Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/05 bl. 1
  • Hou aan om God se woord met vrymoedigheid te spreek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hou aan om God se woord met vrymoedigheid te spreek
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Volg Jesus na—Preek met vrymoedigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • ‘Spreek die Woord van God met vrymoedigheid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Getuig jy met vrymoedigheid?
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • Spreek God se Woord met vrymoedigheid
    Ons Koninkryksbediening—1988
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 10/05 bl. 1

Hou aan om God se woord met vrymoedigheid te spreek

1 As Christenbedienaars weet ons dat nie almal dit sal verwelkom as ons vir hulle getuig nie (Matt. 10:14). Maar ons laat nie toe dat die negatiewe reaksie van party ons daarvan weerhou om die goeie nuus bekend te maak nie (Spr. 29:25). Wat help ons om God se woord met vrymoedigheid te bly spreek?

2 Die apostel Paulus het “die oortreffende waarde van die kennis van Christus Jesus” besef. Dit het hom beweeg om met “sterk oortuiging” te praat (Fil. 3:8; 1 Tess. 1:5). Hoewel party die boodskap wat hy verkondig het, as swak en dwaas beskou het, het hy geweet dat dit “God se krag tot redding [is] vir elkeen wat geloof het” (Rom. 1:16). Hy het dus, selfs wanneer hy teëgestaan is, aangehou om “met vrymoedigheid te spreek op gesag van Jehovah”.—Hand. 14:1-7; 20:18-21, 24.

3 Die Bron van ons krag: Paulus kon nie in sy eie krag met vrymoedigheid getuig nie. Hy het van homself en Silas gepraat en geskryf: “Nadat ons . . . eers gely het en minagtend behandel is in Filippi, [het ons] deur middel van ons God die vrymoedigheid bymekaargeskraap . . . om met groot worsteling die goeie nuus van God tot julle te spreek” (1 Tess. 2:2; Hand. 16:12, 37). En terwyl Paulus ’n gevangene in Rome was, het hy gevra dat ander vir hom moet bid sodat hy kon aanhou om die goeie nuus bekend te maak ‘met vrymoedigheid soos hy behoort te spreek’ (Ef. 6:18-20). Omdat Paulus op Jehovah vertrou het en nie op homself nie, kon hy aanhou om God se woord met vrymoedigheid te spreek.—2 Kor. 4:7; Fil. 4:13.

4 Dit is vandag ook die geval. ’n Broer wat dit baie moeilik gevind het om by die werk te sê dat hy een van Jehovah se Getuies is en om informeel te getuig, het oor die saak gebid en begin getuig. ’n Werksmaat het in die begin sy pogings verwerp, maar toe hy van die opstandingshoop melding maak, het dit tot ’n Bybelstudie gelei. Van toe af het die broer elke geleentheid aangegryp om ’n getuienis te gee. By sy volgende werk het hy 34 mense oor ’n tydperk van 14 jaar gehelp om tot doop te vorder. Ons kan vol vertroue wees dat Jehovah ons ook sal versterk ‘om sy woord met alle vrymoedigheid te bly spreek’.—Hand. 4:29.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel