Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 3 SEPTEMBER
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Is jy vir velddiens toegerus? Meld wat in velddienssak moet wees, met inbegrip van die Bybel, Redenering uit die Skrif, die boekie Good News for All Nations, traktate, potlood, jongste aanbod en tydskrifte, huis-tot-huisverslag, ensovoorts. Om verstandelik toegerus te wees verg dat ons gedagtes hersien wat ons in lektuur gaan beklemtoon. Bid ook om heilige gees en hulp om skaapgeaardes te vind (Filip. 4:6, 7). Gee ’n kort verslag oor resultate wat sover in ontoegekende gebied behaal is. Spoor almal aan om die res van die kampanje te ondersteun.
20 min: “Eer die Skepper van alle dinge.” Vraag-en-antwoordbespreking. Laat ’n bekwame verkondiger ‘Onderwerp vir gesprekke’ demonstreer en aanbod maak wanneer paragrawe 3 en 4 bespreek word. Toon dat spesifieke reëlings getref moet word om terug te gaan.
15 min: Ouere man praat met verskeie voorbeeldige jongmense. Bespreek hoofgedagtes uit Jongmense vra-boek, hoofstuk 17, “Moet ek die skool verlaat?” Beklemtoon hoe belangrik dit is dat ouers kinders raad gee om vakke te kies wat hulle sal help om praktiese, nuttige vaardighede aan te leer wat hulle sal help om hul toekoms met God se organisasie te bou en om Koninkryksbelange na te jaag.
Lied 225 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 10 SEPTEMBER
5 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Herinner broers aan velddiensreëlings, en spoor hulle aan om aandgetuieniswerk te ondersteun.
15 min: “Bied die goeie nuus aan—met tydskrifte.” Vraag-en-antwoordbespreking. Demonstreer wanneer paragraaf 8 bespreek word hoe tydskrifroete begin kan word by persoon wat opregte belangstelling toon deur die aandag op ’n artikel van plaaslike belang in die tydskrif te vestig.
15 min: “Volg met vertroue diegene wat die leiding neem.” Vraag-en-antwoorddekking van materiaal met plaaslike toepassing. Moet deur ’n bekwame ouere man behartig word.
10 min: “Ons waardeer die bejaardes!” Toespraak deur ouere man gebaseer op informasie in Die Wagtoring van 1 Februarie 1986, bladsye 28-9. Pas informasie plaaslik toe. Meld spesifiek dat ons saam met sulke persone in die veld wil werk en stadiger moet stap om by hulle aan te pas. Kan hulle help met inkopies, afsprake met die dokter, ensovoorts, en ons kan baat vind by hulle wysheid en ondervinding.—Job 15:10; Spr. 16:31; 1 Tim. 5:1, 2.
Lied 116 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 17 SEPTEMBER
8 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag en erkennings van bydraes. Prys die gemeente vir hulle ondersteuning van die Genootskap-Koninkryksaalfonds en vir bydraes tot die Koninkrykswerk.—Spr. 3:9.
20 min: “Wees wakker om Bybelstudies te begin.” Vraag-en-antwoordbespreking. Meld hoeveel studies die gemeente hou. Toon by paragraaf 5 hoe studie op eerste besoek begin kan word. Begin demonstrasie met huisbewoner wat min belangstelling in evolusie toon maar traktaat Die lewe in ’n vreedsame nuwe wêreld gretig aanvaar. Verkondiger bespreek ’n paragraaf of twee uit traktaat en maak spesifieke afspraak om terug te kom. Demonstreer daarna direkte benadering deur een van die inleidings in die Redenering-boek, bladsy 14, onder “Tuisbybelstudies” te gebruik. Meld hoe aandgetuieniswerk groter geleentheid bied om studies met hele gesinne te begin, aangesien die mans dan gewoonlik tuis is.
17 min: “Bereik die hart wanneer jy onderrig.” Toespraak waarin die vier hoofgedagtes in Die Wagtoring van 1 Augustus 1984, bladsye 13-17, bespreek word. Help gehoor om te besef hoe belangrik dit is om progressiewe Bybelstudies te hou. Meld ook wanneer onproduktiewe studies gestaak moet word.
Lied 121 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 24 SEPTEMBER
10 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem. Reël twee kort demonstrasies, een waar belangstelling getoon word, die ander waar huisbewoner geen belangstelling in tydskrifte toon nie maar instem om traktaat te lees. Gesprek kan die weg baan om ’n gratis tuisbybelstudie aan te bied.
20 min: “Toon waardering vir ons pioniers.” Diensopsiener bespreek informasie met twee of drie pioniers. Vra pioniers uit oor hoe hulle ander aangemoedig het, en laat hulle meld wat hulle plaaslik veral aangemoedig het. Prys gemeente vir hulle ondersteuning van die pioniers.
15 min: Plaaslike behoeftes. Of presiderende opsiener behartig bespreking van “Vrae van lesers” in Die Wagtoring van 1 Junie 1983, bladsye 30-1, “Hoe kan ons gemeentelede met uitgesette familielede help?”
Lied 62 en slotgebed.