Help ander om ons Maker te eer
1 Voel ons soos die psalmis toe hy gesê het: “o HERE, ... by U is die fontein van die lewe”? (Ps. 36:6, 10). Hoe kan ons op ons beurt ander help om Jehovah as ons Skepper te waardeer en te eer? Deur die boek Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? gedurende Junie aan te bied. Hierdie boek is werklik uitstekend aangesien dit betroubare getuienis oor God se bestaan verskaf en duidelik toon waarom evolusie nie waar kan wees nie. Dit bou ook vertroue in die Bybel as God se Woord op. Ons wil beslis hê dat almal moet weet hoe die skepping, nie evolusie nie, Jehovah God tot eer strek.
2 Hier is ’n maklike, direkte aanbie- ding.
Nadat jy die huisbewoner gegroet het, kan jy by die prent op bladsy 6 oopmaak en vra:
◼ “Hoe het lewe op hierdie aarde begin? Party sê dit het alles per toeval gebeur. Die Bybel gee God al die eer. Wat dink jy? [Laat huisbewoner antwoord.] Hierdie boek voorsien antwoorde wat ten volle met die Bybel en wetenskaplike feite ooreenstem. Ek sal graag wil hê dat jy dit moet neem sodat jy al die bewyse kan nagaan en self kan besluit. Ons laat hierdie puik publikasie by mense teen ’n bydrae van R9,00.”
3 Nadat jy jou voorgestel het, kan jy sê:
◼ “Is dit prakties om in hierdie moderne, wetenskaplike wêreld aan die skepping te glo, of dink jy dat ons per toeval hier gekom het? [Laat huisbewoner antwoord.] Let op hoe die Bybel oor die saak redeneer. [Lees Hebreërs 3:4.] Sou jy nie saamstem dat elke gebou ’n bouer het nie? Kon die heelal dan vanself ontstaan het?” Maak by die prent op bladsy 114 van die Skepping-boek oop en vestig dan die aandag op die gedagte wat in paragraaf 2 op bladsy 115 bespreek word. As die huisbewoner belangstelling toon en die boek neem, kan jy vir hom sê dat julle die vraag: Wat is die toekoms van die mens en die aarde? die volgende keer wat jy hom besoek, sal bespreek.
4 Of nadat jy die huisbewoner gegroet het, kan jy sê:
◼ “Hoe dink jy het ons eerste voorouers gelyk? [Laat huisbewoner antwoord.] Het hulle soos hierdie ‘aapmens’ gelyk? [Maak die Skepping-boek op bladsy 83 oop.] Let op wat die Bybel in Handelinge 17:26 sê. [Lees.] Waarop word die tekeninge van ‘aapmense’ dan gebaseer?” Vestig die aandag op die byskrif onder die tekening op bladsy 89. Sê vir die huisbewoner dat hy daarby baat kan vind om die boek te lees en uit te vind wat die antwoord op hierdie vraagis.
5 Nog ’n benadering kan wees om die aandag op die buiteblad van die “Skepping”-boek te vestig en te sê:
◼ “Vandag vra ons ons bure: Het die mens deur evolusie of deur die skepping hier gekom? Wat dink jy? [Laat huisbewoner antwoord.] Hoewel talle hoogs geleerde mense evolusie as ’n feit aanvaar, glo ander hoogs geleerde mense nie daaraan nie. Let op die gevolgtrekking waartoe ’n voormalige ruimtevaarder gekom het. [Beklemtoon punte op bladsye 122-3.] Ons moet die bewyse self ondersoek om te sien wat ons moet glo—evolusie of die skepping.” As die huisbewoner die boek neem, moet jy ’n vraag opper wat tydens jou volgende besoek beantwoord kan word.
6 Smag jy daarna om ander te help om die wonderlike waarhede oor ons Skepper en sy liefdevolle voorneme vir sy skepping te leer? Die Skepping-boek kan jou help om dit te doen. Dit eer ons Grootse Skepper, die Soewereine Heer Jehovah, deur sy werke te loof en sy wonderlike voorneme bekend te maak dat hy sy naam gaan heilig en die mensdom deur Christus se Koninkryk gaan seën.