Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/87 bl. 1-4
  • Stel doelwitte wat sal help om jou geloof sterk te hou

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Stel doelwitte wat sal help om jou geloof sterk te hou
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • IN DIE BEDIENING EN IN PERSOONLIKE STUDIE
  • JONGMENSE EN OUERS
  • Stel persoonlike doelwitte vir die nuwe diensjaar
    Ons Koninkryksbediening—1988
  • Jongmense—Wat is julle geestelike doelwitte?
    Ons Koninkryksbediening—1997
  • Streef julle as ’n gesin geestelike doelwitte na?
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Jongmense—streef verdienstelike doelwitte na
    Ons Koninkryksbediening—1987
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1987
km 9/87 bl. 1-4

Stel doelwitte wat sal help om jou geloof sterk te hou

1 Sterk geloof in Jehovah en in sy Koninkryksheerskappy deur Christus Jesus is nodig as ons God wil behaag (Hebr. 11:6). Dit maak ’n goeie verhouding met hom moontlik, en dit hou die hoop van die ewige lewe wakker. Maar soos die apostel Paulus verduidelik het: “Die geloof is nie die deel van almal nie.” Aangesien ons weet dat dit sonder geloof onmoontlik is om God te behaag en dat lewens op die spel staan, het ons goeie redes om ’n sterk geloof te behou terwyl ons “die voleinding van die wêreld” tegemoetgaan.​—2 Thess. 3:2; Matt. 24:3, 36, vgl. NW.

2 Wat kan ons help om ons geloof gedurende die nuwe diensjaar sterk te hou? Teokratiese doelwitte kan ons help om dit te doen. Wanneer redelike doelwitte met betrekking tot die veldbediening en ander lewensterreine gestel word, kan baie verrig word —tot ons eie voordeel en tot eer van ons hemelse Vader.

IN DIE BEDIENING EN IN PERSOONLIKE STUDIE

3 Ons persoonlike bekwaamhede in die bediening kan grootliks verskil. Tog is ywerige diens, hoewel beperk deur omstandighede buite ons beheer, vir Jehovah welgevallig. Dit is toegelig deur ’n arm weduwee se heelhartige bydrae van twee geldstukkies (Luk. 21:1-4). Dalk is daar nietemin maniere waarop elkeen gedurende die nuwe diensjaar in die bediening vooruitgang kan maak. Sommige kan miskien elke maand meer tyd aan die bediening wy. Kan jy ’n rooster opstel wat jou in staat sal stel om op die een of ander tyd gedurende die jaar ’n maand of langer hulppionierdiens te doen? Of kan jy miskien daarna streef om ’n gewone pionier te word? As jy nou vaste planne maak, kan dit jou help om so ’n doelwit te bereik.

4 ’n Ander belangrike doelwit is om meer by persoonlike studie baat te vind. Ten einde dit te bereik, kan jy beplan om die Bybel teen ’n sekere tyd deur te gelees het. Jy kan elke week ’n spesifieke tyd opsysit vir persoonlike studie en dan by jou rooster bly. Gebruik die materiaal in die velddiens, bespreek dit met ander of pas dit persoonlik op ander maniere toe om jou te help om dit ten volle in te neem en dit jou eie te maak.

JONGMENSE EN OUERS

5 ’n Doelwit wat jongmense moet oorweeg, is om by die skool bekwaam vir onderwysers en klasmaats te getuig. Een jong Getuie het van die Skool-brosjure gesê: “Dit het dit vir ons baie makliker gemaak om met onderwysers en mede-leerlinge oor ons geloof te praat.” Het jy probeer om die inligting in die Skool-brosjure te gebruik? Jy sal moontlik moed bymekaar moet skraap, maar jy kan vol vertroue wees dat Jehovah jou pogings sal seën.

6 Jongmense, stel julle dit ten doel om nie toe te laat dat onheilsame invloede soos slegte omgang, dwelms en onsedelikheid julle gedurende die maande wat voorlê benadeel nie! Hersien die materiaal in die Skool-brosjure, en laat dit julle help om die onkreukbaarheidstoetse wat julle op skool kan teëkom te deurstaan.

7 Daar is dalk verskeie aspekte van jou lewe en bediening wat jy graag wil verbeter. Dit sal ’n mate van opoffering verg om doelwitte wat jy vir jouself en jou gesin stel te bereik. Maar wanneer jy in ag neem dat die dinge van hierdie wêreld ‘verbygaan’, sal jy jou wil inspan om God se goedkeuring te verkry (1 Joh. 2:17). Neem jou dus voor om jou geloof en die van jou gesin sterk te hou wanneer jy nadink oor die afgelope diensjaar en vorentoe kyk na die nuwe een wat nou begin. Stel doelwitte vir jouself, en streef ywerig daarna om hulle te bereik.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel