Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/87 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 30 AUGUSTUS
  • WEEK WAT BEGIN MET 6 SEPTEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 13 SEPTEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 20 SEPTEMBER
  • WEEK WAT BEGIN MET 27 SEPTEMBER
Ons Koninkryksbediening—1987
km 9/87 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 30 AUGUSTUS

Lied 142

10 min: Plaaslike aankondigings en Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Spoor gemeente hartlik aan om reëlings vir werk in ontoegekende gebied gedurende laaste maand van kampanje ten volle te ondersteun. Herinner verkondigers daaraan om Skepping-boeke en ander noodsaaklike voorrade vir velddiens te bekom. Spoor almal aan om op eerste Sondag van maand aan huis-tot-huiswerk deel te neem. Program wat hierop volg is daarop gemik om ons gedurende September te help met aanbieding van Skepping-boek.

20 min: “Verkondig vrylating aan die gevangenes.” Gehoorbespreking. Broer lees paragrawe. Demonstreer kortliks, wanneer paragraaf 6 bespreek word, hoe ’n skoolgaande verkondiger (a) Skepping-boek vir ’n onderwyser en (b) vir ’n skoolmaat aanbied. Beklemtoon illustrasies wanneer aanbod gemaak word.

15 min: Gemeentelike Boekstudiehouer vergader saam met ’n gesin om hulle vir Sondag se velddiens te help voorberei. Sommige in gesin skrikkerig om met Skepping-boek te werk. Bang dat vrae geopper sal word wat hulle nie kan beantwoord nie. Boekstudiehouer toon dat dit nie nodig is om alle aspekte van die evolusieteorie te weerlê nie. Ons kan huisbewoner wys waarom dit redelik is om in die skepping te glo. Blaai na bladsy 379 van Redenering-boek, kies gedagtes uit eerste tussenhofie onder “Skepping”. As vraag oor lengte van skeppingsdae opduik, kan redenasie op bladsy 383 gebruik word. Kan na bladsye 125-133 blaai en spesifieke gedagtes met huisbewoner bespreek as opregte vrae oor evolusie geopper word. Moenie onnodig oor evolusie stry met diegene wat baie krities oor Bybel is nie. Bespreek ‘Onderwerp vir gesprekke’ en hoe om dit by aanbod aan te pas. Een gesinslid maak ten slotte vir ’n ander die aanbod soos voorgestel in paragraaf 6 van artikel “Verkondig vrylating aan die gevangenes”.

Lied 79 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 6 SEPTEMBER

Lied 98

10 min: Plaaslike aankondigings en rekeningverslag. Vra gehoor om te vertel wat in Teokratiese Nuus hulle beïndruk het. Sluit af met plaaslike ondervindinge, veral enige in verband met aanbod van Skepping-boek of onlangs in tydskrifwerk. Spoor broers aan om hierdie Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem.

10 min: “Die gees wat Jehovah seën.” Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 1 Augustus 1987, bladsye 26-29. Prys gemeente vir regte gees wat hulle openbaar.

15 min: “Stel doelwitte wat sal help om jou geloof sterk te hou.” Vraag-en-antwoordbespreking. Laat jongmense, ouers, knegte of pioniers gedagtes met gehoor deel oor persoonlike doelwitte wat hulle gestel het.

10 min: Vraebus. Bespreking deur bekwame opsiener. Bespreek ook teksverwysings.

Lied 144 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 13 SEPTEMBER

Lied 115

5 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: “Skenk aandag aan die bejaardes in ons midde.” Vraag-en-antwoordbespreking.

15 min: “Te oud om te leer?​—‘Nooit!’” Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 Oktober 1982, bladsye 4-7.

10 min: Ouere man voer onderhoud met ’n paar voorbeeldige bejaardes in die gemeente. Hoe lank dien hulle Jehovah al? Wat het hulle gehelp om te volhard? Wat help hulle om hulle vreugde te behou ondanks probleme wat met die ouderdom gepaard gaan? Was ander knegte van Jehovah ’n bron van hulp en bemoediging vir hulle? Op watter maniere? Watter vreugdes het hulle in hul bediening gesmaak?

Lied 116 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 20 SEPTEMBER

Lied 162

10 min: Plaaslike aankondigings. Bespreek kortliks tydskrifartikels wat hierdie week beklemtoon kan word.

15 min: Tydskrifverspreiding. Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 1 Maart 1987, bladsye 17-20. Beklemtoon inligting in venster op bladsy 18. Sluit sommige ondervindinge in artikel in na gelang van tyd. Spoor deelname aan tydskrifwerk op vierde Saterdag aan.

20 min: “Bied die goeie nuus aan​—Getuig informeel.” Vraag-en-antwoordbespreking. Vra diegene wat deur informele getuienis die eerste keer met die waarheid in aanraking gekom het, om hande op te steek. Laat ’n ondervinding of meer vertel word na gelang van tyd.

Lied 192 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 27 SEPTEMBER

Lied 193

15 min: Plaaslike aankondigings. Spoor broers aan om op eerste Sondag van maand aan huis-tot-huisgetuieniswerk deel te neem. Kry tydskrifte vir tydskrifdag op Saterdag asook vir Sondag se intekeningaanbod. Wys tydskrifte wat gebruik gaan word en meld gedagtes uit artikels wat by huisbewoners in julle gebied byval sal vind. Laat pionier of bekwame verkondiger die gebruik van ‘Onderwerp vir gesprekke’ demonstreer en dit by die intekeningaanbod aanpas. Lewer kortliks verslag oor ontoegekende gebied-kampanje en vra om een of meer ondervindinge.

15 min: “Intekeninge​—‘Wysheid wat roep’!” Toespraak gebaseer op bylae tot Ons Koninkryksbediening vir Mei 1983, paragrawe 6-22. Beklemtoon spesifieke gedagtes wat verkondigers sal help om intekeninge bekwaam aan te bied. Positiewe gesindheid teenoor intekeningaanbod belangrik.

15 min: Plaaslike behoeftes of toespraak gebaseer op artikel “Bou geloof om berge te versit” in Die Wagtoring van 15 Julie 1987, bladsy 4-7.

Lied 181 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel