Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 12/15 bl. 25
  • Hulle het vrymoedigheid bymekaargeskraap

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het vrymoedigheid bymekaargeskraap
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Volg Jesus na—Preek met vrymoedigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • ‘Spreek die Woord van God met vrymoedigheid’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Getuig jy met vrymoedigheid?
    Ons Koninkryksbediening—2000
  • Hou aan om God se woord met vrymoedigheid te spreek
    Ons Koninkryksbediening—2005
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 12/15 bl. 25

Hulle het vrymoedigheid bymekaargeskraap

DIT is nie altyd maklik om die vrymoedigheid bymekaar te skraap om vir ander te getuig nie. Trouens, die apostel Paulus het gesê dat hy dit by een geleentheid “met groot worsteling” gedoen het (1 Tessalonisense 2:2). Is die “worsteling” om te getuig die moeite werd? Daar is geen waarborg van uitsonderlike ondervindinge nie, maar God se volk is baie maal bly dat hulle vrymoedigheid bymekaargeskraap het. Kyk na ’n paar voorbeelde.

’n Agtjarige dogtertjie met die naam Tara het aandagtig geluister toe haar onderwyseres vir die klas vertel het hoe Jode in konsentrasiekampe tydens die Tweede Wêreldoorlog ’n geel Ster van Dawid as onderskeidingsteken moes dra. Tara het gewonder of sy iets moes sê. “Ek het met oop oë gebid”, sê sy. Toe het sy haar hand opgesteek en gesê dat Jehovah se Getuies ook in daardie kampe was, en dat hulle ’n pers driehoek moes dra. Die onderwyseres het belangstelling getoon en haar bedank. Tara se kommentaar het die weg gebaan vir verdere gesprekke met die onderwyseres, wat later selfs vir haar hele klas die video Jehovah’s Witnesses Stand Firm Against Nazi Assault.

In Guinee, Wes-Afrika, wou ’n jong ongedoopte verkondiger met die naam Irène graag vordering in haar bediening maak. Die sendeling wat die Bybel met haar gestudeer het, het haar aangemoedig om Die Wagtoring en Ontwaak! by haar medeleerlinge op skool te probeer laat. Irène was huiwerig, want haar klasmaats was onontvanklik. Maar nà die sendiling se aansporing het Irène besluit om eerstens die leerling te nader wat gelyk het of sy die meeste gekant was. Tot Irène se verbasing het die meisie goed gereageer en die tydskrifte met graagte geneem. Ander leerlinge het haar voorbeeld gevolg. Irène het daardie maand meer tydskryfte versprei as die vorige vyf maande saam.

In Trinidad was ’n ouer man redelik huiwerig om na ’n skoolhoof te gaan en haar die opvoedkundige waarde van die Ontwaak! te wys. Hy het nietemin vrymoedigheid bymekaargeskraap. Hy sê: “Ek het gebid toe ek by die skoolterrein ingaan. Ek kon dit nie glo toe die skoolhoof so besonder vriendelik was nie.” Sy het die Ontwaak! oor “Watter hoop is daar vir vandag se jongmense?” geneem en selfs ingestem om dit te gebruik wanneer sy klas gee. Sedertdien het sy 40 tydskrifte oor verskillende onderwerpe geneem.

As ’n jong persoon het Vaughn dit altyd moelik gevind om vir ander te getuig. “Ek het senuweeagtig gerword, my hande het gesweet en ek het vinnig gepraat—ek kon net nie stadiger praat nie.” Hy het nietemin ’n voltydse bedienaar geword. Maar dit was steeds nie altyd maklik vir hom om met ander te praat nie. Eenkeer, nadat hy ’n hele dag lank sonder enige sukses werk gesoek het, wou hy vir iemand op die moltrein getuig “sodat die slegte dag darim iets goeds kon oplewer.” Maar al die sakemanne op die trein het so belangrik gelyk dat dit hom afgeskrik het. Uiteindelik het hy die verymoedigheid bymekaargeskraap om me ’n bejaarde man langs hom te begin gesels. ’n Lang gesprek het gevolg. “Jy het sulke goeie vrae vir ’n jong persoon”, het die sakeman gesê, en toe gevra: “Is jy ’n teoloog?” Vaughn het geantwoord: “Nee, ek is een van Jehovah se Getuies.” “O”, het die man geglimlag. “Nou verstaan ek.”

Al hierdie Getuies—en tallose ander—is bly dat hulle die vrymoedigheid bymekaargeskraap het om vir ander te getuig. Sal jy dieselfde doen?

[Prent op bladsy 25]

Tara

[Prent op bladsy 25]

Vaughn

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel