Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w92 9/1 bl. 32
  • Jy sal nie teleurgestel word nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jy sal nie teleurgestel word nie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulle wou dit nie misloop nie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
  • Ligdraers”- Streekbyeenkoms vir 1992
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Waarom doen hulle dit?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
  • Die “God se weg”-internasionale en streekbyeenkomste vir 1998
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
w92 9/1 bl. 32

Jy sal nie teleurgestel word nie

DIT het een egpaar in die Filippyne twee dae geneem om daar te kom. Hulle het 70 kilometer gestap, terwyl hulle twee jong kinders saam met hulle gedra het deur oerwoude wat van bloedsuiers wemel en oor riviere wat vol was as gevolg van tifoonreën. Maar hulle was vasbeslote om dit nie te mis nie.

Twee vroue in Zaïre het in 14 dae meer as 500 kilometer gestap om daar te wees. Ook in Zaïre het ’n 70-jarige man daar gekom deur 260 kilometer op sy fiets te ry. Hy het hom nie deur die afstand of die ongerief laat afskrik nie. Dit was vir hulle belangrik om dit nie te mis nie.

Waarheen het hulle almal gegaan? Na een van die groot byeenkomste van Jehovah se Getuies wat in hulle land gereël is. En al was die reis ook hoe moeilik, het hulle almal gemeen dat hulle pogings die moeite werd was.

Het jy al reëlings getref om die “Ligdraers”-Streekbyeenkoms in 1992 by te woon? Dit sal waarskynlik nie vir jou nodig wees om soveel moeite te doen as wat hierdie getroue siele moes doen om die byeenkoms by te woon nie. Maar al veroorsaak dit vir jou ’n bietjie ongerief, wil ons jou aanspoor om dit nie te mis nie.

’n Uitstekende en baie praktiese program is voorberei. As jy Christelike omgang geniet en daarin belangstel om te leer hoe jy ware vrede kan vind, wat die toekoms vir jou inhou of hoe jy God se wil beter kan doen, belowe ons dat jy nie teleurgestel sal word nie. Enige Getuie in jou omgewing sal jou sê waar en wanneer die byeenkoms naaste aan jou gehou sal word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel