Aankondigings
● Lektuuraanbod vir November: Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk en Moet jy aan die Drie-eenheid glo? of “Kyk, Ek maak alles nuut” teen ’n bydrae van R4,50. (Engels: New World Translation of the Holy Scriptures en Should You Believe in the Trinity? of “Look! I Am Making All Things New” teen ’n bydrae van R10,75.) Desember: My boek met Bybelverhale teen ’n bydrae van R7,50. Januarie en Februarie: “Die nasies sal weet dat ek Jehovah is”—Hoe? en Onsigbare geeste—Help hulle ons? Of benadeel hulle ons? teen ’n bydrae van R2,40. Gemeentes kan boeke vir die spesiale aanbod by die Genootskap bestel en kan krediet vir die ‘Nasies’-boek aanvra wat deur verkondigers en pioniers verkry is. Slegs gedurende hierdie kampanje sal die prys 60c vir gewone en spesiale pioniers wees. Die prys vir gemeentelike verkondigers en hulppioniers is R1,00. (Engels: Happiness—How to Find It teen ’n bydrae van R2,50.) Maart: Openbaring—Sy groot klimaks is ophande! teen ’n bydrae van R7,50.
● Ondersoek die Skrif elke dag—1991: Verkondigers en pioniers moet asseblief hulle boekies Ondersoek die Skrif deur die gemeente bestel. Gemeentes moet nou bestellings vir hierdie boekies begin neem. Vul dan hierdie bestellings op die gewone lektuurbestelvorm (S-14) in en stuur dit op 1 November 1990, of so gou moontlik daarna, aan die Genootskap. Ondersoek die Skrif in ander tale moet onder “Other Language Publications” aangedui word, met die afsonderlike hoeveelheid in elke taal sowel as die jaar 1991. Ondersoek die Skrif sal beskikbaar wees in Afrikaans, Duits, Engels, Frans, Grieks, Italiaans, Nederlands, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa en Zulu. Totdat Ondersoek die Skrif beskikbaar is en versend word, sal dit as “Will Send Later” op gemeentefakture verskyn. Ondersoek die Skrif is ’n beheerde item en lektuurrekeninge sal met 80c elk gedebiteer word, wat die prys vir verkondigers is. Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1990 op die lys was, kan ’n gratis eksemplaar kry en bykomende eksemplare teen 50c elk bekom. Geldsendings moet die bestellings vergesel wanneer gemeentes nie ’n rekening by die Genootskap het nie of wanneer hulle lektuurrekening ’n nadelige saldo het. ’n Afsonderlike inskrywing moet op die maandelikse geldsendingvorm (S-AB-20) gemaak word om die gratis eksemplare vir pioniers aan te dui.
● Gemeentes moet asseblief onthou om hulle rapport vir werk in die ontoegekende gebied teen die einde van Oktober in te vul en te stuur sodat dit ons nie later nie as 15 November bereik. Sluit asseblief alle interessante ondervindinge in. Maak ook seker dat julle die regte posgeld vir die groot koevert betaal.
● Gemeentes kan nou die jaarteks vir 1991 bestel, wat teen R12,00 elk in die volgende tale beskikbaar sal wees: Afrikaans, Engels, Suid-Sotho, Xhosa en Zulu. Ons sal die lektuurrekening met die bedrag debiteer. Gemeentes met nadelige saldo’s op hulle lektuurrekening moet kontant saam met hulle bestelling stuur.
● Let wel: ’n Tweetalige program in Afrikaans en Engels sal vanjaar by die streekbyeenkoms in Port Elizabeth aangebied word.
● Aangesien die streekbyeenkoms hierdie jaar vier dae sal duur, kan die liggaam van ouere manne besluit om die gereelde Gemeentelike Boekstudie gedurende die byeenkomsweek te hou of hulle kan reël dat die helfte van die toegewese les die week voor die streekbyeenkoms en die helfte die week daarna saam met die lesse vir daardie weke gedek word.
● Telefoonnommers en adresse van gemeentelike opsieners wat die Genootskap hou, is vertroulik. Sulke informasie sal slegs aan opsieners beskikbaar gestel word wat die Genootskap bel aangaande dringende sake of in noodgevalle. Maar adresse van Koninkryksale sal op versoek gegee word. Ons sal met graagte pos wat van die regte posgeld voorsien is aan enige verteenwoordiger van die Genootskap stuur as jy nie sy adres het nie. Benewens noodgevalle of ander dringende sake moet julle asseblief persoonlike oproepe aan die Bethelgesin na werkure doen aangesien die Genootskap se telefoonlyne gedurende die dag baie besig is.
● Nuwe kassetopnames beskikbaar:
Luister na die Groot Onderwyser (vier kassette en ’n boek in ’n album; gemeente en publiek: R30,00; pioniers: R23,00)—Afrikaans
● Weer beskikbaar in Suid-Afrika:
Album vir Awake!-kassette (leë album) (Bruinrooi vinielalbum vir 24 kassette; gemeente en publiek: R23,50; pioniers: R19,50)