Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 12/15 bl. 30
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe sal jy voor die regterstoel staan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Watter toekoms vir die skape en die bokke?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Gee lojale ondersteuning aan Christus se broers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Behou jou gevoel van dringendheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 12/15 bl. 30

Onthou jy?

Het jy goed nagedink oor onlangse nommers van Die Wagtoring? Jy sal dit dalk interessant vind om jou weer aan die volgende te herinner:

◻ Hoe ‘kom ’n mens na Jesus toe’ in ooreenstemming met sy uitnodiging in Matteus 11:28?

Jesus het gesê: “As iemand agter my aan wil kom, laat hy homself verloën en sy folterpaal opneem en my voortdurend volg” (Matteus 16:24). Om na Jesus toe te kom, impliseer gevolglik dat ’n mens jou eie wil aan God en Christus se wil onderwerp, ’n sekere mate van verantwoordelikheid aanvaar en dit voortdurend doen.—8/15, bladsy 17.

◻ Waarom vind “min” mense die ‘smal pad wat na die lewe lei’ waarvan Jesus in Matteus 7:13, 14 melding gemaak het?

Diegene op die nou pad word deur God se wette en beginsels ingeperk. Dit sal gevolglik net vir iemand aantreklik wees wat ’n opregte begeerte het om volgens God se standaarde te lewe. Hoewel die ‘smal pad’ beperkend lyk, stel dit ’n mens in elke belangrike opsig vry. Die grense daarvan word bepaal deur “die volmaakte wet . . . wat tot vryheid behoort” (Jakobus 1:25).—9/1, bladsy 5.

◻ Hoe kan onderskeidingsvermoë aangekweek word?

Onderskeidingsvermoë kom nie maklik of van nature nie. Maar met geduld, gebed, kragtige inspanning, wyse omgang, ’n studie van die Bybel en bepeinsing daaroor, asook vertroue op Jehovah se heilige gees, kan onderskeidingsvermoë aangekweek word.—9/1, bladsy 21.

◻ Hoe kan menslike jaloesie ’n krag ten goede wees?

Dit kan ’n mens beweeg om ’n geliefde teen slegte invloede te beskerm. Daarbenewens kan mense jaloesie gepas ten opsigte van Jehovah en sy aanbidding toon (1 Konings 19:10, NW).—9/15, bladsye 8, 9.

◻ Wat word bedoel met die uitdrukking in Genesis 50:23 aangaande Josef se kleinkinders: ‘Hulle is op Josef se knieë gebore’?

Dit kan bloot beteken dat Josef die kinders as sy nakomelinge erken het. Dit kan ook aandui dat hy op liefdevolle wyse met die kinders gespeel het en hulle op sy knieë laat ry het. Dit sal goed wees as vaders vandag soortgelyke liefde aan hulle kinders betoon.—9/15, bladsy 21.

◻ Wat is van die grootste belang vir ’n suksesvolle huwelik en gesinslewe?

Om sulke begeerlike resultate te behaal, moet huweliksmaats altyd God se wil eerste stel. Huweliksmaats wat dit doen, sal probeer om bymekaar te bly en hulle probleme op te los deur die raad van God se Woord toe te pas. Sodoende vermy hulle allerhande smarte wat daaruit voortspruit as God se wil geïgnoreer word (Psalm 19:8-12).—10/1, bladsy 11.

◻ Hoe belangrik is ’n godvrugtige gevoel van dringendheid vandag?

’n Godvrugtige gevoel van dringendheid is ’n onontbeerlike deel van heelhartige diens aan Jehovah. Dit keer en dwarsboom die Duiwel se pogings om God se knegte te laat ‘moeg word en in hulle siele te beswyk’ (Hebreërs 12:3). Dit beskerm hulle teen onnodige betrokkenheid by die wêreld en sy materialisme en hou hulle verstande gerig op die dinge daar bo—“die werklike lewe” (1 Timoteus 6:19).—10/1, bladsy 28.

◻ Wanneer gaan Jesus, in die gelykenis van die skape en die bokke, op sy troon sit, en waarom? (Matteus 25:31-33).

Die gelykenis toon nie dat hy gaan sit in die sin dat hy Koning word nie. Hy gaan sit eerder as Regter. Daardie oordeel strek nie oor ’n lang tydperk van baie jare nie. Die gelykenis verwys eerder na die toekoms wanneer Jesus in ’n beperkte tyd oordeel oor die nasies sal uitspreek en dit sal voltrek.—10/15, bladsye 22, 23.

◻ Wat is die “geslag” waarna Jesus so dikwels verwys het?

Jesus het die term “hierdie geslag” toegepas op die eietydse volksmassa met hulle “blinde gidse” wat saam die Joodse nasie uitgemaak het (Matteus 11:16; 15:14; 24:34).—11/1, bladsy 14.

◻ Waarna verwys die uitdrukking “hierdie geslag” in die finale vervulling van Jesus se profesie in Matteus 24:34-39?

Jesus verwys blykbaar na die volke op die aarde wat die teken van Christus se teenwoordigheid sien, maar versuim om te verander.—11/1, bladsye 19, 31.

◻ Hoe het die reëling van vrystede met hulle beperkings die mense in eertydse Israel tot voordeel gestrek?

Dit het die Israeliete laat besef dat hulle nie nalatig of onverskillig met betrekking tot menselewe moes wees nie. Dit het ook die behoefte beklemtoon om barmhartigheid te betoon wanneer dit gepas is (Jakobus 2:13).—11/15, bladsy 14.

◻ Wat is die antitipiese vrystad?

Dit is God se voorsiening om ons teen die dood te beskerm omdat ons sy gebod in verband met die heiligheid van bloed oortree het (Genesis 9:6).—11/15, bladsy 17.

◻ Hoe kan die Christenbroederskap ons help om “nuwe krag” te kry? (Jesaja 40:31).

Onder ons Christenbroers en -susters is daar sommige wat dalk voor dieselfde druk en beproewinge te staan kom en wat dalk gevoelens ervaar wat baie met ons s’n ooreenkom (1 Petrus 5:9). Dit is vertroostend en geloofversterkend om te weet dat ons gevoelens en dít wat ons ervaar nie iets ongewoons is nie.—12/1, bladsye 15, 16.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel