Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/93 bl. 1-2
  • Maak goed gebruik van Die Wagtoring en die Ontwaak!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Maak goed gebruik van Die Wagtoring en die Ontwaak!
  • Ons Koninkryksbediening—1993
  • Soortgelyke materiaal
  • Gebruik tydskrifte in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met tydskrifte
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Tydskrifte kondig die Koninkryk aan
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Sit tyd vir tydskrifwerk opsy
    Ons Koninkryksbediening—1993
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1993
km 7/93 bl. 1-2

Maak goed gebruik van Die Wagtoring en die Ontwaak!

1 Die Wagtoring en die Ontwaak! is die waardevolste en nuttigste tydskrifte wat mense vandag kan lees. Waarom? Omdat die geestelike waarhede daarin ’n ewigdurende invloed ten goede op mense se lewe kan hê. Maar baie is nie ten volle bewus van hulle geestelike behoefte nie of hulle weet nie waar om te soek om in daardie behoefte te voorsien nie. Dit is ons voorreg om die apostel Paulus na te volg deur mense te help om hulle oë geestelik te open.—Matt. 5:3, NW; Hand. 26:18.

2 Wees positief en berei goed voor: Daar is waarskynlik skaapgeaarde mense in julle gebied wat aan die waarheid gehoor sal gee. Sommige moet dalk net vriendelik aangemoedig word om die tydskrifte te lees. Daarom moet julle positief en oortuigend wees wanneer julle Die Wagtoring en die Ontwaak! aanbied. Hou ’n voorraad tydskrifte byderhand en benut elke geleentheid om hulle te versprei, selfs wanneer ander publikasies aangebied word.

3 Wat kan ons bekwamer maak om tydskrifte te versprei? Om mee te begin, moet ons self besef hoe waardevol hulle werklik is. Ons moet vertroud wees met die artikels in die tydskrifte wat ons aanbied, en dit sal ons vertroue asook ons ywer om hulle aan te bied vergroot. Hou dit in gedagte wanneer jy hulle die eerste keer lees. Wees wakker vir punte wat jy in die bediening kan beklemtoon. Vra jou af: ‘By wie sal hierdie artikel veral ingang vind? Sal ’n huisvrou, ’n jong persoon of miskien ’n sakeman dit waardeer? Sal ’n student, iemand wat getroud is of iemand wat oor die omgewing besorg is hierdie punt interessant vind?’ As ons werklik wil hê ons aanbieding moet doeltreffend wees, moet ons die tydskrifte aanbeveel op grond van ons eie kennis en die genot wat ons self uit die tydige artikels put.

4 Maak goed gebruik van ouer nommers: Onthou, Die Wagtoring en die Ontwaak! verloor nie hulle waarde nie, selfs nie as hulle nie binne ’n maand of twee van die tydskrif se datum af versprei word nie. Die inligting wat hulle bevat, raak nie minder belangrik met die verloop van tyd nie, en ons moenie huiwer om ouer nommers aan te bied as hulle in ’n goeie toestand is nie. As ons toelaat dat ouer tydskrifte ophoop en ons hulle nooit gebruik nie, toon dit ’n gebrek aan waardering vir hierdie waardevolle instrumente. Elke tydskrif bevat waarhede wat ’n begeerte na geestelike voedsel kan aanwakker en bevredig. Pleks van hulle opsy te sit en van hulle te vergeet, sal dit beter wees om ’n spesiale poging aan te wend om ouer tydskrifte in die hande van belangstellendes te plaas of hulle ten minste op ’n onopvallende plek te laat wanneer mense nie tuis is nie. Voordat jy dit doen, moet jy altyd seker maak dat daar “Gratis eksemplaar” op staan.

5 Die Ontwaak! het al baie mense gehelp om van hulle geestelike behoefte bewus te word al het hulle aanvanklik nie in geestelike dinge belanggestel nie. Die Wagtoring is ’n sleutelinstrument in die geestelike voedingsprogram van Jehovah se volk. Hierdie tydskrifte vul mekaar goed aan, en hulle speel ’n noodsaaklike rol in die verkondiging van die goeie nuus.

6 Terwyl ons elke geleentheid benut om tydskrifte by mense te laat, kan ons die volle vertroue hê dat hulle doeltreffend in die geestelike behoeftes van skaapgeaardes sal voorsien. Ons moet ’n positiewe gesindheid behou, goed voorberei en gereeld aan die bediening deelneem. Laat ons almal as verkondigers van die goeie nuus gereeld en goed van Die Wagtoring en die Ontwaak! gebruik maak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel