Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 7/15 bl. 3
  • Hoe kan jy jou kinders beskerm?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan jy jou kinders beskerm?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulle het meer as kos en klere nodig
  • Watter soort toekoms wil jy vir jou kinders hê?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Hoe om jou kinders te beskerm
    Ontwaak!—2003
  • Jongmense en dwelms
    Ontwaak!—2003
  • Hoe onwettige dwelms jou lewe benvloed
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 7/15 bl. 3

Hoe kan jy jou kinders beskerm?

NADAT Wernera jare lank na ’n skool in sy buurt gegaan het, het hy saam met 3000 ander jongmense in Sao Paulo, Brasilië, verder gaan studeer. Hy het vir die eerste keer gesien hoe medestudente dwelms verkoop en gebruik. Omdat hy klein gebou is, het hy kort voor lank die slagoffer van vernederende en gevaarlike ontgroeningsgebruike deur ouer studente geword.

Werner se suster Eva het ook probleme gehad. Omdat sy haar bes wou doen, het sy so hard geleer dat sy haar uitgebrand en geestesverwarring ondervind het. Soos ander jongmense het Werner en Eva fisiese sowel as emosionele beskerming nodig gehad. Watter soort hulp het jou kinders nodig? Hoe kan jy hulle vir die volwasse lewe voorberei? Trouens, watter soort toekoms wil jy vir jou kinders hê?

Hulle het meer as kos en klere nodig

Dink ’n oomblik na oor die uitdaging wat dit vandag vir ouers is om hulle kinders te beskerm. Omdat die gehalte van gesinslewe afneem en armoede toeneem, is daar in baie lande al hoe meer kinders wat op straat lewe. Kinderarbeid is die gevolg van ’n onvermoë om kinders teen uitbuiting te beskerm. Dwelmmisbruik vernietig ook baie jongmense. Byvoorbeeld, toe ’n sekere Brasiliaanse tiener ’n dwelmslaaf geword het, is die vrede van sy huis weggeneem. Buiten die emosionele spanning wat sy ouers verduur het, het hulle ook gesukkel om vir sy behandeling te betaal, en meedoënlose dwelmhandelaars het na hulle huis gekom en betaling geëis.

Ondanks die druk van die lewe, volhard baie ouers egter in die stryd om nie net kos, klere en verblyf vir hulle kinders te voorsien nie, maar ook om hulle teen geweld, dwelmmisbruik en ander probleme te beskerm. Dit is ’n edele strewe, maar is dit genoeg? Wat van beskerming teen emosionele en geestelike gevare? Baie besef dat suksesvolle ouerskap ook behels dat hulle aandag skenk aan uitdagings wat hulle kinders se keuse van vriende en ontspanning betref. Maar hoe kan ouers dit vermy om óf te beskermend óf te toegeeflik te wees? Oorweeg gerus die antwoorde wat in die volgende artikel gevind word.

[Voetnoot]

a Die name in hierdie artikel is verander.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel