Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 8/1 bl. 3-4
  • Die laaste oordeel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die laaste oordeel
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Christendom se leerstelling
  • Die oordeelsdag—’n tyd van hoop!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Wat is die Oordeelsdag?
    Ontwaak!—2010
  • Die opstanding, die oordeelsdag en die afval
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1982
  • Wat sal tydens die Oordeelsdag gebeur?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 8/1 bl. 3-4

Die laaste oordeel

“WANNEER jy sterf, word jou siel alleen gepynig; dit sal sy hel wees: maar met die oordeelsdag sal jou liggaam met jou siel verenig word, en dan sal jy ’n dubbele hel hê, jou siel sal bloeddruppels sweet, en jou liggaam sal folterende pyn verduur.”

DIT is hoe die 19de-eeuse leraar C. H. Spurgeon die geestelikes se beskouing van die oordeelsdag en die lyding van die verdoemdes beskryf het. Die Italiaanse kunstenaar Michelangelo het ook so iets skrikwekkends geglo, soos uitgebeeld word in sy skildery “Die Laaste Oordeel” teen die muur van die Sixtynse kapel in Rome (waarvan ’n gedeelte hierbo verskyn). The New Encyclopædia Britannica sê van hierdie skildery: “Die Christus tydens die Oordeel is ’n bulderende god in plaas van ’n Christelike redder; ’n god wat meer belangstel in die verdoemenis van die menseras as in die verwelkoming van die geseëndes in die hemel.”

Die Christendom se leerstelling

In vorige eeue was die oordeelsdag en die helse vuur geliefkoosde onderwerpe vir preke. Van hulle preekstoele af het leraars soos C. H. Spurgeon verskriklike beskrywings uitgebulder van die afgryslike foltering wat op sondaars wag. Deesdae word sulke preke selde gehoor. Maar die helse vuur en die laaste oordeel is steeds amptelike leerstellinge van die meeste kerke.

Die meeste van die Christendom se godsdienste stem min of meer saam met die Rooms-Katolieke leerstelling dat God se oordele uit twee fases bestaan. Eers is daar die “besondere oordeel”. Wanneer ’n persoon sterf, word sy vermeende onsterflike siel onmiddellik geoordeel en tot in ewigheid na óf die hel óf die hemel gestuur.a Dan kom die laaste, of algemene, oordeel in die laaste dag wanneer die dooies se liggame opgewek word en met hulle onsterflike siele herenig word.

Tydens hierdie oordeelsdag bly die siele wat in die hemel is daar en word hulle met liggame herenig wat onverganklik gemaak is. Diegene wat in die hel ly, bly ook daar, en hulle siele word ook met verrese, onverganklike liggame herenig. Volgens sommige veroorsaak dit vir hulle intenser lyding. Dié wat nog op aarde leef, sterf nie. Hulle word geoordeel terwyl hulle nog lewe en gaan as ’t ware met “liggaam en siel” reguit hemel toe of hel toe.

Die moontlikheid dat onuitspreeklike folteringe in ’n helse vuur verduur moet word, het die hele onderwerp van die laaste oordeel wat deur Jesus Christus voltrek gaan word iets gemaak wat té skrikwekkend is om aan te dink. Sal dit jou derhalwe verbaas as jy weet dat God se oordele in werklikheid dikwels rede tot blydskap is en dat die Oordeelsdag een van die gelukkigste tye in die hele geskiedenis van die mens gaan wees? Hoe is dit moontlik?

[Voetnoot]

a Rooms-Katolieke glo ook aan ’n derde moontlikheid: ’n tydelike straf in die vaevuur voordat hulle finaal in die hemel ingaan.

[Foto-erkenning op bladsy 3]

Random/Sipa Icono

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel