Teokratiese nuus
Benin: ’n Nuwe hoogtepunt van 2967 verkondigers het in Februarie gerapporteer. Wanneer dit met die bedrywighede van ’n jaar gelede vergelyk word, het die verkondigertal met 13,8 persent gestyg, die ure met 6,1 persent, tydskrifverspreiding met 40,6 persent en Bybelstudies met 25,1 persent.
Suid-Afrika: Nog twee snelbou-Koninkryksale is toegewy—die een op 20 Maart in Zola-Noord (Soweto) en die ander een op 8 Mei in Siyathemba (Balfour). Twee omgeboude Koninkryksale is die naweek van 8 en 9 Mei toegewy—die een in die Strand en die ander een in Rondebosch. Die Koninkryksaal in Kroonstad is op Saterdag, 8 Mei, toegewy. Ons is bly om hierdie vyf mooi geboue te sien wat sewe gemeentes bedien. ’n Spesiale woordjie van dank aan al 155 gemeentes met Koninkryksaallenings wat hulle skuld aan die Genootskap so getrou vereffen, en aan al die gemeentes wat tot die Genootskap-Koninkryksaalfonds bydra.
Zaïre: Ondanks ekonomiese en politieke probleme in hierdie land, het die broers ’n nuwe hoogtepunt van 71 098 verkondigers vir Februarie gerapporteer. Dit was ’n styging van 9 persent oor verlede jaar se gemiddelde. Gemeentelike verkondigers bring gemiddeld 16,8 uur in die velddiens deur. Zaïre het nou meer as 6000 gewone pioniers.