Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/90 bl. 3
  • Help ander om god se woord bekwaam te gebruik

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help ander om god se woord bekwaam te gebruik
  • Ons Koninkryksbediening—1990
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HELP JONGMENSE EN BYBELSTUDENTE
  • Pioniers help ander
    Ons Koninkryksbediening—1998
  • Hulp op die regte tyd
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Help nuwelinge om deel te hê aan Koninkryksvermeerdering
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Voer jy jou bediening ten volle uit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1990
km 11/90 bl. 3

Help ander om god se woord bekwaam te gebruik

1 Jehovah het ons van talle maniere voorsien om ons op te lei sodat ons ons persoonlike bediening bekwaam kan uitvoer. As ons gebruik wat hy voorsien het, word ‘selfs ons treë voorberei’ (Ps. 37:23, NW). Die Teokratiese Bedieningskool lei persone byvoorbeeld reeds bykans 50 jaar lank progressief op in die spreek- en onderrigkuns. Dit word aangevul deur die weeklikse Diensvergadering, met sy praktiese toesprake, demonstrasies en toesprake met gehoordeelname.

2 Ons vind baat by kringopsieners se gereelde besoeke. Die diensopsiener besoek elke boekstudiegroep en sy liefdevolle aanmoediging help ons om ons vermoë in die openbare bediening te verbeter. Daarbenewens word ons tydens elke velddiensvergadering tien minute lank onderrig, waartydens ons aangemoedig word en nuttige wenke vir die dag kry (Hebr. 10:23-25). Sulke reëlings deur Jehovah se organisasie demonstreer sy liefdevolle besorgdheid oor diegene aan wie hy die opdrag gegee het om die goeie nuus te verkondig.

HELP JONGMENSE EN BYBELSTUDENTE

3 Jong verkondigers en nuwelinge het gereelde persoonlike hulp in die openbare bediening nodig. Hoewel ons almal van tyd tot tyd hulp kan aanbied, is dit allereers die verantwoordelikheid van die ouers en diegene wat Bybelstudies met sulke persone hou om hulle te help (Gal. 6:6; Ef. 6:4). Om die Bybel bekwaam te gebruik, volg nie vanself na verloop van tyd en ’n mate van ondervinding nie. Inteendeel, dit is nodig dat liefdevolle, persoonlike hulp en opleiding stelselmatig gegee word.

4 Persoonlike hulp moet begin voordat die persoon aan die bediening deelneem. Hersien die ‘Onderwerp vir gesprekke’. Help diegene wat aan die vereistes voldoen om aan die bediening deel te neem om ’n eenvoudige aanbieding uit te werk. Hulle kan miskien net een van die voorgestelde tekste gebruik totdat hulle meer ondervinding en vertroue het. Terwyl julle saam in die diens werk, moet jy tussen besoeke tyd afsonder om die persoon te prys en liefdevolle wenke te gee oor hoe hy kan verbeter. Beklemtoon hoe belangrik dit is om te alle tye ’n biddende gesindheid te behou.—Ef. 6:18, 19.

5 Hoewel baie gewone pioniers en ander ervare verkondigers hoofsaaklik op weeksdae aan die bediening deelneem, is dit goed as hierdie bekwame verkondigers hulle rooster kan aanpas sodat hulle van tyd tot tyd die naweek se velddiens kan ondersteun. Hulle persoonlike opoffering sal hoog op prys gestel word deur ander wat graag wil verbeter deur saam met hulle aan die bediening deel te neem.—Pred. 4:9, 10.

6 Ons almal was op een stadium nuut en onervare in die veldbediening. Baie van ons het aanmoediging en opleiding van bekwamer verkondigers of pioniers ontvang. Ons huidige bekwaamheid en groter vreugde in die bediening is ’n direkte resultaat van daardie hulp (Spr. 27:17; Hand. 20:35). Mag ons waardering vir wat Jehovah vir ons gedoen het deur ons daadwerklik vir die bediening op te lei ons beweeg om ons beskikbaar te stel om ander te help sodat hulle bekwamer kan word om Jehovah se Woord te gebruik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel