Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/87 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—1987
Ons Koninkryksbediening—1987
km 12/87 bl. 7

Aankondigings

• Lektuuraanbod vir Desember: My boek met Bybelverhale teen ’n bydrae van R5,00. Die “Kyk”-brosjure kan ook teen ’n bydrae van 60c aangebied word. Januarie en Februarie: Enige twee van die ouer sakformaatboeke wat die gemeente in voorraad het teen ’n bydrae van R1,00 elk. Kan “Ewige voorneme”, Woord van God, Goeie nuus, Vrede en veiligheid (ou uitgawe), Hierdie lewe en Waarheid insluit. (Gemeentes kan hierdie boeke van die Genootskap bestel, behalwe Vrede en veiligheid [ou uitgawe] en “Ewige Voorneme”.) (Engels: Commentary on James, “Eternal Purpose”, Evolution [ou uitgawe], Good News, Holy Spirit, Peace and Security [ou uitgawe], This Life en World Government. Hierdie boeke kan nie van die Genootskap bestel word nie. As gemeente hulle nie in voorraad het nie, kan “Kingdom Come” bestel word en teen die gewone bydrae van R2,00 versprei word.) Maart: Lewe​—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping? teen ’n bydrae van R5,00. Die klein uitgawe is R2,50.

• Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeenterekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer.

• Ons wil voorstel dat alle gemeentes die nuwe jaarteks teen 1 Januarie 1988 vertoon.

• Ons stel voor dat almal Josua 1:1 -10:15 lees as voorbereiding vir een van die dramas wat by die “Vertrou op Jehovah”-Streekbyeenkoms aangebied gaan word.

• Aangesien die byeenkoms vanjaar op Vrydag, Saterdag en Sondag gehou sal word, sal die gereelde Gemeentelike Boekstudie gedurende die byeenkomsweek gehou word.

• Die Gedenkmaal sal in 1988 op 1 April na sononder gehou word. Gedenkmaaluitnodigings kan in hoeveelhede van 250 teen R2,00, 500 teen R4,00 en 1 000 teen R8,00 op die spesiale blou Bestelvorm vir Gedenkmaaluitnodigings bestel word. Ons stuur twee vorms saam met die staat vir November aan gemeentes. Ons sal dit waardeer as julle dit so gou moontlik invul en terugstuur. Julle gemeente se lektuurrekening sal met die koste van die uitnodigings gedebiteer word. Die geld daarvoor moet ingesluit word by die bedrag wat vir lektuur ingestuur word. Moet asseblief nie die bedrag vir uitnodigings afsonderlik op die geldsendingvorm aangee nie. Die enigste uitsondering hierop is as julle gemeente nie ’n rekening by die Genootskap het nie, of as julle lektuurrekening ’n nadelige saldo het. In daardie geval moet die korrekte kontantbedrag die bestelvorm vergesel.

• Presiderende opsieners, sekretarisse en broers wat na die rekeninge omsien, moet seker maak dat hulle die Genootskap se bankrekening by Standardbank, Krugersdorp, Nr. 02-143-510-3 gebruik en NIE die een in Isando nie. Die rekening by die Isando-tak gaan binnekort gesluit word, en ons sal dus julle samewerking in hierdie saak waardeer.

• Gemeentes moet die 1988 Yearbook of Jehovah’s Witnesses begin bestel. Verkondigers en pioniers moet asseblief hulle jaarboeke deur die gemeente bestel. Gemeentes behoort nou al bestellings vir hierdie jaarboeke te neem. Stuur dan hierdie bestelling op 1 Desember 1987 of so gou moontlik daarna aan die Genootskap op die gewone lektuurbestelvorm S-14). Die jaarboeke sal beskikbaar wees in Duits, Engels, Grieks, Italiaans, Nederlands en Portugees. Totdat die jaarboeke beskikbaar is en uitgestuur word, sal dit as “Will send later” op gemeentelike fakture verskyn. Gemeentes moet slegs die hoeveelheid jaarboeke bestel waarvoor daar gevra word. Geldsendings moet nie gemeentelike bestellings vergesel nie, behalwe waar gemeentes nie ’n rekening by die Genootskap het nie of waar hulle rekening ’n nadelige saldo het. In sulke gevalle moet kontant die bestelling vergesel. Die jaarboeke is beheerde items en die lektuurrekening sal met R2,00 per eksemplaar gedebiteer word. Dit is die prys vir verkondigers en die publiek. (Kyk Pryslysinstruksies, paragrawe 19-21.) Gewone en spesiale pioniers wat voor 1 Julie 1987 op die lys was, kan ’n gratis eksemplaar verkry waarvoor die gemeente op die Remittance and Credit Request-vorm (S-20) krediet kan aanvra. Pioniers kan bykomende eksemplare teen Rl,00 elk verkry. (Aan sekretaris: Laat gemeente asseblief weet wanneer die jaarboeke ontvang word, sodat almal wat bestel het hulle eksemplare kan kry.)

• Permanent uit voorraad in Suid-Afrika:

Is daar ’n God wat omgee?—Suid-Sotho

• Die Genootskap het steeds ’n voorraad van die Yearbook van die volgende jare: 1975,1976,1977,1980,1981,1986,1987. Elke eksemplaar kan teen die verlaagde tariet van 25c bekom word. Gemeentes kan krediet aanvra vir enige van hierdie ouer jaarboeke wat hulle reeds in voor­raad het wanneer verkondigers eksem-plare afhaal.

• Die volgende publikasies is nou in tweedegraadse Engelse Braille beskik-baar:

Ondersoek die Skrif elke dag—1988 (vier dele: R10,00)

Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 1988 (gratis op aanvraag)

Stuur bestellings vir Braillepublikasies asseblief afsonderlik aan die Genootskap asook die naam en adres van die persoon wat dit sal gebruik. Sluit geldsending in. Moet dit nie by gemeentebestellings vir gedrukte lektuur insluit nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel