Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/94 bl. 4
  • Bou geloof in die mensdom se Skepper op

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bou geloof in die mensdom se Skepper op
  • Ons Koninkryksbediening—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Help ander om ons Maker te eer
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Aanbiedings wat belangstelling wek
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Help ander om ons Groot Skepper te waardeer
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Bied die goeie nuus met ’n positiewe gesindheid aan
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1994
km 6/94 bl. 4

Bou geloof in die mensdom se Skepper op

1 Die meeste mense het al tot die een of ander gevolgtrekking omtrent die oorsprong van lewe gekom. Ongelukkig is baie al verkeerdelik beïnvloed om evolusie as die antwoord te aanvaar. Die Skepping-boek ondersoek albei kante van die vraagstuk op ’n deurtastende wyse en bied oorweldigende bewys ter ondersteuning van die Bybel. Hoe kan ons opregte mense help wat gewillig is om na ons te luister? Deur herbesoeke te doen. Wanneer ons teruggaan, is dit altyd goed om iets spesifieks in gedagte te hê wat ons kan sê om geloof in Jehovah as ons Skepper op te bou.

2 As dit duidelik was dat die persoon in die Bybel glo, kan hierdie benadering ’n doeltreffende inleiding vir jou gesprek wees:

◼ “Jesaja 45:18 maak ’n kragtige stelling oor die oorsprong van die heelal; ek sal graag wil hoor wat jy daarvan dink. [Lees en laat huisbewoner antwoord.] Jehovah identifiseer homself as die Skepper van die hemel en die aarde. Wat van lewe op hierdie aarde? Jesaja 42:5 sê dat hy daarvoor ook die eer moet kry. [Lees.] As die dinge wat die Bybel sê waar is, moet evolusie vals wees. Voel jy dat jy die Bybel kan vertrou?” Verwys na hoofstuk 17 van die Skepping-boek en vestig dan die huisbewoner se aandag op verdere redes waarom ’n mens in Jehovah as die Skepper kan glo.

3 Jy kan jou gesprek soos volg begin:

◼ “Toe ek jou laas besoek het, is die vraag geopper: Wat hou die toekoms vir die mens en die aarde in? Let op hoe die boek wat ek by jou gelaat het daardie vraag beantwoord.” Blaai na bladsye 234-5 van die Skepping-boek en vra hom om paragrawe 6 en 7 te lees. As verdere belangstelling getoon word, kan jy vra: “Watter dramatiese veranderinge dink jy gaan op die aarde plaasvind?” Indien dit gepas is, kan jy die punt dadelik of tydens jou volgende besoek bespreek deur ander paragrawe in hierdie selfde hoofstuk van die Skepping-boek te dek.

4 As dit gelyk het of die huisbewoner godsdienstig is, kan jy vra:

◼ “Het jy al agtergekom dat baie mense vandag aan die onpersoonlike natuur of aan ’n personifikasie met die naam Moeder Natuur eer gee? [Laat huisbewoner antwoord.] Die Bybel laat ons nie in die duister oor wie die ware Skepper is nie.” Lees Openbaring 4:11. Nadat die teks gelees is, kan jy die huisbewoner hom daaroor laat uitspreek. Jy kan dan sy aandag op een of twee spesifieke punte in hoofstuk 11 van die Skepping-boek vestig en miskien beklemtoon dat dit die Skepper se voorneme is om die hele aarde onder Christus se Koninkryk in ’n paradys te omskep.

5 Jy kan ook die herbesoek begin deur te sê:

◼ “Die mensdom is al aan soveel pyn en verdriet onderwerp as gevolg van boosheid en goddeloosheid. Jehovah, die Skepper van hierdie aarde, het belowe dat hierdie toestande tot ’n einde gaan kom. [Blaai na bladsy 196 en lees Spreuke 2:21,22.] Diegene wat hom as hulle Maker erken en sy wil doen, kan na wonderlike seëninge uitsien.” As dit gepas is, kan jy voortgaan met ’n bespreking van Openbaring 21:4,5 op bladsye 197-8.

6 Ervare verkondigers het al geleer dat dit die beste is om spesifieke tye vir herbesoeke opsy te sit. As ons vaste reëlings vir hierdie werk het, sal dit ons help om so gou as moontlik na belangstellendes terug te gaan. Stel vas watter tyd vir jou en vir die mense in die gebied die beste sal wees. As jy gereeld aan hierdie werk deelneem, sal jy vreugde daaruit put om die opdrag om ‘dissipels te maak’ uit te voer.—Matt. 28:19.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel