Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w95 1/15 bl. 3
  • Hoe kosbaar is die lewe vir jou?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kosbaar is die lewe vir jou?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Wêreldwye probleem
    Ontwaak!—2001
  • Selfmoord—’n plaag onder jongmense
    Ontwaak!—1998
  • Waarom mense nie meer kans sien vir die lewe nie
    Ontwaak!—2001
  • Jy kan hulp vind
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
w95 1/15 bl. 3

Hoe kosbaar is die lewe vir jou?

’NTIENERSEUN het van ’n woonstelgebou se agtste verdieping na sy dood gespring. Hy het ’n boek gelees wat ’n doodsprong beskryf het as “sonder pyn of kommer of vrees; dit voel eerder goed”. Die outeur van hierdie boek, wat in Japan uitgegee is, het beweer dat hy net “selfmoord as een van die lewe se keuses” aangebied het.

Mense wat selfmoord pleeg, is nie die enigstes wat vandag minagting vir die lewe toon nie. Roekelose bestuurders toon ook baie min respek vir die lewe. Party bestuur selfs onder die invloed van drank, en baie snel voort op die pad na die dood.

Ander wys hoe min waarde hulle aan hulle lewe heg deur die klem wat hulle op plesier plaas. Rokers weier om op te hou rook, hoewel rokery die dood kan veroorsaak en al stadige selfmoord genoem is. Pleks van in hierdie seksbehepte wêreld kuis te bly, volg baie ’n weg van promiskuïteit wat dikwels tot die dood lei.

Sonder dat hulle eers daarvan bewus is, verkort party hulle lewe met jare omdat hulle te veel eet en drink, te min oefening kry en plesier najaag. Die Japannese skrywer Sjinia Nisjimaroe het gewaarsku: “Onbeheerste eetgewoontes versteur fisiologiese funksies, en die najaging van niks anders as gemak en plesier nie laat mense se lewenskrag afneem.” Party deel die beskouing van die mense van die ou tyd wat gesê het: “Laat ons eet en drink, want môre sterf ons.”—Jesaja 22:13; 1 Korinthiërs 15:32.

Ja, minagting vir die lewe is vandag iets algemeens. Derhalwe kan daar tereg gevra word: Hoe kosbaar is die lewe vir jou? Moet die lewe ten alle koste bewaar word? En is daar enigiets wat kosbaarder as ons huidige lewe is?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel