Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Julie: Enige van die volgende brosjures kan gebruik word: Die regering wat die Paradys gaan bring, Gee God werklik vir ons om?, Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? Bestaan hulle werklik?, Jy kan vir ewig op die aarde lewe!, “Kyk, Ek maak alles nuut” en Moet jy aan die Drie-eenheid glo? teen ’n bydrae van 90 sent elk. Augustus en September: Jy kan vir ewig in die Paradys op aarde lewe teen ’n bydrae van R9,00. Klein uitgawes kos R4,50. Oktober: Intekeninge op die Ontwaak! of Die Wagtoring teen ’n bydrae van R19,00 vir halfmaandelikse uitgawes. Jaarintekeninge op maandelikse uitgawes en halfjaarlikse intekeninge op halfmaandelikse uitgawes kos R9,50.
◼ Besoekers is welkom om op ’n begeleide toer van Bethel te gaan gedurende die volgende tye: Maandag-Vrydag 8:00 vm.-11:00 vm. en 1:00 nm.-4:00 nm. Saterdag: 8:00 vm.-11:00 vm. Dit is ’n aanpassing van die aankondiging in Ons Koninkryksbediening vir September 1990.
◼ Die taal Goedjarati is van 8 April 1993 af op die lys van maandelikse uitgawes van die Ontwaak! wat deur die pos beskikbaar is.
◼ Streekbyeenkoms: Let asseblief daarop dat die datum vir Port Elizabeth na 16-19 Desember 1993 verander is.
◼ Gemeentes word daaraan herinner dat hulle genoeg vorms vir die 1994-diensjaar moet bestel. Hierdie vorms moenie vermors word nie. Hulle moet slegs gebruik word vir die doel waarvoor hulle gedruk is.
◼ Nuwe publikasies beskikbaar:
Chichewa: Sing lofliedere voor Jehovah (Klein liedereboek; gemeente en publiek: R4,50; pioniers: R3,00).
◼ Nuwe videokassette beskikbaar:
Engels vir die dowes: Jehovah’s Witnesses—The Organization Behind the Name (gemeente en publiek: R45,00; pioniers: R40,00).