Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w94 7/15 bl. 2-4
  • Die wêreld verkeer in ’n greep van vrees

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die wêreld verkeer in ’n greep van vrees
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrees vir kernrampe duur voort
  • Geweld bevorder vrees
  • Vrees vir vigs
  • Kernoorlog—Wie is die bedreigings?
    Ontwaak!—2004
  • Die kernbedreiging—nog lank nie verby nie
    Ontwaak!—1999
  • Die Kernbedreiging—Is dit uiteindelik verby?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Wat sê die Bybel oor kernoorlog?
    Nog onderwerpe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
w94 7/15 bl. 2-4

Die wêreld verkeer in ’n greep van vrees

OP 26 Februarie 1993 het ’n reusagtige motorbomontploffing die 110 verdieping hoë World Trade Center in New York-stad geskud. Duisende werkers is in hysbakke vasgekeer of moes deur die rook met die trap af vlug. Hulle het die vrees ervaar wat nou so algemeen in hierdie gewelddadige wêreld is.

Mense in baie lande is al met skrik vervul deur bomme wat in lande soos Ierland en Libanon iets alledaags geword het. Om die waarheid te sê, in net een dag—12 Maart 1993—het 13 in Bombaai, Indië, ontplof, en nagenoeg 200 mense het gesterf! ’n Waarnemer het gesê: “Die hele Bombaai is paniekbevange.” Volgens die tydskrif Newsweek “maak die alledaagsheid [van ’n motorbom] dit net skrikwekkender”.

Vrees vir kernrampe duur voort

Daar bestaan vrees dat kernreaktors deur bomme beskadig kan word. ’n Geslaagde aanval op ’n kernkragaanleg kan onberekenbare skade en lyding veroorsaak. Sulke vrees is te begrype, aangesien ’n man probeer het om met sy motor deur ’n veiligheidshek by die Three Mile Island-kernkragstasie in die Verenigde State te jaag.

Talle vrees dat terroriste en magshonger heersers kernwapens sal aanskaf. Sommige vrees dat duisende werklose Sowjet-kernwetenskaplikes hulle vaardighede sal probeer verkoop. En hoewel strategiese kernwapens volgens die START-verdrag en ander ooreenkomste drasties verminder moet word, sal dit nog baie jare duur om die implementering van sulke ooreenkomste af te handel. Intussen moet die moontlikheid dat die een of ander domastrante persoon die wapentuig kan gebruik soos ’n dreigende onweerswolk oor die mensdom hang.

Geweld bevorder vrees

Die wydverspreide toename in gewelddadige misdaad veroorsaak vrees tuis en op straat. In 1990 is daar na raming 23 200 Amerikaners vermoor. In die stad Chicago het ’n toename in die gebruik van crack-kokaïen byvoorbeeld tot ongeveer 700 moorde in een jaar bygedra. Sekere gebiede van sommige stede het slagvelde geword waar verbygangers, met inbegrip van kinders, in kruisvuur doodgeskiet word. Een tydskrif sê: “Geweld neem vinnig toe in stede van gemiddelde grootte. . . . Niemand is daarteen gevrywaar nie aangesien gemeenskappe oor die hele [Verenigde State] deur dwelmmiddels en jong boewe oorstroom is. Elke jaar word 1 uit elke 4 Amerikaanse huisgesinne slagoffers van ’n gewelddadige misdaad of diefstal.”—U.S.News & World Report, 7 Oktober 1991.

Vrees vir verkragting is vir vroue ’n bron van kommer. In Frankryk het gerapporteerde verkragtings van 1985 tot 1990 met 62 persent gestyg. Binne ses jaar het seksuele aanrandings in Kanada tot 27 000 verdubbel. Duitsland het berig dat daar elke sewe minute een seksuele aanranding van ’n vrou plaasvind.

Ook kinders vrees vir hulle veiligheid. In die Verenigde State, berig Newsweek, “bewapen kinders, selfs standerdtwee- en standerddrieleerlinge hulleself, en onderwysers en skoolamptenare is bang”. Die situasie is so ernstig dat ’n kwart van die groot stedelike skoolstreke metaalverklikkers gebruik, maar vasbeslote kinders vind ’n manier om dit te omseil deur vuurwapens deur vensters vir ander aan te gee.

Vrees vir vigs

Al hoe meer mense is bang dat hulle vigs sal opdoen. In die Verenigde State alleen was daar al meer as 230 000 gevalle. Vigs het die sesde grootste doodsoorsaak onder 15- tot 24-jariges geword. “Die toekoms hou die skrikwekkende moontlikheid in van siekte op ’n veel groter skaal”, sê Newsweek.

Sterftes weens vigs neem voortdurend toe onder mense in die wêreld van dans, die teater, rolprente, musiek, die mode, TV, kuns en so meer. Een berig het gesê dat 60 persent van die sterftes onder Paryse mans tussen 25 en 44 in die joernalistiek, kuns- en vermaaklikheidswêreld aan vigs toegeskryf kan word. Die WGO (Wêreldgesondheidsorganisasie) berig dat van agt- tot tienmiljoen mense in alle wêrelddele met HIV besmet is. Dr. Michael Merson, ’n direkteur van die WGO, sê: “Dit is nou duidelik dat HIV-besmetting regoor die wêreld vinnig meer slagoffers eis, veral in ontwikkelende lande.”

Daar is natuurlik ook omgewings- en ander vrese. Maar die voorgaande verslae alleen toon duidelik dat die wêreld in ’n greep van vrees verkeer. Is daar iets hieromtrent wat veral betekenisvol is? Kan ons verwag om ooit vryheid van vrees te geniet?

[Foto-erkenning op bladsy 2]

Cover photos: Left: Tom Haley/Sipa Press; Bottom: Malanca/Sipa Press

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Bob Strong/Sipa Press

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel