Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w98 2/15 bl. 3-4
  • Waarom moet jy dankbaar wees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom moet jy dankbaar wees?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Waak teen ondankbaarheid
  • “Betoon julle dankbaar”
  • Wat het van waardering geword?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Dankbaar vir ons “gelukkig hoop”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1981
  • Kweek die gees van dankbaarheid aan
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • “Toon dat julle dankbaar is”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
w98 2/15 bl. 3-4

Waarom moet jy dankbaar wees?

WEENS ’n rugoperasie kon Harley nie langer met masjiene werk nie en het hy ’n kantoorklerk geword. Toe hy gevra is hoe hy oor hierdie verandering voel, het Harley gesê: “Ek mis dit wel om met masjiene te werk. Maar om doodeerlik te wees: Ek is gelukkiger in my huidige betrekking as in my vorige werk.”

Harley gee ’n rede vir sy tevredenheid en sê: “Dit is die gesindheid van die mense saam met wie ek werk. In teenstelling met dié by my vorige werksplek, waardeer my huidige toesighouer en medewerkers wat ek doen, en hulle aarsel nie om ’n mens te prys nie. Dit het ’n hemelsbreë verskil gemaak.” Omdat Harley voel dat hy nuttig en nodig is, is hy nou ’n gelukkige werker.

Woorde van lof of dankbaarheid, wanneer ’n mens dit verdien, gee jou ’n heerlike warm gevoel. Aan die ander kant kan ondankbaarheid jou koud laat voel, soos Shakespeare dan ook gesê het: “Waai, waai, o winterwind, jy is nie so onvriendelik soos die mens se ondankbaarheid nie.” Ongelukkig het baie al sulke onvriendelikheid ondervind.

Waak teen ondankbaarheid

In vandag se wêreld is opregte dankbetuigings aan die verdwyn. ’n Skrywer het byvoorbeeld ’n vraag geopper: “As die bruid tyd opsy kon sit om 200 troukaartjies te adresseer, waarom kan sy nie tyd opsy sit om dankiesêbriefies vir 163 geskenke te skryf nie?” Dikwels word selfs die eenvoudige woord “dankie” nie gehoor nie. Dankbaarheid word in toenemende mate deur ’n ek-eerste-gesindheid verdring. Hierdie situasie is een van die kenmerke van die laaste dae. Die apostel Paulus het gewaarsku: “Julle moet besef dat daar in die laaste dae gevaarvolle tye sal wees. Mense sal heeltemal egosentries wees . . . Dit sal hulle geheel en al aan dankbaarheid ontbreek.”—2 Timoteus 3:1, 2, Phillips.

In ander gevalle word dankbaarheid deur vleiery verdring. Dankbetuigings kom uit die hart, sonder enige gedagte aan eiegewin. Maar agter vleiery, wat gewoonlik onopreg is en oordryf word, sit moontlik ’n bedekte beweegrede, naamlik ’n begeerte om vooruitgang te maak of sekere voordele te bekom (Judas 16). Behalwe dat die ontvanger deur sulke mooipraatjies mislei word, is dit dikwels die gevolg van trots en hoogmoed. Wie van ons sal dus die slagoffer van geveinsde vleiery wil wees? Maar opregte dankbaarheid is waarlik verkwikkend.

Die een wat sy dankbaarheid uitspreek, vind daarby baat. Die hartlike gevoel wat hy ervaar omdat hy innig dankbaar is, dra tot sy geluk en vrede by. (Vergelyk Spreuke 15:13, 15.) En aangesien dankbaarheid ’n positiewe eienskap is, beskerm dit hom teen negatiewe emosies soos woede, jaloesie en gegriefdheid.

“Betoon julle dankbaar”

Die Bybel spoor ons aan om ’n gees van waardering, of dankbaarheid, aan te kweek. Paulus het geskryf: “Betuig dank in verband met alles. Want dit is die wil van God in eenheid met Christus Jesus ten opsigte van julle” (1 Tessalonisense 5:18). En Paulus het die Kolossense vermaan: “Laat die vrede van die Christus in julle harte heers . . . En betoon julle dankbaar” (Kolossense 3:15). Talle psalms bevat dankbetuigings, wat toon dat innige dankbaarheid ’n godvrugtige eienskap is (Psalm 27:4, NW; 75:1, NW). Dit behaag Jehovah God ongetwyfeld wanneer ons in alledaagse lewensaangeleenthede dankbaarheid toon.

Maar watter faktore in hierdie ondankbare wêreld maak dit vir ons moeilik om ’n gees van dankbaarheid aan te kweek? Hoe kan ons ’n dankbare gesindheid in ons daaglikse lewe toon? Hierdie vrae sal in die volgende artikel bespreek word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel