Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w96 11/1 bl. 15
  • Vertroosting gedurende vier jaar van oorlog

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vertroosting gedurende vier jaar van oorlog
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
w96 11/1 bl. 15

Vertroosting gedurende vier jaar van oorlog

GEDURENDE die vier jaar van oorlog in die gebied van die voormalige Joego-Slawië het baie mense ontberinge en nypende tekorte verduur. Onder hulle was honderde Getuies van Jehovah, wat getrou voortgegaan het om “die God van alle vertroosting” te aanbid.—2 Korintiërs 1:3.

In Sarajevo moes mense die bykomende ontbering verduur om in ’n groot stad te woon wat dwarsdeur die oorlog beleër was. Daar was tekorte aan elektrisiteit, water, vuurmaakhout en kos. Hoe het die Sarajevo-gemeente van Jehovah se Getuies onder hierdie verskriklike toestande gefunksioneer? Christene van naburige lande het hulle lewe in gevaar gestel om ’n groot hoeveelheid noodlenigingsvoorrade aan hulle te voorsien. (Sien Die Wagtoring van 1 November 1994, bladsye 23-7.) Die broers in Sarajevo het ook dit wat hulle gehad het met mekaar gedeel, terwyl hulle die grootste klem op geestelike dinge geplaas het. Gedurende die beleëring het ’n Christenopsiener van daardie stad die volgende verslag gegee:

“Ons heg groot waarde aan ons vergaderinge. Ek en my vrou, saam met nog 30 persone, loop 30 kilometer heen en weer na die vergaderinge. Soms is daar aangekondig dat water gedurende ons vergaderingtye voorsien sou word. Wat sou die broers doen? Sou hulle tuis bly of die vergaderinge bywoon? Ons broers het verkies om die vergaderinge by te woon. Die broers help mekaar altyd; wat hulle ook al het, deel hulle. Een suster in ons gemeente woon in die buitewyke van die stad, naby die woud; dit is dus ’n bietjie makliker vir haar om vuurmaakhout te kry. Sy werk ook in ’n bakkery, en haar salaris word in die vorm van meel betaal. Wanneer sy kan, bak sy ’n groot brood en bring sy dit na die vergadering. Ná die vergadering, op pad uit, gee sy vir elkeen ’n stuk.

“Dit is belangrik dat geeneen van die broers of susters ooit voel dat hulle verlate is nie. Niemand weet wie van ons die volgende sal wees wat hulp in ’n onaangename situasie nodig sal hê nie. Toe die paaie verys het en een suster siek was, het jong, sterk broers haar op ’n slee na die vergaderinge getrek.

“Ons almal neem deel aan die predikingswerk, en Jehovah het ons pogings geseën. Hy het ons benarde situasie in Bosnië gesien, maar hy het ons met vermeerdering geseën—vermeerdering wat ons nie voor die oorlog ondervind het nie.”

Jehovah se Getuies het ook in ander oorloggeteisterde gebiede van die voormalige Joego-Slawië vermeerdering geniet ondanks verskriklike ontberinge. Van die kantoor van Jehovah se Getuies in Kroasië kom hierdie verslag oor ’n groep Getuies: “Die broers wat in Velika Kladuša woon, moes uiters moeilike tye deurmaak. Die dorp is verskeie kere aangeval. Die broers moes hulle neutraliteit aan Kroatiese, Serwiese en verskillende Moslemleërs verduidelik. Hulle moes inderdaad baie verduur—gevangenskap, slae, honger, doodsgevaar. Tog het hulle almal getrou gebly en het hulle die wonderlike voorreg om Jehovah se seën op hulle werk te sien.”

Ten spyte van hierdie ontberinge geniet Jehovah se Getuies in Velika Kladuša en in die nabygeleë Bihać steeds vermeerdering terwyl hulle God se boodskap van vertroosting ywerig aan hulle naaste verkondig. Altesaam hou 26 Koninkryksverkondigers van hierdie twee plekke 39 tuisbybelstudies!

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel