Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 4/15 bl. 31
  • “Om in ’n storm op die see uit te vaar”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Om in ’n storm op die see uit te vaar”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 4/15 bl. 31

“Om in ’n storm op die see uit te vaar”

SOU jy nie dink dat dit die verkeerde tyd is vir sulke optrede en dat dit dwaas en potensieel gevaarlik is nie? Party mense begeef hulle egter in figuurlike sin oorhaastig in so ’n situasie. Hoe so? Die 17de-eeuse Engelse skrywer Thomas Fuller het gesê: “Moet niks uit blinde woede doen nie. Dis soos om in ’n storm op die see uit te vaar.”

Dit kan tragiese gevolge hê as ’n mens in onbeteuelde woede optree. Dit word bevestig deur ’n gebeurtenis wat in die Bybel opgeteken is. Simeon en Levi, seuns van die eertydse aartsvader Jakob, het in blinde woede die ontering van hulle suster Dina gewreek. Die gevolg was grootskaalse moord en plundering. Dit is geen wonder dat Jakob hulle bose daad met die volgende woorde veroordeel het nie: “Julle het die ban oor my gebring deur my ’n stank vir die inwoners van die land te maak.”—Genesis 34:25-30, NW.

God se Woord, die Bybel, raai wyslik die teenoorgestelde optrede aan. Dit sê: “Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig” (Psalm 37:8). As ons daardie raad toepas, kan ons groot sondes voorkom.—Prediker 10:4; sien ook Spreuke 22:24, 25.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel