Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w97 9/1 bl. 29
  • Die reinigende krag van God se Woord

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die reinigende krag van God se Woord
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe onwettige dwelms jou lewe benvloed
    Ontwaak!—1999
  • Kan die stryd teen dwelms gewen word?
    Ontwaak!—1999
  • Hoe om jou kinders te beskerm
    Ontwaak!—2003
  • Dwelms—Waarom misbruik mense dit?
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
w97 9/1 bl. 29

Koninkryksverkondigers berig

Die reinigende krag van God se Woord

DAAR word berig dat die meeste dwelmslawe tot hulle gewoontes terugkeer nadat hulle uit rehabilitasiesentrums ontslaan word. Maar God se Woord kan regkry wat klinieke gewoonlik nie kan doen nie (Hebreërs 4:12). Baie mense is al deur God se Woord en gees gehelp om dwelmverslawing te oorkom en die raad toe te pas: “Laat ons ons van elke verontreiniging van die vlees en die gees reinig en in die vrees van God heiligheid vervolmaak.”—2 Korintiërs 7:1.

Dit word toegelig deur ’n ondervinding uit Myanma. ’n Man wat baie jare lank teen dwelmverslawing gestry het, vertel: “Ek het in my tienerjare ’n dwelmslaaf geword. Ek het dikwels daarvan probeer losbreek, maar kon nie. Ek moes begin steel om my dwelmgewoonte te onderhou. Gevolglik het ek in 1988 ’n jaar tronkstraf gekry.

“Ná ek uit die tronk vrygelaat is, het ek weer met my ou vriende in aanraking gekom. Kort daarna het ek weer dwelms begin gebruik. Hierdie selfvernietigende weg het daartoe gelei dat my gesinslede alle omgang met my verbreek het. Daarbenewens het my opstandige gesindheid veroorsaak dat baie in die gemeenskap bang was vir my, en hulle het my ook begin vermy.

“Toe het die onvermydelike eendag gebeur—ek het ’n oordosis dwelms geneem. Ek is weer tronk toe gestuur, hierdie keer vir drie jaar. Hoewel die lewe in die tronk baie hard was, het ek dit op die een of ander manier oorleef.

“Nadat ek uit die tronk terug huis toe gegaan het, het ek my gesin gevra om my te vergewe vir die foute wat ek in die verlede begaan het. Hulle het my goedgunstig weer ingeneem, maar my vriende het my weer eens oorgehaal om tot my vorige weë terug te keer.

“Uiteindelik het my ouma aan ’n plaaslike pastoor voorgestel dat ek ’n sekere Bybelskool bywoon. Die pastoor het ingestem. Maar voordat ek dit begin bywoon het, het my tante, wat een van Jehovah se Getuies is, gesê dat ek saam met die Getuies moet studeer as ek werklik die Bybel wil leer.

“Ek het na die Koninkryksaal gegaan en is aan ’n man voorgestel wat ingestem het om die Bybel saam met my te studeer. Baie het my hartlik kom groet en welkom laat voel.

“Nadat ek die Bybel begin bestudeer en Christelike vergaderinge begin bywoon het, is die drang na dwelms vervang deur ’n begeerte om nader aan God te kom. ’n Jaar later het ek dermate gevorder dat ek my lewe aan Jehovah God toegewy het, en ek het daardie toewyding deur waterdoop gesimboliseer.

“Terwyl ek onlangs van huis tot huis gegaan het, het ek een van my ou dwelmmaats teëgekom. Hy kon nie verstaan hoe ek so dramaties kon verander het nie. Dit het die weg gebaan vir ’n getuienis, en ek kon met hom oor die Koninkrykshoop praat.

“Uiteindelik het ek ’n ware doel en sin in die lewe gevind. Danksy God se hulp en raad uit sy Woord kan ek nou ander help om hulle van die verderflike dwelmgewoonte te bevry.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel