Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/87 bl. 4
  • Besoek aan Bethel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Besoek aan Bethel
  • Ons Koninkryksbediening—1987
Ons Koninkryksbediening—1987
km 11/87 bl. 4

Besoek aan Bethel

1 Ons is bly dat ons sedert die toewyding in Maart 1987 soveel duisende besoekers by Bethel gesien het. Ons hoop julle het die besoek geniet en dat dit vir baie meer in die toekoms moontlik sal wees om te kom. Besoekers is baie welkom!

2 Ten einde julle te help om julle besoek ten volle te geniet, herinner ons julle daaraan dat ’n toer van die Bethelkompleks ten minste twee uur sal duur. Probeer dus om op die laatste teen 10:00 vm. hier op te daag as julle beplan om in die oggend op toer te gaan; dan sal julle jul nie hoef te haas om die toer teen 11:55 vm. te voltooi nie. Bethel sluit vanaf 11:55 vm. tot 1:00 nm. vir middagete. Dit spyt ons dat ons nie diegene wat vir ’n toer kom na middagete kan uitnooi nie aangesien ons nie genoeg plek in ons eetsaal het nie. Die Bethelgesin kan van tyd tot tyd persoonlike vriende vir ’n ete saam met die gesin nooi as ons plek het.

3 Vir diegene wat verkies om hulle toer in die middag te doen, is enige tyd vanaf 1:00 nm. geleë, maar verkieslik nie later as 3:00 nm. nie, sodat julle die toer kan voltooi voordat ons om 5:10 nm. sluit. Toere is ook moontlik op Saterdagoggende, maar hou asseblief in gedagte dat ons om 11:55 vm. sluit; tensy jy jou toer dus op die laatste om 10:00 vm. begin, sal jy nie alles sien nie.

4 Daar is ’n selfdienboekwinkel waar enigiemand wat Bethel besoek, of broers van nabygeleë gemeentes, welkom is om lektuur en tydskrifte te bekom. Weeksdae is dit oop vanaf 8:00 vm. tot 5:10 nm. en Saterdae vanaf 8:00 vm. tot 11:55 vm. Ons stel voor dat julle vroeg genoeg kom om julle benodigdhede te kies en daarvoor te betaal eerder as om kort voor sluitingstyd hier aan te kom. Pioniers wat lektuur wil bekom, moet hulle pionieridentifikasiekaart toon en kan enige hoeveelheid lektuur wat hulle nodig het, bekom.

5 Dit sal paslik wees om iets te sê oor die soort kleredrag wat vir besoekers by Bethel betaamlik is. Die meeste het goed aandag geskenk aan wat gesê word in Georganiseer om ons bediening te vervul, bladsy 131, paragraaf 2: “Dieselfde geld wanneer ons die Bethelhuis te Brooklyn of enige van die Genootskap se takkantore besoek. Onthou, die naam Bethel beteken ‘Huis van God’, en daarom moet ons kleredrag, persoonsversorging en gedrag dieselfde wees as wat van ons verwag word wanneer ons vergaderinge vir aanbidding by die Koninkryksaal bywoon.” Dit sal goed wees om dit, veral met nuwe belangstellendes, te hersien voordat jy op ’n toer kom.

6 Ons nooi graag almal wat nie die geleentheid gehad het nie uit om ons by die nuwe Bethelkompleks te kom besoek. Ons sien uit daarna om julle te sien!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel