klem moet op die materiaal val, nie op die agtergrond nie.

TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Dit kan aan ’n broer of ’n suster toegewys word. Dit sal op Verenig in die aanbidding van die enigste ware God gebaseer wees. Wanneer dit aan ’n broer toegewys word, moet dit ’n toespraak vir die hele gehoor wees. Dit sal gewoonlik beter wees as die broer sy toespraak voorberei met die Koninkryksaalgehoor in gedagte sodat dit werklik leersaam en nuttig sal wees vir diegene wat dit hoor. Wanneer die toespraak aan ’n suster toegewys word, moet die materiaal op dieselfde manier as in Toespraak nr. 3 aangebied word.

RAAD EN KOMMENTARE: Ná elke studentetoespraak sal die skoolopsiener spesifieke raad gee, maar nie noodwendig volgens die program vir progressiewe raadgewing op die Spraakraadgewingstrokie nie. Hy moet hom eerder toespits op die spraakhoedanighede waarop die student moet verbeter. As die student net ’n “G” kry en geen ander spraakhoedanigheid met ’n “V” of “W” gemerk is nie, moet die raadgewer ’n spraakhoedanigheid aandui waaraan die spreker volgende aandag moet skenk deur ’n kring om die blokkie te trek waar die “G”, “V” of “W” gewoonlik geskryf word. Hy sal die student daardie aand hiervan verwittig en hierdie spraakhoedanigheid op die student se volgende Teokratiese Bedieningskool-toewysingstrokie (S-89) aandui. Diegene wat ’n toespraak gaan hou, moet voorlangs in die saal sit. Dit sal tyd spaar en die skoolopsiener in staat stel om sy raad direk aan elke student te gee. As daar tyd is nadat die nodige raad gegee is, kan die raadgewer kommentaar lewer oor leersame en praktiese gedagtes wat nie deur die studente gedek is nie. Die skoolopsiener moet sorg dat hy ná elke studentetoespraak nie meer as twee minute aan raad en enige ander kort kommentare bestee nie. As die aanbieding van die Bybelglanspunte nie na wense is nie, kan raad privaat gegee word.

DIE VOORBEREIDING VAN TOESPRAKE: Voordat ’n student sy toespraak voorberei, moet hy die materiaal in die Skoolhandleiding deurlees wat die spraakhoedanigheid bespreek waaraan hy aandag moet skenk. Studente aan wie die tweede toespraak toegewys word, kan ’n tema kies wat by die Bybelleesgedeelte sal pas. Ander toesprake sal om die gegewe tema op die gedrukte rooster ontwikkel word.

TYDREËLING: Geen toespraak moet die tydgrens oorskry nie, ook nie die raadgewer se raad en kommentare nie. Toesprake nr. 2 tot 4 moet taktvol onderbreek word wanneer die tyd verstreke is. Die persoon wat gevra word om die stopsein te gee, moet dit doen sodra die tyd verstreke is. As broers wat Toewysing nr. 1 en die Bybelglanspunte behartig die tydgrens oorskry, moet hulle privaat raad gegee word. Almal moet hulle tyd goed dophou. Die program, sonder die lied en gebed, is altesaam 45 minute.

SKRIFTELIKE HERSIENING: Van tyd tot tyd word daar ’n skriftelike hersiening gehou. Hersien ter voorbereiding die toegewese materiaal en voltooi die toegewese Skrifgedeelte. Slegs die Bybel mag gedurende hierdie hersiening van 25 minute gebruik word. Die res van die tyd sal aan ’n bespreking van die vrae en antwoorde gewy word. Elke student sal sy eie vraestel nasien. Die skoolopsiener sal die antwoorde op die hersieningsvrae met die gehoor deurgaan en veral aan die moeiliker vrae aandag skenk en almal help om die antwoorde goed te verstaan. As die plaaslike omstandighede dit om die een of ander rede vereis, kan die skriftelike hersiening ’n week later gehou word as wat die rooster aandui.

GROOT GEMEENTES: Gemeentes met ’n skoolinskrywing van 50 of meer studente kan reël dat bykomende groepe studente die toegewese toesprake voor ander raadgewers hou. Ongedoopte persone wat volgens Christelike beginsels lewe, kan natuurlik ook by die skool inskryf en toewysings ontvang.

AFWESIGHEID: Die hele gemeente kan waardering vir hierdie skool toon deur sover moontlik elke weeklikse sessie by te woon, hulle toewysings goed voor te berei en te antwoord wanneer vrae gestel word. Ons hoop dat al die studente hulle toewysings pligsgetrou sal uitvoer. Indien ’n student nie opdaag nie, kan ’n vrywilliger die toespraak hou en net soveel van die materiaal toepas as waarvoor hy hom op sulke kort kennisgewing bevoeg voel. So nie, kan die skoolopsiener die materiaal met gepaste gehoordeelname dek.

ROOSTER

2 Jan. Skrifgedeelte: Psalm 119:113-176

Lied 160

Nr. 1: Onkreukbare getuies van Jehovah se regmatige soewereiniteit (jv-AF bl. 10-bl. 13 par. 2)

Nr. 2: Psalm 119:161-176

Nr. 3: Waarom Jesus “die mens” genoem is (gt-AF hfst. 123)

Nr. 4: Die identiteit van die groot menigte (uw-AF bl. 103-4 par. 1-4)

9 Jan. Skrifgedeelte: Psalms 120 tot 130

Lied 163

Nr. 1: Vroeë getuies wat lojaal aan Jehovah gebly het (jv-AF bl. 13 par. 3–bl. 18)

Nr. 2: Psalm 122:1–123:4

Nr. 3: Waarom Pilatus Jesus gevrees het (gt-AF hfst. 124)

Nr. 4: Kenmerke wat die ander skape moet openbaar (uw-AF bl. 105 par. 5)

16 Jan. Skrifgedeelte: Psalms 131 tot 136

Lied 105

Nr. 1: Jesus Christus, die getroue getuie (jv-AF bl. 19-bl. 20 par. 3)

Nr. 2: Psalm 132:1-18

Nr. 3: Bewyse van Jesus se liefde vir die mensdom (gt-AF hfst. 125)

Nr. 4: Waarom die groot menigte die groot verdrukking oorleef (uw-AF bl. 106-7 par. 6-8)

23 Jan. Skrifgedeelte: Psalms 137 tot 140

Lied 220

Nr. 1: Jesus het lojaal van God se naam en Koninkryk getuig (jv-AF bl. 20 par. 4–bl. 25)

Nr. 2: Psalm 137:1–138:8

Nr. 3: Hoe Jesus tot die einde toe voorbeeldig was (gt-AF hfst. 126)

Nr. 4: Waarom ons geestelike paradys vir ons kosbaar is (uw-AF bl. 107-9 par. 9-13)

30 Jan. Skrifgedeelte: Psalms 141 tot 145

Lied 165

Nr. 1: Psalms—Waarom nuttig—Deel 1 (si-AF bl. 104-5 par. 23-7)

Nr. 2: Psalm 144:1-15

Nr. 3: Waarom Jesus se begrafnis en ’n leë graf vir ons van belang is (gt-AF hfst. 127)

Nr. 4: Waarom is daar vandag so min Koninkrykserfgename op aarde? (uw-AF bl. 110-12 par. 1-7)

6 Febr. Skrifgedeelte: Psalms 146 tot 150

Lied 102

Nr. 1: Psalms—Waarom nuttig—Deel 2 (si-AF bl. 105-6 par. 28-32)

Nr. 2: Psalm 148:1-14

Nr. 3: Die vreugde van Jesus se opstanding (gt-AF hfst. 128)

Nr. 4: Hoe weet hulle dat hulle geestelike kinders is? (uw-AF bl. 112-13 par. 8-10)

13 Febr. Skrifgedeelte: Spreuke 1 en 2

Lied 144

Nr. 1: Inleiding tot Spreuke—Deel 1 (si-AF bl. 106-7 par. 1-5)

Nr. 2: Spreuke 2:1-19

Nr. 3: Hoe geloof in die opstanding versterk word (gt-AF hfst. 129)

Nr. 4: Die Gedenkmaalviering is nie ’n sinlose godsdiensritus nie (uw-AF bl. 114-16 par. 11-14)

20 Febr. Skrifgedeelte: Spreuke 3 en 4

Lied 89

Nr. 1: Inleiding tot Spreuke—Deel 2 (si-AF bl. 107-8 par. 6-11)

Nr. 2: Spreuke 3:1-18

Nr. 3: Jesus verduidelik hoe liefde betoon moet word (gt-AF hfst. 130)

Nr. 4: Die identiteit van Jehovah se sigbare organisasie (uw-AF bl. 117-18 par. 1-3)

27 Febr. Skrifgedeelte: Spreuke 5 en 6

Lied 38

Nr. 1: Christengetuies van Jehovah in die eerste eeu (jv-AF bl. 26-bl. 28 par. 3)

Nr. 2: Spreuke 6:1-19

Nr. 3: Hoe Jesus sy dissipels bemoedig (gt-AF hfst. 131)

Nr. 4: God se organisasie is teokraties (uw-AF bl. 118-20 par. 4-7)

6 Mrt. Skrifgedeelte: Spreuke 7 en 8

Lied 65

Nr. 1: Organisasie van die Christengemeente (jv-AF bl. 28 par. 4–bl. 29 par. 4)

Nr. 2: Spreuke 8:22-36

Nr. 3: Wat Jesus aan God se regterhand doen (gt-AF hfst. 132)

Nr. 4: Die skriftuurlike rol van die Bestuursliggaam (uw-AF bl. 120-22 par. 8-12)

13 Mrt. Skrifgedeelte: Spreuke 9 en 10

Lied 127

Nr. 1: Kenmerke van die Christengemeente (jv-AF bl. 29 par. 5–bl. 32)

Nr. 2: Spreuke 10:16-32

Nr. 3: Waarom Jesus die grootste mens was wat nog geleef het (gt-AF hfst. 133)

Nr. 4: Ontleding van ons waardering vir God se organisasie (uw-AF bl. 123-4 par. 13, 14)

20 Mrt. Skrifgedeelte: Spreuke 11 en 12

Lied 42

Nr. 1: Die groot afvalligheid ontwikkel (jv-AF bl. 33-bl. 36 par. 3)

Nr. 2: Spreuke 11:1-14

Nr. 3: Waarom almal die Grootste mens-boek moet lees (gt-AF—Gebruik die inleiding van die boek.)

Nr. 4: Waarom na raad luister? (uw-AF bl. 125-7 par. 1-4)

27 Mrt. Skrifgedeelte: Spreuke 13 en 14

Lied 77

Nr. 1: Christus se suiwer leerstellings word verwerp (jv-AF bl. 37 par. 1–bl. 41)

Nr. 2: Spreuke 14:1-16

Nr. 3: *td-AF 42A Die mens is nie voorbeskik nie

Nr. 4: Goeie voorbeelde van diegene wat raad aangeneem het (uw-AF bl. 127-8 par. 5, 6)

3 Apr. Skrifgedeelte: Spreuke 15 en 16

Lied 26

Nr. 1: ’n Soeke na die waarheid (jv-AF bl. 42-bl. 46 par. 1)

Nr. 2: Spreuke 15:1-16

Nr. 3: *td-AF 32A Jesus se menselewe was ’n losprys vir almal

Nr. 4: Kweek kosbare eienskappe aan (uw-AF bl. 128-30 par. 7-11)

10 Apr. Skrifgedeelte: Spreuke 17 en 18

Lied 187

Nr. 1: Die Here se wederkoms word verkondig (jv-AF bl. 46 par. 2–bl. 51 par. 3)

Nr. 2: Spreuke 18:1-15

Nr. 3: *td-AF 32B Waarom Jesus die losprys kon betaal

Nr. 4: Moenie Jehovah se tug verwerp nie (uw-AF bl. 130-1 par. 12-14)

17 Apr. Skrifgedeelte: Spreuke 19 en 20

Lied 200

Nr. 1: Uit Babilon na geestelike verkwikking (jv-AF bl. 51 par. 4–bl. 55 par. 4)

Nr. 2: Spreuke 19:8-23

Nr. 3: *td-AF 19A Hoe om die een ware godsdiens te identifiseer

Nr. 4: Liefde identifiseer ware Christene (uw-AF bl. 132-3 par. 1-5)

24 Apr. Skriftelike hersiening. Voltooi Psalm 119:113–150:6 tot Spreuke 20

Lied 155

1 Mei Skrifgedeelte: Spreuke 21 en 22

Lied 6

Nr. 1: ’n Intensiewer verkondiging van die Here se wederkoms (jv-AF bl. 55 par. 5–bl. 60)

Nr. 2: Spreuke 22:1-16

Nr. 3: *td-AF 19B Is dit verkeerd om valse leerstellings te veroordeel?

Nr. 4: Wanneer probleme ontstaan (uw-AF bl. 134 par. 6-9)

8 Mei Skrifgedeelte: Spreuke 23 en 24

Lied 91

Nr. 1: Groot verwagtinge (jv-AF bl. 61-bl. 64 par. 2)

Nr. 2: Spreuke 24:1-16

Nr. 3: *td-AF 19C Wanneer God ’n verandering van godsdiens goedkeur

Nr. 4: Hanteer probleme op ’n skriftuurlike wyse (uw-AF bl. 135-6 par. 10-13)

15 Mei Skrifgedeelte: Spreuke 25 en 26

Lied 123

Nr. 1: Administratiewe verandering (jv-AF bl. 64 par. 3–bl. 69 par. 2)

Nr. 2: Spreuke 25:1-13

Nr. 3: *td-AF 19D Sien God “goeie dinge in alle godsdienste”?

Nr. 4: Soek na maniere om “verruim” te word (uw-AF bl. 137-8 par. 14-17)

22 Mei Skrifgedeelte: Spreuke 27 en 28

Lied 95

Nr. 1: Spreuke—Waarom nuttig—Deel 1 (si-AF bl. 109-10 par. 19-28)

Nr. 2: Spreuke 28:1-14

Nr. 3: *td-AF 33A Wie gaan uit die dood opgewek word?

Nr. 4: Beoefen godsvrug tuis (uw-AF bl. 139 par. 1, 2)

29 Mei Skrifgedeelte: Spreuke 29 tot 31

Lied 117

Nr. 1: Spreuke—Waarom nuttig—Deel 2 (si-AF bl. 110-11 par. 29-38)

Nr. 2: Spreuke 31:10-31

Nr. 3: *td-AF 33B Waar sal die dooies opgewek word?

Nr. 4: Wat die Bybel sê oor die huwelik, egskeiding en wanneer huweliksmaats uitmekaar gaan (uw-AF bl. 140 par. 3)

5 Jun. Skrifgedeelte: Prediker 1 tot 3

Lied 35

Nr. 1: Inleiding tot Prediker (si-AF bl. 112-13 par. 1-8)

Nr. 2: Prediker 3:1-9, 18-22

Nr. 3: *td-AF 44A Christus se wederkoms is onsigbaar

Nr. 4: Sleutelfaktore in ’n suksesvolle huwelik (uw-AF bl. 140-1 par. 4, 5)

12 Jun. Skrifgedeelte: Prediker 4 tot 6

Lied 177

Nr. 1: ’n Tyd van toetsing (jv-AF bl. 69 par. 3–bl. 71)

Nr. 2: Prediker 4:17-5:7, 17-19

Nr. 3: *td-AF 44B Christus se wederkoms word aan fisiese feite herken

Nr. 4: Vervul jou rol in God se gesinsreëling (uw-AF bl. 142-3 par. 6-10)

19 Jun. Skrifgedeelte: Prediker 7 tot 9

Lied 180

Nr. 1: Uit die gevangenis uit en voort met die werk (jv-AF bl. 72-bl. 77 par. 3)

Nr. 2: Prediker 7:1-12

Nr. 3: *td-AF 35A Christene is nie verplig om die Sabbat te hou nie

Nr. 4: Laat die Bybel jou bron van raad wees (uw-AF bl. 144 par. 11-13)

26 Jun. Skrifgedeelte: Prediker 10 tot 12

Lied 107

Nr. 1: Prediker—Waarom nuttig (si-AF bl. 114 par. 15-19)

Nr. 2: Prediker 12:1-14

Nr. 3: *td-AF 35B Die Sabbatswet is nie aan Christene gegee nie

Nr. 4: Waarom ons in die Mosaïese Wet belangstel (uw-AF bl. 146-7 par. 1-4)

3 Jul. Skrifgedeelte: Hooglied 1 tot 4

Lied 11

Nr. 1: Inleiding tot Die Hooglied van Salomo (si-AF bl. 115 par. 1-4)

Nr. 2: Hooglied 2:1-14

Nr. 3: *td-AF 35C Wanneer God se Sabbatsrus begin en eindig

Nr. 4: Skriftuurlike redes waarom ons nie onder die Mosaïese Wet is nie (uw-AF bl. 147-8 par. 5, 6)

10 Jul. Skrifgedeelte: Hooglied 5 tot 8

Lied 205

Nr. 1: Die Hooglied van Salomo—Waarom nuttig (si-AF bl. 117 par. 16-18)

Nr. 2: Hooglied 8:1-14

Nr. 3: *td-AF 34A God voorsien redding slegs deur Christus

Nr. 4: Geloof is noodsaaklik vir vergifnis en redding (uw-AF bl. 148-50 par. 7-10)

17 Jul. Skrifgedeelte: Jesaja 1 tot 3

Lied 114

Nr. 1: Inleiding tot Jesaja (si-AF bl. 118-19 par. 1-8)

Nr. 2: Jesaja 1:1-13

Nr. 3: *td-AF 34B “Eenmaal gered, altyd gered”, is onskriftuurlik

Nr. 4: Voordele daarvan om die Wet te ken (uw-AF bl. 150-1 par. 11-13; bl. 153 par. 14)

24 Jul. Skrifgedeelte: Jesaja 4 tot 7

Lied 151

Nr. 1: Adverteer die Koning en die Koninkryk (jv-AF bl. 77 par. 4–bl. 83 par. 2)

Nr. 2: Jesaja 6:1-13

Nr. 3: *td-AF 34C “Universele redding” is onskriftuurlik

Nr. 4: Basiese beginsels in die Mosaïese Wet: “Verantwoordelikhede teenoor God” (uw-AF bl. 152)

31 Jul. Skrifgedeelte: Jesaja 8 tot 10

Lied 92

Nr. 1: Onbevreesde verkondigers van Koninkrykswaarheid (jv-AF bl. 83 par. 3–bl. 89)

Nr. 2: Jesaja 8:23-9:11

Nr. 3: *td-AF 38A Wat sonde is

Nr. 4: Basiese beginsels in die Mosaïese Wet: “Verbode godsdiensgebruike” (uw-AF bl. 152)

7 Aug. Skrifgedeelte: Jesaja 11 tot 13

Lied 129

Nr. 1: Verkondig die goeie nuus sonder ophou (jv-AF bl. 90-bl. 94 par. 5)

Nr. 2: Jesaja 11:1-10

Nr. 3: *td-AF 38B Waarom almal weens Adam se sonde ly

Nr. 4: Basiese beginsels in die Mosaïese Wet: “Die huwelik en gesinslewe” (uw-AF bl. 152)

14 Aug. Skrifgedeelte: Jesaja 14 tot 17

Lied 133

Nr. 1: Bekwame onderrigters dra die goeie nuus uit na baie lande (jv-AF bl. 94 par. 6–bl. 98 par. 4)

Nr. 2: Jesaja 14:3-20

Nr. 3: *td-AF 38C Wat was die verbode vrug?

Nr. 4: Basiese beginsels in die Mosaïese Wet: “Pligte wat ander persone raak” (uw-AF bl. 152)

21 Aug. Skrifgedeelte: Jesaja 18 tot 22

Lied 53

Nr. 1: Die Teokrasie se vermeerdering (jv-AF bl. 98 par. 5–bl. 102 par. 3)

Nr. 2: Jesaja 21:1-17

Nr. 3: *td-AF 38D Wat is sonde teen die heilige gees?

Nr. 4: Lewe en bloed is heilig (uw-AF bl. 154-6 par. 1-6)

28 Aug. Skriftelike hersiening. Voltooi Spreuke 21-31; Pr 1-12; Hgl 1-8 tot Jesaja 22

Lied 181

4 Sept. Skrifgedeelte: Jesaja 23 tot 26

Lied 174

Nr. 1: Goed toegerus om die goeie nuus te verkondig (jv-AF bl. 103 par. 1–bl. 107)

Nr. 2: Jesaja 25:1-12

Nr. 3: *td-AF 36A Wat is die siel?

Nr. 4: Die mediese gebruik van bloed en ’n Christen se verantwoordelikheid (uw-AF bl. 156-8 par. 7-9)

11 Sept. Skrifgedeelte: Jesaja 27 tot 29

Lied 29

Nr. 1: Jehovah se woord bly vinnig voortbeweeg (jv-AF bl. 108-bl. 112 par. 4)

Nr. 2: Jesaja 28:1-13

Nr. 3: *td-AF 36B Wat is die verskil tussen die siel en die gees?

Nr. 4: Hoe ernstig is die heiligheid van bloed? (uw-AF bl. 159-60 par. 10-12)

18 Sept. Skrifgedeelte: Jesaja 30 tot 33

Lied 30

Nr. 1: ’n Volk wat ywerig is om die goeie te doen (jv-AF bl. 112 par. 5–bl. 117)

Nr. 2: Jesaja 32:1-8, 16-20

Nr. 3: *td-AF 15A Wat is die heilige gees?

Nr. 4: Ware Christene is geen deel van die wêreld nie (uw-AF bl. 161-3 par. 1-6)

25 Sept. Skrifgedeelte: Jesaja 34 tot 37

Lied 111

Nr. 1: ’n Toename in kennis van God en van Sy Woord (jv-AF bl. 120-bl. 126 par. 2)

Nr. 2: Jesaja 35:1-10

Nr. 3: *td-AF 15B Die lewenskrag van mense en diere word gees genoem

Nr. 4: Wat dit van Christene vereis om geen deel van die wêreld te wees nie (uw-AF bl. 163-5 par. 7-10)

2 Okt. Skrifgedeelte: Jesaja 38 tot 40

Lied 218

Nr. 1: Waardering vir die waarheid omtrent die dood en die losprys (jv-AF bl. 126 par. 3–bl. 131 par. 5)

Nr. 2: Jesaja 40:12-26

Nr. 3: *td-AF 15C Waarom moet alle vorme van spiritisme vermy word?

Nr. 4: Christelike neutraliteit in die tyd van die einde (uw-AF bl. 165-8 par. 11-16)

9 Okt. Skrifgedeelte: Jesaja 41 tot 43

Lied 195

Nr. 1: Hulle verstaan hoe en wanneer die Here sou terugkeer (jv-AF bl. 132 par. 1–bl. 137)

Nr. 2: Jesaja 43:1-15

Nr. 3: *td-AF 11A Waarom Jehovah nie deel van ’n Drie-eenheid kan uitmaak nie

Nr. 4: Hou aan om God se Woord met vrymoedigheid te spreek (uw-AF bl. 169-70 par. 1-4)

16 Okt. Skrifgedeelte: Jesaja 44 tot 46

Lied 85

Nr. 1: Wat sou die oprigting van God se Koninkryk beteken? (jv-AF bl. 138-bl. 142 par. 2)

Nr. 2: Jesaja 46:1-13

Nr. 3: *td-AF 11B Die Seun is nie aan die Vader gelyk nie

Nr. 4: Hoe ons op Jehovah staatmaak vir krag (uw-AF bl. 170-1 par. 5-7)

23 Okt. Skrifgedeelte: Jesaja 47 tot 49

Lied 191

Nr. 1: Die manier waarop Jehovah se knegte geleer word (jv-AF bl. 142 par. 3–bl. 148)

Nr. 2: Jesaja 48:1-11, 16-19

Nr. 3: *td-AF 11C Hoe God en Christus een is

Nr. 4: Vind baat by die apostels se voorbeeld (uw-AF bl. 172 par. 8)

30 Okt. Skrifgedeelte: Jesaja 50 tot 53

Lied 113

Nr. 1: Hoe dit gekom het dat ons as Jehovah se Getuies bekend staan (jv-AF bl. 149-bl. 156 par. 3)

Nr. 2: Jesaja 52:1-15

Nr. 3: *td-AF 11D Die heilige gees is nie ’n persoon nie

Nr. 4: Getuig met vrymoedigheid en onderskeidingsvermoë (uw-AF bl. 173-5 par. 9-13)

6 Nov. Skrifgedeelte: Jesaja 54 tot 57

Lied 222

Nr. 1: Jehovah se Getuies—Die verantwoordelikheid wat met die naam gepaardgaan (jv-AF bl. 156 par. 4–bl. 158)

Nr. 2: Jesaja 55:1-13

Nr. 3: *td-AF 18A God is nie vir wêreldbenoudheid verantwoordelik nie

Nr. 4: Waarom moet ons goed in gedagte hou dat die dag van Jehovah naby is? (uw-AF bl. 176-7 par. 1-4)

13 Nov. Skrifgedeelte: Jesaja 58 tot 62

Lied 193

Nr. 1: Prediking met watter doel (van 1879 af tot 1925)? (jv-AF bl. 159-bl. 163 par. 2)

Nr. 2: Jesaja 60:4-17

Nr. 3: *td-AF 18B Waarom God goddeloosheid toelaat

Nr. 4: Let op na gebeure wat die teken vervul (uw-AF bl. 178-9 par. 5, 6)

20 Nov. Skrifgedeelte: Jesaja 63 tot 66

Lied 211

Nr. 1: Jesaja—Waarom nuttig (si-AF bl. 123 par. 34-39)

Nr. 2: Jesaja 65:11-25

Nr. 3: *td-AF 18C God openbaar sy groot barmhartigheid

Nr. 4: Die groot skeidingswerk—’n Bewys dat die einde naby is (uw-AF bl. 179-81 par. 7-10)

27 Nov. Skrifgedeelte: Jeremia 1 tot 3

Lied 70

Nr. 1: Inleiding tot Jeremia (si-AF bl. 124 par. 1-5)

Nr. 2: Jeremia 1:4-19

Nr. 3: *td-AF 18D God se Koninkryk is die enigste oplossing

Nr. 4: Wat lê nog voor voordat die dag van Jehovah aanbreek? (uw-AF bl. 181-3 par. 11-14)

4 Des. Skrifgedeelte: Jeremia 4 tot 6

Lied 127

Nr. 1: Die groot menigte word geïdentifiseer (jv-AF bl. 163 par. 3–bl. 170 par. 1)

Nr. 2: Jeremia 5:1-14

Nr. 3: *td-AF 17A Alle ware Christene moet van die waarheid getuig

Nr. 4: Jehovah se wyse en liefdevolle voorneme (uw-AF bl. 184-5 par. 1-5)

11 Des. Skrifgedeelte: Jeremia 7 tot 9

Lied 123

Nr. 1: Ywer in ’n dringende werk bring God se seën mee (jv-AF bl. 170 par. 2–bl. 171)

Nr. 2: Jeremia 9:12-26

Nr. 3: *td-AF 17B Waarom ons aanhou om mense te besoek

Nr. 4: Jehovah verenig sy volk (uw-AF bl. 186-7 par. 6-9)

18 Des. Skrifgedeelte: Jeremia 10 tot 12

Lied 191

Nr. 1: Herken aan ons handhawing van die Bybel se sedelike standaarde (jv-AF bl. 172-bl. 178 par. 3)

Nr. 2: Jeremia 10:6-15, 22-25

Nr. 3: *td-AF 17C Getuieniswerk bevry ons van bloedskuld

Nr. 4: Die menseskepping sal vrygemaak word (uw-AF bl. 188-91 par. 10-17)

25 Des. Skriftelike hersiening. Voltooi Jesaja 23 tot Jeremia 12

Lied 217

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel