Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/93 bl. 2
  • Diensvergaderinge vir Julie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderinge vir Julie
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 5 Julie
  • Week wat begin met 12 Julie
  • Week wat begin met 19 Julie
  • Week wat begin met 26 Julie
Ons Koninkryksbediening—1993
km 7/93 bl. 2

Diensvergaderinge vir Julie

Week wat begin met 5 Julie

Lied 133

10 min: Plaaslike aankondigings en gepaste Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Laat twee of drie verkondigers voorberei om kommentaar te lewer oor hoe hulle ouer nommers van die tydskrifte goed gebruik.

15 min: “Gebruik brosjures om na belangstellendes te soek.” Vraag-en-antwoord-dekking. Die brosjures waarvan daar in paragraaf 5 gepraat word, is: Moet jy aan die Drie-eenheid glo?, Gee God werklik vir ons om? en Die regering wat die Paradys gaan bring. Sê vir die gemeente hoeveel brosjures beskikbaar is en vra kommentare oor watter brosjures veral vir die plaaslike gebied gepas sal wees. Moedig die broers geesdriftig aan om gedurende Julie ’n volle deelname daaraan te hê om brosjures aan te bied. Wys ook daarop dat mense wat ’n brosjure neem dikwels ook graag die tydskrifte wil hê.

20 min: “Gebruik brosjures doeltreffend in Julie.” Bespreek punte met gemeente en demonstreer aanbiedinge in paragrawe 3, 5 en 7. Moedig goeie voorbereiding aan.

Lied 30 en slotgebed.

Week wat begin met 12 Julie

Lied 25

10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en enige erkennings van bydraes. Herinner die gemeente aan die velddiensreëlings en bespreek verskillende gesprekspunte in die tydskrifte.

20 min: “Gaan terug om belangstelling in die Bybel aan te wakker.” Demonstreer ná ’n kort inleiding hoe ’n herbesoek gedoen word by iemand wat belangstelling getoon het, maar nie lektuur geneem het nie. Demonstreer ook hoe om ’n herbesoek te doen by iemand wat te besig was om te gesels, maar wat die traktaat Wie heers werklik oor die wêreld? geneem het. Toon in elke geval hoe die verkondiger die gesprek begin en belangstelling aanwakker.

15 min: Bespreek finale reëlings vir die ontoegekendegebied-kampanje. Gebruik toepaslike gedagtes uit die bylae tot die brief van 16 Mei 1993. Moedig almal hartlik aan om die reëlings vir die kampanje ten volle te ondersteun. Gemeentes wat nie hierdie jaar in die ontoegekende gebied kan werk nie: Bespreek plaaslike behoeftes of voer ’n onderhoud met twee of drie verkondigers oor hoe hulle die waarheid geleer het. Sulke ondervindinge moet vooraf gekies word en moet die doeltreffendheid van die bediening weerspieël.

Lied 191 en slotgebed.

Week wat begin met 19 Julie

Lied 136

15 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Bespreek ook die “Nuwe kringbyeenkomsprogram” met die gehoor.

15 min: “Kan jy dit doen?” Bespreek met die gehoor. Voer ’n onderhoud met een of twee gewone pioniers of een of twee verkondigers wat van tyd tot tyd as hulppioniers dien. Laat hulle vertel hoe hulle besluit het om meer te doen en hoe hulle hulle bedrywighede organiseer.

15 min: Toespraak deur ouere man oor persoonlike higiëne, gegrond op Die Wagtoring van 1 Junie 1989, bladsye 15-20. Die toespraak moet taktvol en met goeie oordeel gehou word.

Lied 165 en slotgebed.

Week wat begin met 26 Julie

Lied 170

15 min: Plaaslike aankondigings. Diensopsiener bespreek die gemeente se velddiensrapport vir Junie en prys die broers en moedig hulle aan. Bespreek die punte in die venster “Is jy ’n gereelde verkondiger?” met die gemeente. Gebruik gedagtes uit die artikel “Wees gereeld in die velddiens” in Ons Koninkryksbediening vir Junie 1993. Augustus is die laaste maand van die diensjaar. Moedig alle verkondigers aan om elke week aan die bediening deel te neem en hulle diens stiptelik aan die einde van Augustus te rapporteer. Kan ons ons almal vir ’n nuwe verkondigerhoogtepunt in Augustus beywer? Bespreek ook twee of drie gepaste gesprekspunte in die tydskrifte wat hierdie naweek in die velddiens gebruik kan word.

15 min: “Kruis”, Redenering-boek, bladsye 254-8. Moet as ’n herbesoek gedoen word by huisbewoner wat die “Kyk”-brosjure geneem het. Die huisbewoner wys na bladsy 17 van die brosjure en vra waarom dit Jesus op ’n paal pleks van ’n kruis afbeeld. Broer gebruik Redenering-boek om die huisbewoner die Bybel se beskouing te help verkry.

15 min: “Maak goed gebruik van Die Wagtoring en die Ontwaak!” Vraag-en-antwoord-bespreking. Help almal om te besef hoeveel geleenthede ons elke dag het om tydskrifte, nuwe en ouer nommers, by mense te laat.

Lied 192 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel