Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 7/87 bl. 2
  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vergaderinge om ons te help dissipels maak
  • Ons Koninkryksbediening—1987
  • Onderhofies
  • WEEK WAT BEGIN MET 5 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 12 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 19 JULIE
  • WEEK WAT BEGIN MET 26 JULIE
Ons Koninkryksbediening—1987
km 7/87 bl. 2

Vergaderinge om ons te help dissipels maak

WEEK WAT BEGIN MET 5 JULIE

Lied 192

10 min: Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening en plaaslike aankondigings. Demonstreer twee kort tydskrifaanbiedings wat gepas is vir plaaslike gebied, en spoor almal aan om hierdie Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem. Meld name van hulppioniers vir Julie, en spoor ander aan om saam met die pioniers in die bediening te werk.

20 min: ‘Ons moet ons op goeie werke toelê’ Ontwikkel materiaal aan die hand van vrae aan die gehoor, met inbegrip van vrae wat plaaslike toepassing vereis. Wanneer paragraaf 6 bespreek word, kan een of twee kort, voorbereide ondervindinge ingesluit word oor getuieniswerk terwyl die individu weg was van die huis. Bespreek ook nuwe ‘Onderwerp vir gesprekke’ en demonstreer dit saam met die aanbieding van die Paradys op aarde-boek.

15 min: “Waardering vir die huis wat Jehovah gebou het.” Opregte en geesdriftige toespraak deur ouere man oor paragrawe 1-12 van byvoegsel met ’n mate van gehoordeelname. Beklemtoon hoe Jehovah sake gerig het.

Lied 91 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 12 JULIE

Lied 70

10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Spreek waardering uit vir finansiële ondersteuning van gemeente, en meld Genootskap se erkenning van enige bydraes wat gedurende Junie ingestuur is. Meld bydrae wat gemaak is om sendelinge te help om 1988-byeenkoms by te woon.

20 min: “Die gewone pionierdiens —Kan jy dit in September betree?” Vraag-en-antwoordbespreking van materiaal. Spoor almal aan wat aan die vereistes voldoen en wat kan om die gewone pionierdiens in September te betree. Verduidelik plaaslike reëlings om pioniers te ondersteun deur middel van gerieflike velddiensreëlings en ander persoonlike bystand. Kan kort, voorbereide ondervindinge insluit wat bemoedigend sal wees vir diegene wat dit oorweeg om gewone pioniers te word.

15 min: “Aanbid Jehovah eensgesind.” Toespraak. Spoor almal aan om te beplan om die Gemeentelike Boekstudie elke week by te woon. Help diegene in gehoor wat voorheen die boek bestudeer het om te redeneer oor Filippense 3:1; 2 Petrus 1:12, 13 en 2 Petrus 3:1, en dus die waarde te besef van herinneringe oor grondbeginsels van Christelike geloof in Verenig in aanbidding-boek.

Lied 59 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 19 JULIE

Lied 151

13 min: Plaaslike aankondigings. Vraebus.

12min: Gebruik Redenering-boek in julle gebied. Kies een of twee onderwerpe in Redenering-boek wat dikwels plaaslik ter sprake kom, en demonstreer hoe Redenering-boek gebruik kan word om die huisbewoner te help. As tyd toelaat, kan daar ook gevra word om ondervindinge oor die gebruik van die Redenering-boek.

20 min: “Bied die goeie nuus aan —Saam met nuwelinge.” Vraag-en-antwoordbespreking van artikel. Gebruik een of twee kort, vooraf gekose ondervindinge om gedagtes in artikel toe te lig. Beklemtoon hoe nodig dit is dat ervare verkondigers wakker is om nuwelinge te help. Bied, waar moontlik, self hulp aan en reageer positief wanneer opsieners jou vra om nuwelinge te help. Spoor almal aan om Saterdag aan tydskrifwerk deel te neem.

Lied 133 en slotgebed.

WEEK WAT BEGIN MET 26 JULIE

Lied 55

10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.

10 min: Voorbereiding vir Augustus se lektuuraanbod. Stel gesprekspunte in die brosjures voor wat gepas sal wees vir plaaslike gebied, en demonstreer die gebruik daarvan. Toon hoe om van ‘Onderwerp vir gesprekke’ na brosjures oor te gaan. Spoor almal aan om eerste naweek van Augustus velddiens te doen.

10 min: “Maak seker van die belangriker dinge.” Toespraak.

15 min: “Waardering vir die huis wat Jehovah gebou het.” Ouere man bespreek paragrawe 13-23 van byvoegsel met gehoor. Wanneer paragrawe 19 en 20 bespreek word, moet gemeente gehelp word om die belangrikheid van individuele verpligting teenoor ‘die huis wat Jehovah gebou het’ te besef. Voer kortliks onderhoude met diegene wat by kompleks gewerk of ’n toer daar gehad het, en laat hulle sê wat hulle beïndruk het.

Lied 210 en slotgebed.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel