Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/89 bl. 5-6
  • Hersiening vir Teokratiese bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening vir Teokratiese bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—1989
Ons Koninkryksbediening—1989
km 8/89 bl. 5-6

Hersiening vir Teokratiese bedieningskool

Gesloteboek-hersiening van materiaal wat gedek is in die Teokratiese Bedieningskool deur toewysings vir die weke vanaf 1 Mei tot 21 Augustus 1989. Gebruik ’n afsonderlike vel papier om die antwoorde op soveel vrae moontlik in die toegewese tyd neer te skryf.

[Let wel: Slegs die Bybel mag tydens die skriftelike hersiening gebruik word om enige vraag te beantwoord. Die bronverwysing na die vrae is vir jou persoonlike navorsing. Nie al die verwysings na Die Wagtoring sal ’n bladsy- en paragraafnommer hê nie.]

Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:

1. “Baie volke” en “magtige nasies” dui op politieke nasies en regerings (Miga 4:3). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 5/1.]

2. Dat die boek Amos in die Bybelkanon hoort, word bevestig deur Stefanus se parafrase van drie verse in Handelinge 7:42, 43 en Jakobus se aanhaling uit die boek in Handelinge 15:15-18. [si bl. 149 par. 6]

3. In Sagaria 1:3 is die Jode aangespoor om Babilon te verlaat en na hulle tuiste in Jerusalem terug te keer. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 6/15.]

4. Die vier strydwaens wat deur perde getrek word, beeld die engele-geesmagte af wat die opdrag ontvang het om God se knegte op aarde te beskerm (Sag. 6: 1-3). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 6/15.]

5. Volgens Miga 7:4 kon selfs die bestes onder die weerbarstige Israeliete net soveel skade of pyn soos ’n doringstruik of ’n doringheining veroorsaak vir enigeen wat te naby kom. [si bl. 157 par. 15; kyk ook wAF89 5/1.]

6. Jesus het nie openbare gebede veroordeel nie, maar gebede wat gedoen word om die hoorders te beïndruk en hulle bewonderende komplimente uit te lok (Matt. 6:5, 6). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF86 11/1 bl. 8.]

7. Volgens die geskiedenis is Moab, Ammon en Assirië vernietig net soos Sefanja voorspel het. [si bl. 164 par. 5]

8. Jesus se woorde in Mattheüs 9:16, 17 toon dat hy nie gekom het om Judaïsme te lap of te verewig nie, maar om ’n nuwe stelsel van aanbidding in te stel. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 7/15.]

9. Jesus se predikingsinstruksies in Mattheüs hoofstuk 10 was net vir sy 12 apostels bedoel. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 8/1 bl. 8.]

10. Die Jode was onrein weens hulle versuim om ware aanbidding te beoefen (Hag. 2: 10-14). [si bl. 167 par. 11]

Beantwoord die volgende vrae:

11. Weens watter gemene optrede het Obadja Edom veroordeel? (Obad. 12-14). [si bl. 152 par. 8]

12. Wie is die “Gesalfde” wat gered word? (Hab. 3:13). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 5/15.]

13. Wat is die “suiwer taal”? (Sef. 3:9, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 6/1.]

14. Watter soort seedier kon vir Jona ingesluk het? (Jona 1:17). [si bl. 154 par. 4, 5; kyk ook wAF89 4/15.]

15. Hoe kon Josef dit oorweeg het om Maria in die geheim te skei, aangesien hulle net verloof was? (Matt. 1:19). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 7/15.]

16. Wat is een van die verhewe waarhede wat in die boek Habakuk beklemtoon word? [si bl. 161 par. 1]

17. Waarom het Jehovah Haggai as profeet aangestel? [si bl. 166 par. 3]

18. Waarom is Jesus se dissipels gekritiseer omdat hulle ‘nie hande was as hulle brood eet nie’? (Matt. 15:2). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 11/1 bl. 8.]

Voorsien die woord of frase wat nodig is om, elk van die volgende verklarings te voltooi:

19. Om ‘jou hart te skeur’ beteken dat opregte, hartgrondige ․․․․․․․ nodig is vir redding gedurende die dag van Jehovah (Joël 2:12, 13). [wAF89 3/15 bl. 30]

20. Die profeet Amos het geprofeteer teen die plunderaars wat weelde liefgehad het en in huise van ivoor in ․․․․․․․ gewoon het. [si bl. 149 par. 9]

21. Ter vervulling van Obadja se profesie het ․․․․․․․ sedertdien tot niet gegaan en is daar geen spoor van sy afstammelinge nie. [si bl. 151 par. 5]

22. Die profeet ․․․․․․․ het die geboorteplek van die Messias voorspel. [si bl. 156 par. 6]

23. “Die Groot Raad” wat in Mattheüs 5:22 gemeld word, was․․․․․․․[Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 7/15.]

24. ․․․․․․․ sal nie veiligheid bied in die dag van Jehovah se toorn nie (Sef. 1:18). [si bl. 164 par. 7]

25. Jesus se gebruik van illustrasies het gehelp ․․․․․․․ (Matt. 13:10-15). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 4/1 bl. 8.]

Kies die korrekte antwoord in elk van die volgende verklarings:

26. Die profeet (Joël; Amos; Obadja) het voorspel dat die wat die naam van Jehovah aanroep, gered sal word wanneer God oordeel voltrek aan die goddelose. [si bl. 147 par. 9]

27. “Die bloedstad” was (Babilon; Nineve; Jerusalem) (Nah. 3:1). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 5/15.]

28. Pleks van na Nineve te gaan, het Jona in die teenoorgestelde rigting na Tarsis gegaan, wat moontlik (Portugal; Spanje; Frankryk) was. [si bl. 154 par. 6; it dl. 2 bl. 98]

29. “Die boodskapper van die verbond” is (Jehovah; Johannes die Doper; Jesus Christus) (Mal. 3:1, NW). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 7/1.]

30. Die boek Nahum is die een of ander tyd voor Nineve se vernietiging in (740; 632; 607) v.G.J. geskryf. [si bl. 159 par. 3; kyk ook it dl. 2 bl. 505.]

Paar die volgende tekste af met die verklarings hieronder:

Miga 6:11; Nah. 1:2, 3; Hab. 3:16,18; Hag. 1:4-6; Sag. 12:6

31. Moet nooit materiële belange voor geestelike pligte stel nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 6/1.]

32. Diegene wat opsieners is onder God se volk moet besonder ywerig wees. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 6/15.]

33. Jehovah neem wraak op sy vyande. [si bl. 159 par. 8]

34. Ons moet geduldig op Jehovah wag vir redding, [si bl. 162 par. 11]

35. ’n Mens kan Jehovah nie op aanvaarbare wyse dien terwyl jy jou aan oneerlike sakegebruike skuldig maak nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF89 5/1.]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel