Hulle sluit by ’n verenigde broederskap aan
Dit was 7 Augustus 1993 by die Republikeinse Stadion in Kiëf, in die Oekraïne. Die meer as 64 000 aanwesiges het met groot afwagting toegekyk toe die oomblik aanbreek. Toe het duisende met ’n dawerende “Da!” (“Ja!”) op twee betekenisvolle vrae geantwoord. Só het hulle ’n openbare belydenis van hulle geloof gedoen en daarna hulle toewyding aan Jehovah God gesimboliseer deur in een van die ses groot baddens in die stadion gedoop te word.—Mattheüs 28:19.
Die gehoor het dus op hierdie derde dag van die internasionale “Goddelike Onderrigting”-Streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies ’n buitengewone gebeurtenis aanskou: 7 402 is gedoop en het ’n deel geword, nie van ’n verdeelde kerk nie, maar van ’n verenigde wêreldwye Christengemeente.
As jy meer oor ware Christelike eenheid wil leer, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 2.