Vergaderinge om ons te help dissipels maak
LET WEL: In Ons Koninkryksbediening sal daar ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende Desember wees. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak met die oog op die bywoning van die streekbyeenkoms en dan reël dat daar die week na die byeenkoms tydens die Diensvergadering ’n hersiening van 30 minute van die programglanspunte is. Die hersiening van elke dag kan voor die tyd aan twee of drie bekwame broers toegewys word wat sleutelgedagtes sal kan beklemtoon. Hierdie goed voorbereide hersiening sal die broers help om sleutelgedagtes te onthou wat hulle persoonlik kan toepas en in die veld kan gebruik. Enige ondervindinge of beperkte gehoordeelname wat ingesluit word, moet kort en saaklik wees.
WEEK WAT BEGIN MET 29 NOVEMBER
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Hersien tydskrifaanbiedings vir Saterdag se tydskrifwerk.
20 min: “Help kinders om Jehovah te loof.” Vrae en antwoorde. Demonstreer hoe ’n ouer ’n kind kan help om die huidige ‘’Onderwerp vir gesprekke’ voor te berei en dit by die aanbod van die Bybelverhale-boek in te skakel.
15 min: “Sluit vergaderinge by jou vakansieplanne in.” Bespreek artikel met gehoor, en verduidelik hoe ’n mens die adresse van Koninkryksale kan opspoor wanneer jy van die huis af weg is. Vra kommentare wat toon hoe sommige daarby baat gevind het om tydens vakansies met ander gemeentes om te gaan. Sluit af deur almal wat aan die vereistes voldoen aan te spoor om aan die velddiens deel te neem en die Bybelverhale-boek of “Kyk” brosjure op eerste Sondag in Desember aan te bied.
Lied 126 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 6 DESEMBER
10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek tydskrifaanbiedings, en spoor almal aan om op die tweede Saterdag tydskrifwerk te doen.
15 min: “Getuig as ’n gesin gedurende Desember.” Vrae en antwoorde. Reël dat ’n voorbeeldige gesin bespreek hoe hulle gedurende Desember hul diens as ’n gesin kan vermeerder, en hoe hulle ’n rooster vir hulle diens gaan opstel. Komende streekbyeenkoms sal uitstekende geleenthede bied om te preek terwyl ons op reis is. Almal word aangespoor om hulle lapelkaarte te dra. Wanneer ons ons lapelkaarte dra, word ander se nuuskierigheid dikwels geprikkel en lei dit tot gesprekke.
20 min: Hoe die bywoning van streekbyeenkomste deur die jare heen my geloof versterk het. Voer ’n onderhoud met etlike van die meer ervare en waarderende verkondigers, en vra hulle uit oor ondervindings aangaande streekbyeenkomsbywoning en die voordele wat daaruit gespruit het. Kan ook Watch Tower Publications Index raadpleeg vir gepaste, bemoedigende ondervindings.
Lied 10 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 13 DESEMBER
10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Meld erkenning van enige bydraes wat gestuur is aan die Genootskap en om sendelinge te help om die 1988-streekbyeenkomste by te woon. Verduidelik spesiale reëlings vir getuieniswerk gedurende die vakansietydperk.
20 min: “Bied die goeie nuus aan —Gebruik doeltreffende inleidings.” Vrae en antwoorde. Demonstreer die twee inleidings wat in paragraaf 4 gemeld word. Ontleed saam met gehoor waarom hulle doeltreffend is.
15 min: Ervaar jy die groter geluk van mededeelsaamheid?, toespraak deur ouere man gebaseer op eerste artikel in Ontwaak! van 22 November 1987.
Lied 184 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 20 DESEMBER
15 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Demonstreer tydskrifaanbiedings wat op vierde Saterdag gebruik kan word, en pas dit aan by vakansietydperk. Bespreek met gehoor hoe ons moet reageer op feesgroete as ons velddiens doen. (Kyk Index vir 1930-1985 onder opskrif “House-to-House Preaching”, tussenhofie “Christmas season”.)
20 min: Hou doeltreffende Bybelstudies. Spoor almal aan om Bybelstudies, met inbegrip van gesinstudies, so te hou dat die hart bereik word. Hersien ’n paar van die gedagtes wat uiteengesit word in die venster op bladsy 24 van Die Wagtoring van 1 November 1986 onder die vraag “Hoe kan jy seker wees dat jy jou kind se hart bereik?”, sowel as sommige gedagtes in die artikel “Bereik die hart wanneer jy onderrig” op bladsye 13-17 van Die Wagtoring van 1 Augustus 1984. Gebruik ’n pionier wat welslae behaal om aan die hand van een of twee paragrawe van hoofstuk 1 van die Paradys op aarde-boek te demonstreer hoe ’n paar van hierdie punte tydens ’n Bybelstudie gebruik kan word.
10 min: “Gebruik die Teokratiese Bedieningskool om vooruitgang te maak.” Bespreking deur Teokratiese Bedieningskool-opsiener. Bring veranderinge in Teokratiese Bedieningskool vir 1988 na vore. Spoor plaaslike verkondigers aan om die Teokratiese Bedieningskool gereeld by te woon en dit goed te benut ten einde bekwamer in hulle Christelike bediening te word.
Lied 165 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 27 DESEMBER
15 min: Plaaslike aankondigings. Spoor almal aan om reëlings vir vakansiegetuieniswerk hierdie naweek, wat eerste Sondag in Januarie insluit, te ondersteun. Bespreek lektuuraanbod vir Januarie.
15 min: Plaaslike behoeftes of “Is jy weetgierig?” Toespraak oor artikel in Die Wagtoring van 1 Februarie 1987. Maak plaaslike toepassing van gedagtes na gelang van gemeente se behoeftes.
15 min: Boekstudiehouer voer onderhoud met individu(e) of gesin in sy studiegroep. Vra hulle hoe lank hulle in waarheid is, waarom die waarheid hulle aangetrek het, watter beproewinge hulle die hoof moes bied om in die waarheid in te kom, watter struikelblokke hulle te bowe moes kom om standvastig in die waarheid te bly, ensovoorts.
Lied 116 en slotgebed.