Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 4/15 bl. 32
  • Wêreldvrede—Uit watter bron?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wêreldvrede—Uit watter bron?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 4/15 bl. 32

Wêreldvrede—Uit watter bron?

SAL dit wêreldvrede teweegbring as daar ’n wêreldwye opvoedings- en godsdiensprogram in werking is? Dit is die droom van dr. Robert Muller, voormalige assistent-sekretarisgeneraal van die Verenigde Nasies en die ontvanger van UNESCO se Prys vir Vredesopvoeding vir 1989. Soos berig is in die koerant The Vancouver Sun, is dr. Muller “oortuig dat alle studente regoor die wêreld ’n stel kernfeite en -waardes oor die planeet, die mensdom en geweldloosheid moet leer”. Hy stel die dag in die vooruitsig wanneer alle opvoedkundige instellings in alle wêrelddele kinders sal leer dat die VN die beste hoop vir vrede is. Hy glo ook dat “al die godsdienste van die wêreld moet aansluit by ’n nuwe organisasie wat die Verenigde Godsdienste genoem word en wat baie soos die VN is”, het die Sun berig. Dan “sal alle godsdiensonderrig geweldloosheid bevorder”.

Sal wêreldvrede ooit ’n werklikheid word? Baie beslis! Maar nie deur middel van enige menslike instelling nie. Meer as 2 700 jaar gelede het ’n geïnspireerde skrywer die verhewe bron van opvoeding vir vrede geïdentifiseer toe hy voorspel het dat regskapenes “deur die HERE geleer” sal wees en dat hulle vrede “groot” sal wees.—Jesaja 54:13.

God is die een “wat vrede gee”, sê die Bybel (Romeine 16:20). Daar is nou reeds ’n wonderlike wêreldwye opvoedingsprogram aan die gang, aangesien Jehovah sy knegte leer om ‘vrede te soek en dit na te streef’, om ‘van hulle swaarde pikke te smee’ en om nie meer te “leer om oorlog te voer nie”.—1 Petrus 3:11; Jesaja 2:2-4.

Aanbidding wat op die waarheid gegrond is, sonder huigelary en bedrog, word deur God goedgekeur en geseën (Matteus 15:7-9; Johannes 4:23, 24). Slegs ware aanbidding, wat geheel en al ooreenstem met God se Woord, kan mense voortbring wat in vrede en eenheid lewe en mekaar opreg liefhet.—Johannes 13:35.

As jy meer wil leer oor wat God se Woord oor wêreldvrede sê, nooi ons jou uit om met die uitgewers van hierdie tydskrif in verbinding te tree.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel