Vergaderinge om ons te help dissipels maak
WEEK WAT BEGIN MET 1 NOVEMBER
10 min: Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening en plaaslike aankondigings.
25 min: “Soek eers die Koninkryk.” Vrae en antwoorde. Laat ’n ervare verkondiger aanbieding in paragraaf 4 demonstreer.
10 min: Vraebus. Bespreking deur presiderende opsiener, met gehoordeelname. Beklemtoon inligting oor watter boeke in tuisbybelstudies gebruik kan word. Die wat gemeld word, moet gebruik word as dit in die taal van die student beskikbaar is.
Lied 146 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 8 NOVEMBER
8 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Meld Genootskap se erkenning van alle bydraes, asook donasies vir sendingreise.
15 min: “Bied die goeie nuus aan —deur gesprekdempers te bowe te kom.” Vrae en antwoorde. Demonstreer kortliks, na gelang van tyd, wenke oor hoe gesprekdempers te bowe gekom kan word.
15 min: Bemoediging van die pioniers. Voer onderhoud met twee of drie wat gedurende die afgelope jaar as gewone pioniers begin dien het. Wat het hulle beweeg om as pioniers aansoek te doen? Watter struikelblokke was in hulle weg, en hoe het hulle dit oorbrug? Watter bemoediging sal hulle gee aan ander wat die pionierdiens wil betree? As daar geen nuwe gewone pioniers in die gemeente is nie, kan soortgelyke onderhoude met hulppioniers gevoer word.
7 min: Ondersoek die Skrif elke dag. Toespraak gebaseer op die dag se teks en kommentaar. Spoor daaglikse bespreking van teks aan. Nooi almal om die naweek aan bedrywigheid vir tydskrifdag deel te neem.
Lied 21 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 15 NOVEMBER
5 min: Plaaslike aankondigings.
17 min: “Help onbedrywige persone.” Vraag-en-antwoordbespreking. Wanneer paragraaf 4 bespreek word, gee diensopsiener ’n demonstrasie van vyf minute oor hoe hy besoeke begin en watter publikasie gebruik sal word deur die twee ouere manne wat die eerste besoek doen.
8 min: “’n Besoek aan Bethel.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel.
15 min: Jongmense, het julle geestelike doelwitte? Toespraak deur ervare broer wat jong persone aanmoedig om geestelike doelwitte te stel. Jongmense kom vandag voor talle aanloklike, wêreldlike doelwitte te staan. Die wêreld oefen sterk invloed uit. Watter gesindheid moet ons teenoor hierdie versoekings hê? (1 Joh. 2:15, 16). Waarom? (1 Joh. 2: 17). Aangesien wêreld verbygaan, sal dit onverstandig wees om rykdom en ’n posisie in hierdie wêreld na te jaag (1 Tim. 6:9, 10). Ons moet eerder vandag in Jehovah se diens bedrywig wees (Matt. 24:14; 28:19). Kan doelwitte stel soos om land se gemiddelde ure vir verkondigers te bereik, herbesoeke te doen, ’n Bybelstudie te hou, gedoop te word, ander jongmense te help, die bejaardes te help, hulppionierdiens te doen, gewone pionierdiens te doen, te dien waar daar meer hulp nodig is en Betheldiens (Matt. 6: 33). Waarom is ’n leeftyd van diens aan Jehovah die beste doelwit? (Pred. 12:1). Ons ontvang hulp van Jehovah en kom nader aan hom en sy Seun as ons geestelike doelwitte stel (Jak. 4:8). Voer onderhoud met twee of drie voorbeeldige jongmense wat geestelike doelwitte in hulle lewe nastreef en seëninge daardeur ontvang, of voer onderhoud met ouer persone wat doelwitte gestel het en hulle bereik het.
Lied 183 en slotgebed.
WEEK WAT BEGIN MET 22 NOVEMBER
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Meld reëlings vir velddiens op tydskrifdag.
20 min: “Wees geestelik voorberei vir skool volgende jaar.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Demonstreer hoe vader “Godsdiens en gebed” en “Oggendbyeenkoms” met tiener bespreek wanneer paragraaf 3 gedek word. Tiener gretig om leiding van Genootskap te volg. Wanneer paragraaf 5 bespreek word, kan jong verkondiger inligting oor “Sport en veldskole” op bladsy 22 van brosjure met onderwyser bespreek. Na gelang van tyd, kan gehoor interessante ondervindinge oor gesprekke met onderwysers vertel.
15 min: Plaaslike behoeftes. Sekretaris kan rapportering van velddienstyd en Bybelstudies bespreek. Beklemtoon dat individuele rapporte stiptelik aan die einde van die maand ingegee moet word. Lied 96 en slotgebed.