Vraebus
• Behoort pioniers lektuur vir gesinslede teen pioniertarief te bekom?
Dit is goed om in gedagte te hou waarom die Genootskap dit vir pioniers moontlik maak om lektuur teen ’n verminderde tarief te bekom. Dit is ’n liefdevolle voorsiening van die Genootskap, op hulle onkoste, om pioniers te help om van hulle uitgawes te dek. Pioniers moet lektuur kontant en nie op rekening nie bekom.
Alle verkondigers wat lede van ’n pionier se gesin is en wat nie pioniers is nie, hetsy kinders of volwassenes, moet dus hulle lektuur en tydskrifte vir velddiens en persoonlike gebruik teen die gewone verkondigertarief bekom.