Hersiening vir Teokratiese Bedieningskool
Gesloteboek-hersiening van materiaal in die Bybel, Bybelonderwerpe vir bespreking [tdAF], “All Scripture Is Inspired of God and Beneficial” [si], en weeklikse Skrifgedeeltes wat gedek is deur toewysings vir die weke vanaf 1 November tot 20 Desember 1987.
[Let wel: Verwysings na die boek si en na tdAF aan die einde van ’n vraag mag slegs gebruik word nadat die hersiening klaar is. Die Bybel kan egter gebruik word om enige vraag te beantwoord.]
Dui aan of die volgende stellings Waar of Onwaar is:
1. Die Jode het in werklikheid beter geleenthede as enige ander mense om gered te word. [tdAF 40B]
2. Die Bybel waarsku vervolgers van God se knegte duidelik.[tdAF 50F]
3. Die Bybel veroorloof nie gebede vir hierdie wêreld nie. [wAF 14B]
4. Hoewel rasse nie afsonderlike skeppings is nie, is hulle nogtans nie gelyk nie. [tdAF 44A]
5. Ten einde God se “skape” te beskerm, moet valse leiers blootgelê word. [tdAF 22D]
6. Selfs diegene wat ’n geloof bely, moet op hul wandel let. [tdAF 22F]
7. Toe Esra 1 Kronieke opgeteken het, het hy sorg geneem om net soveel aandag aan die geskiedenis van die koninkryk van Israel as aan die van Juda te skenk. [si bl. 75 par. 3]
8. Die Sulammitiese meisie was so standvastig soos ’n muur in haar vasbeslotenheid om rein te bly en het nie maklik, soos ’n swaaiende deur, toegegee nie (Hooglied 8:8-10). [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 15/11 bl. 25.]
9. Hooglied 3:5 toon duidelik dat dit nie moontlik is om vir sommer enigiemand romantiese liefde te hê nie. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 15/11 bl. 24.]
10. Jesaja 6:9, 10 toon dat Jehovah geweet het wat mense se hartsgesindheid teenoor die goddelike boodskap sou wees. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF74 bl. 407 (w74 bl. 320)]
Beantwoord die volgende vrae:
11. Watter hedendaagse bevestiging het ons van die verslag oor kopervoorwerpe in 2 Kronieke 4:18? [si bl. 79 par. 4]
12. Watter eertydse monarg het meer as 1 600 kilometer gereis om self die luister van Salomo se koninkryk te sien? [si bl. 81 par. 13]
13. Watter koning van Juda het die grootste deel van sy 52-jarige heerskappy goed geheers, uiteindelik hoogmoedig geword en hom aangematig om die priesterlike plig om wierook te offer oor te neem, waarna hy met melaatsheid geslaan is? [si bl. 83 par. 24]
14. Watter koning van Juda het afgodsbeelde laat verwyder, die tempel herstel en in besit gekom van ’n afskrif van die Wet van Moses wat in die tempel gevind is? [si bl. 84 par. 31]
15. Hoe is die hart volgens Prediker 10:2 (NW) ‘aan die regterhand’? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 15/9 bl. 25.]
16. Wat word in Prediker 11:1 bedoel met ‘werp jou brood uit’? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 15/9 bl. 25.]
17. Waarom het Prediker 12:12 so ’n negatiewe beskouing van boeke? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF87 15/9 bl. 25.]
18. In watter twee tale is die boek Esra oorspronklik geskryf? [si bl. 85 par. 5]
19. Hoe het ’n Israeliet se hartsmotief volgens Jesaja 1:11-15, verband gehou met die aanvaarbaarheid van sy offers? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF79 1/8 bl. 12 par. 6 (w79 1/5 bl. 18 par. 6)]
20. Wanneer het “die wortel van Isai” volgens Jesaja 11:10 (NW) “opgestaan”? [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk si bl. 198 par. 37, 38.]
Vul die ruimtes in die volgende stellings in:
21. Die lyding van․․․․․․․is in profesie in Deuteronomium 28:15,49-53 voorspel. [tdAF 40D]
22. Rasseprobleme sal deur․․․․․․․opgelos word. [tdAF 44B]
23. Die․․․․․․․ras is nie die gevolg van ’n vloek nie. [tdAF 44C]
24. Die slegtheid van valse godsdiens is nie bewys dat geen․․․․․․․bestaan nie. [tdAF 22H]
25. Die uitgebreide geslagslyste in 1 Kronieke 1:1-9:44 is op․․․․․․․gebaseer. [si bl. 76 par. 9]
Onderstreep die korrekte antwoord in die volgende stellings:
26. Mense het nie (geld; inspanning; gebed) nodig om die waarheid te bekom nie. [tdAF 35I]
27. Toe die verbondsark na Jerusalem geneem is, het (Asaf; Ussa; Sadok) gesterf omdat hy God se instruksies oneerbiedig veronagsaam het. [si bl. 77 par. 14]
28. Tweede Kronieke is ongeveer (537 v.G.J.; 515 v.G.J.; 460 v.G.J.) deur Esra voltooi. [si bl. 79 par. 1]
29. Toe Juda deur ’n oorweldigende krygsmag van eenmiljoen Ethiopiërs bedreig is, het (Rehabeam; Josafat; Asa) tot Jehovah om hulp gebid. [si bl. 81 par. 16]
30. In sy hedendaagse toepassing beeld “Assur” in Jesaja 10:5 (die Verenigde Volke; die Christendom; Satan) af. [Weeklikse Skrifgedeelte; kyk wAF76 bl. 158 par. 5 (w76 bl. 48 par. 5)]
Kies die vyf tekste uit die volgende wat by die stellings hieronder pas:
Jes. 2:2, 3; Matt. 7:20; Luk. 21:17-19; Joh. 10:27-29; Hebr. 11:10, 16; Jud. 5
31. Die Joodse vaders het hul hoop op die Koninkryk gevestig. [tdAF 40C].
32. Hoewel vervolging uit baie bronne kan kom, hoef geeneen gevrees te word nie. [tdAF 50B]
33. Afvalliges kan God se “skape” nie verhinder om die waarheid te hoor nie. [tdAF 50E]
34. “Eenmaal gered, altyd gered”, is onskriftuurlik. [tdAF 43B]
35. Ondanks die baie gelowe kan die ware geloof geïdentifiseer word. [tdAF 22B]