Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 12/15 bl. 30
  • Onthou jy?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onthou jy?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Soortgelyke materiaal
  • Betoon tere medelye
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Waardeer Jehovah se lojaliteit en vergewensgesindheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
  • Hoe kan jy God se vriend word?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Wees vergewensgesind
    Sing lofliedere voor Jehovah
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 12/15 bl. 30

Onthou jy?

Het jy die onlangse nommers van Die Wagtoring van praktiese waarde gevind? Toets dan gerus jou geheue met die volgende vrae:

▫ Waarom hou Jehovah se Getuies aan om hulle naaste te besoek?

Jehovah se Getuies wil self God se seën deur die beloofde Koninkryk hê, en omdat hulle hulle naaste liefhet, wil hulle hê dat hulle naaste dieselfde seën moet ontvang. Hulle volg dus Jesus se voorbeeld en voel vanweë hulle onselfsugtige liefde verplig om hulle naaste te besoek (Mattheüs 6:9, 10; 22:37-39).—8/15, bladsy 8, 9.

▫ Waarom is dit ’n saak van geloof om in evolusie te glo?

Wetenskaplikes het nog nooit gesien hoe mutasies—selfs voordeliges—nuwe lewensvorme voortbring nie, en tog beweer evolusioniste dat dit die manier is waarop nuwe spesies op die toneel verskyn het. Evolusioniste het nog nie die selfontstaan van lewe aanskou nie; nogtans hou hulle vol dat dit is hoe lewe begin het.—9/1, bladsy 5.

▫ Wat is die beste manier waarop ons ontmoediging weens beperkings kan oorkom?

Ongeag ons situasie, as ons ons aandag vestig op dít wat ons kan doen pleks van ons te verknies oor wat ons nie kan doen nie, sal die lewe meer bevredigend wees en sal ons vreugde in God se diens smaak (Psalm 126:5, 6).—9/1, bladsy 28.

▫ Wat is die voordele van vergifnis?

Om ander te vergewe, bevorder goeie verhoudinge (Efesiërs 4:32); dit bring nie net vrede met jou medemens mee nie, maar ook innerlike vrede (Romeine 14:19; Kolossense 3:13-15); om ander te vergewe baan die weg vir ons sondes om vergewe te word (Mattheüs 6:14); dit help ons ook om te onthou dat ons self vergifnis nodig het (Romeine 3:23).—9/15, bladsy 7.

▫ Hoe help die voorbeeld van die profeet Amos ons in ons predikingswerk?

Soos Amos verander ons nie God se boodskap nie, en ons verwater dit ook nie. Ons verkondig dit eerder gehoorsaam, ongeag die reaksie wat dit by ons hoorders uitlok.—9/15, bladsy 17.

▫ Watter kenmerke van God moet ons navolg?

Twee belangrike kenmerke is Jehovah se organisasievermoë en sy geluk (1 Korinthiërs 14:33; 1 Timotheüs 1:11). Hierdie eienskappe van God is in balans, dus oorheers die een nie ten koste van die ander nie.—10/1, bladsy 10.

▫ Watter positiewe stappe het ouers al gedoen om hulle kinders te help om Jehovah te dien?

Dit is noodsaaklik om vroeg te begin. Indrukke wat geskep en lesse wat geleer word op ’n baie jong ouderdom sal ’n leeftyd duur (Spreuke 22:6). Dit is belangrik om hulle by alle vergaderinge te leer om Jehovah en sy aanbidding te gehoorsaam en te respekteer. Suksesvolle ouers leer om verkeerde neigings te herken, en hulle help hulle kinders om dit reg te stel (Spreuke 22:15). Laastens, begin vroeg om teokratiese doelwitte te stel wat jou kind redelikerwys kan bereik.—10/1, bladsy 27-8.

▫ Watter besondere kenmerk van Jehovah se vergifnis moet ons probeer toepas?

Jehovah vergewe en vergeet (Jeremia 31:34). Dit is vir mense moeilik om te doen. Jesus het beklemtoon hoe belangrik dit is om dit te doen, soos in Mattheüs 6:14, 15 opgeteken is.—10/15, bladsy 25-6.

▫ Wat is drie struikelblokke wat kan keer dat ons medelydend is?

Vanweë ons sondige menslike natuur kan afguns in ons hart posvat. Kan ons iemand met tere medelye behandel as ons afgunstig op hom raak? ’n Ander struikelblok is onnodige blootstelling aan geweld. Dit is geneig om ons ongevoelig teenoor die lyding van ander te maak. Daarbenewens sal ’n selfsugtige persoon waarskynlik nie medelye hê nie (1 Johannes 3:17, NW).—11/1, bladsye 19, 20.

▫ Watter lesse kan ons uit die skriftuurlike verslag aangaande Job leer?

Die verslag aangaande Job maak ons meer bewus van Satan se liste en help ons om te sien hoe Jehovah se universele soewereiniteit met menslike onkreukbaarheid verband hou. Soos Job moet almal wat vir God lief is, getoets word. Ons kan ook volhard soos Job gedoen het, Satan ’n leuenaar bewys en die seëninge van God se Koninkryk geniet.—11/15, bladsy 20.

▫ Hoe kan die voorsitter van ’n liggaam van ouere manne behoorlike erkenning aan elke ouere man verleen?

Wanneer dit ook al moontlik is, moet die voorsitter lank genoeg vooruit ’n agenda voorsien sodat die ander ouere manne genoeg tyd kan hê om elke punt op die agenda noukeurig en biddend te oordink. Tydens die oueremanvergadering sal hy nie die ouere manne se menings probeer vorm nie, maar hulle eerder aanmoedig om met “vrymoedigheid” oor sake onder bespreking te praat (1 Timotheüs 3:13).—12/1, bladsy 30.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel