Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/88 bl. 1-2
  • Spreek God se Woord met vrymoedigheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Spreek God se Woord met vrymoedigheid
  • Ons Koninkryksbediening—1988
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • GRYP GELEENTHEDE AAN OM TE SPREEK
  • BIED DIE BOEKE MET VRYMOEDIGHEID AAN
  • ‘Spreek die Woord van God met vrymoedigheid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Getuig jy met vrymoedigheid?
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • Volg Jesus na—Preek met vrymoedigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Hou aan om God se woord met vrymoedigheid te spreek
    Ons Koninkryksbediening—2005
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1988
km 7/88 bl. 1-2

Spreek God se Woord met vrymoedigheid

1 Hoe word jy geraak wanneer jy teenstand teëkom of wanneer jy deur vyande van die goeie nuus vervolg word? Is jy vasbeslote om aan te hou getuig ondanks wat teenstanders mag sê of doen? Hoewel net ’n paar moontlik moedeloos word of in die versoeking kom om op te hou preek, kan ons almal by die voorbeeld van Paulus en Silas baat vind. Hulle het nie toegelaat dat vervolging hulle ontmoedig of laat swyg nie. Paulus het geskryf: “Alhoewel ons vantevore . . . gely het en mishandel is, het ons in onse God vrymoedigheid gehad om aan julle die evangelie van God te verkondig” (1 Thess. 2:2). Dit was deur krag van Jehovah dat hulle kon aanhou preek.

2 Jehovah is ons toevlug in tyd van teenspoed. Dit is op hom wat ons nederig ’n beroep om hulp doen (Ps. 18: 3,  4). Ons broers in die eerste eeu het Jehovah gevra om hulle te help om ‘sy woord met alle vrymoedigheid te spreek’ (Hand. 4:29). Jehovah het hierdie gebed beantwoord deur die dissipels met die heilige gees te vervul. Hy sal dieselfde vir ons doen.​—Hand. 4:31.

GRYP GELEENTHEDE AAN OM TE SPREEK

3 In elke gemeente word velddiensvergaderinge gereël om bemoedigende besprekings oor geestelike sake te voorsien voordat ons na die gebied gaan. Ondersteun jy hierdie vergaderinge wanneer moontlik? Dan sal jy aangemoedig word terwyl jy ook daarna streef om ander te versterk. Wanneer ons aan die velddiens deelneem, is daar ekstra geleenthede om mekaar te help en aan te moedig. Die pioniers en diegene wat meer tyd aan die bediening kan wy, is dalk veral in staat om die voordeel van hulle ondervinding met ander verkondigers te deel terwyl hulle van huis tot huis gaan. As ons wenke in die Redenering-boek. toepas, kan ons almal beter toegerus wees om met oortuiging te praat.

4 In sommige gebiede vind die broers dat talle mense bedags nie tuis is nie. Verskeie metodes kan gebruik word om hierdie mense te bereik. Sommige verkondigers doen straatwerk naby bushaltes en spoorwegstasies of voor deelhuise op tye wanneer mense werk toe gaan of huis toe kom. Ander neem die inisiatief om met mense te praat wat in hulle motors sit. In een gebied het twee susters wat op hierdie manier getuig het meer as 50 tydskrifte in minder as ’n uur versprei.

5 Waar lektuur by mense in openbare plekke gelaat word, kan jy dalk hulle huisadres kry en reëlings vir herbesoeke en Bybelstudies tref. Dit verg moed en vrymoedigheid om vreemdelinge te nader en gesprekke met hulle aan te knoop, maar die resultate kan uiters lonend wees. Dit is nodig om soos die apostels “met vrymoedigheid kragtens die outoriteit van Jehovah” te spreek.​—Hand. 14: 3,NW.

6 Baie sal vanjaar in ontoegekende gebied werk en dit verg ook vrymoedigheid. Ons verwag dat meer as 7 500 broers en susters gedurende vanjaar se kampanje aan hierdie werk sal deelneem. Sommige sal duisende kilometers vêr reis. Dit is ’n vreugde om te sien dat die broers gewillig aan hierdie aktiwiteit deelneem selfs al verg dit groot selfopoffering.

BIED DIE BOEKE MET VRYMOEDIGHEID AAN

7 Gedurende Julie is die lektuuraanbod Oorlewing tot in ’n nuwe aarde of Geluk​—hoe om dit te vind teen ’n bydrae van R2,00 elk. Albei hierdie publikasies bevat inligting wat lewensbelangrik is vir diegene wat na die waarheid honger en dors. Bied hierdie boeke met vertroue aan deur die huidige ‘Onderwerp vir gesprekke’ te gebruik. Gebruik die Redenering-boek vir ’n inleiding wat in julle gebied byval sal vind.

8 Toe Paulus die eerste keer deur Jesus genooi is om sy volgeling te wees, het hy met ywer gereageer en met vrymoedigheid gepreek (Hand. 9: 5, 15, 16, 20, 27, 28,  29). Ons moet sy voorbeeld navolg en aanhou om ’n deelname te hê aan die werk om God se Woord met vrymoedigheid te spreek.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel