Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w99 4/15 bl. 30
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Soortgelyke materiaal
  • Het jy ’n onsterflike gees?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • Het jy ’n gees wat ná die dood voortleef?
    Het jy ’n gees wat ná die dood voortleef?
  • Nou is die dag van redding!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Jesus red—Hoe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
w99 4/15 bl. 30

Onthou jy?

Het jy dit geniet om die onlangse nommers van Die Wagtoring te lees? Wel, kyk of jy die volgende vrae kan beantwoord:

◻ Waarom is Paulus se uitdrukking “ambassadeurs wat as plaasvervangers vir Christus optree” so gepas vir gesalfde Christene? (2 Korintiërs 5:20).

In die ou tyd is ambassadeurs hoofsaaklik gedurende tye van vyandigheid uitgestuur om te sien of oorlog vermy kon word (Lukas 14:31, 32). Omdat die sondige mensewêreld van God vervreemd is, het hy sy gesalfde ambassadeurs uitgestuur om mense oor sy voorwaardes vir versoening in te lig en hulle aan te spoor om vrede met God na te streef.—12/15, bladsy 18.

◻ Watter vier faktore het Abraham se geloof versterk?

Hy het eerstens sy geloof in Jehovah getoon deur na God te luister wanneer hy gepraat het (Hebreërs 11:8); tweedens was daar ’n noue verband tussen sy geloof en sy hoop (Romeine 4:18); derdens het hy dikwels met God gepraat en vierdens het Jehovah Abraham ondersteun wanneer hy Goddelike bevele gehoorsaam het. Vandag kan dieselfde faktore ons geloof versterk.—1/1, bladsye 17, 18.

◻ Wat word bedoel met die uitdrukking: “Bring ons nie in versoeking nie”? (Matteus 6:13).

Ons vra God om ons nie te laat toegee wanneer ons in die versoeking kom om ongehoorsaam aan hom te wees nie. Jehovah kan ons lei sodat Satan, “die bose”, ons nie laat swig en die oorhand oor ons kry nie (1 Korintiërs 10:13).—1/15, bladsy 14.

◻ Wat moet ’n mens doen as jy wil hê dat God jou vir ’n oortreding moet vergewe?

Belydenis voor God moet gepaardgaan met gewetenswroeging en ‘vrugte wat by berou pas’ (Lukas 3:8). ’n Berouvolle gees en ’n begeerte om wat verkeerd is reg te stel, sal ’n mens ook beweeg om die geestelike hulp van Christen- ouer manne te vra (Jakobus 5:13-15).—1/15, bladsy 19.

◻ Waarom moet ons daarna streef om nederig te wees?

’n Nederige persoon is geduldig en lankmoedig en hy beskou homself nie in ’n te ernstige lig nie. Nederigheid trek ware vriende aan wat jou liefhet. Nog belangriker, dit bring Jehovah se seëning mee (Spreuke 22:4).—2/1, bladsy 7.

◻ Watter belangrike verskil is daar tussen Jesus se dood en dié van Adam?

Adam het verdien om te sterf omdat hy opsetlik ongehoorsaam was aan sy Skepper (Genesis 2:16, 17). In teenstelling hiermee was Jesus se dood heeltemal onverdiend, want “hy het geen sonde gepleeg nie” (1 Petrus 2:22). Toe Jesus gesterf het, het hy dus iets van onskatbare waarde gehad wat die sondaar Adam nie by sy dood gehad het nie—die reg op volmaakte menselewe. Jesus se dood het derhalwe offerwaarde gehad om die mensdom los te koop.—2/15, bladsye 15, 16.

◻ Wat het die stad in Esegiël se profetiese visioen afgebeeld?

Aangesien die stad in die middel van “onheilige” land geleë is, moet dit iets op aarde wees. Dit stel blykbaar die aardse administrasie voor wat almal bevoordeel wat die regverdige aardse gemeenskap sal uitmaak.—3/1, bladsy 18.

◻ Waarom het Jesus sy dissipels se voete gewas toe hulle die Pasga in 33 G.J. gevier het?

Jesus het nie ’n ritueel om voete te was, ingestel nie. Hy het eerder sy apostels gehelp om ’n nuwe gesindheid aan te kweek—om nederig te wees en gewillig om die nederigste taak ter wille van hulle broers te verrig.—3/1, bladsy 30.

◻ Wat is belangriker as natuurlike vermoëns wanneer ons ander leer?

Dit is die eienskappe wat ons het en die geestelike gewoontes wat ons aangekweek het wat studente kan navolg (Lukas 6:40; 2 Petrus 3:11).—3/15, bladsye 11, 12.

◻ Hoe kan openbare sprekers beter lesers van die Skrif word?

Deur oefening. Ja, deur oor en oor hardop te lees totdat hulle dit vlot kan doen. Indien oudiokassette van die Bybel beskikbaar is, is dit goed om na die leser se beklemtoning en modulasie te luister en aandag te skenk aan hoe name en ongewone woorde uitgespreek word.—3/15, bladsy 20.

◻ Hoe ‘keer die gees na God terug’ wanneer iemand sterf? (Prediker 12:7).

Aangesien die gees die lewenskrag is, ‘keer dit na God terug’ in die sin dat enige hoop op toekomstige lewe vir daardie persoon nou geheel en al by God berus. Slegs God kan die gees, of lewenskrag, teruggee en die persoon weer laat lewe (Psalm 104:30).—4/1, bladsy 17.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel