Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/94 bl. 3
  • Betekenisvolle velddiensvergaderinge

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Betekenisvolle velddiensvergaderinge
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Velddiensvergaderinge wat hulle doel dien
    Ons Koninkryksbediening—2015
  • Vind ten volle baat by velddiensvergaderinge
    Ons Koninkryksbediening—2006
  • Deel 3—’n Sentrum vir die veldbediening
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Vraebus
    Ons Koninkryksbediening—2001
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 6/94 bl. 3

Betekenisvolle velddiensvergaderinge

1 In Lukas 10:1-11 het ons ’n verslag van ’n vergadering wat Jesus met die 70 nuutgekose dissipels gehou het, waartydens hy hulle gehelp het om vir die velddiens voor te berei. Hy het spesifieke riglyne voorsien wat sou help om hulle te organiseer, voor te berei wat hulle sou sê en moeilike situasies die hoof te bied. As ons hierdie verslag nagaan, kan ons daaruit leer.

2 Klaarblyklik was al 70 dissipels vir die vergadering met Jesus teenwoordig. Baie tyd gaan met velddiensvergaderinge verlore as party uit gewoonte laat kom. As hulle laat daar aankom, moet motorgroepe, sowel as die gebied, gewoonlik herorganiseer word. Dit veroorsaak dikwels dat die hele groep opgehou word. Ons kan almal ons deel bydra deur betyds op te daag en gereed te wees om dadelik na die gebied toe te gaan.

3 Jesus het die groep ’n spesifieke onderwerp vir bespreking gegee, naamlik “die koninkryk van God” (Luk. 10:9). Ons het die opdrag om dieselfde boodskap te verkondig, en ons waardeer gewoonlik ’n paar nuttige wenke oor wat om te sê. Die broer wat die leiding neem, kan na die Redenering-boek verwys, wat meer as 40 verskillende inleidings en gepaste Bybeltekste bevat wat in ’n groot verskeidenheid situasies gebruik kan word. ’n Kort oorsig van een of twee aanbiedings kan ons help om ons gedagtes agtermekaar te kry sodat ons met meer selfvertroue by die deure kan praat.

4 Jesus het nie net vir sy dissipels vertel wat om te sê nie, maar ook hoe om dit te sê (Luk. 10:5,6). Demonstrasies op die Diensvergaderingprogram wys vir ons hoe ons ons doeltreffend kan uitdruk. Die broer wat die leiding neem, kan dít wat op die vorige vergadering aangebied is, hersien en voorstelle maak oor hoe dit daardie dag in die diens gebruik kan word. ’n Kort voorbereide demonstrasie van ’n eenvoudige skriftuurlike aanbieding kan ons help om ons gedagtes agtermekaar te kry en dit in woorde om te sit.

5 Jesus het sy dissipels ook met betrekking tot hulle persoonlike gedrag onderrig (Luk. 10:7,8). Die broer wat die leiding neem, kan eweneens vir ons spesifieke riglyne gee wat ons sal help om enigiets te vermy wat aan ons werk afbreuk kan doen. Hy kan ons daarteen waarsku om op straathoeke saam te drom of tyd te verspil deur in ’n woordestryd met teenstanders betrokke te raak. Hy kan ons daaraan herinner hoe belangrik dit is om ’n noukeurige huis-tot-huis-verslag te hou. Dit is dalk nodig om ouers weer te vermaan om oplettend oor hulle kinders toesig te hou.

6 Die 70 dissipels het gehoor gegee aan Jesus se onderrigting en daarna “met blydskap teruggekom” (Luk. 10:17). As ons ag slaan op die riglyne wat ons by velddiensvergaderinge ontvang, kan ons ook meer vreugde in die verkondiging van die Koninkryksboodskap verwag.—Hand. 13:48, 49, 52.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel