Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 3/15 bl. 23
  • Waarom ons geloof en wysheid nodig het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom ons geloof en wysheid nodig het
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Geloof, beproewinge en werke
  • Hemelse wysheid en gebed
  • Bybelboek nommer 59—Jakobus
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Vreugdevolle “daders van die woord”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Hou ondanks beproewinge vas aan jou geloof!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Jakobus lê nadruk op reine en daadwerklike aanbidding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1983
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 3/15 bl. 23

Waarom ons geloof en wysheid nodig het

Glanspunte uit die brief van Jakobus

JEHOVAH se knegte het volharding nodig wanneer hulle beproef word. Hulle moet ook gedrag vermy wat goddelike veroordeling tot gevolg sal hê. Sulke gedagtes word in die brief van Jakobus beklemtoon, en as ons in hierdie verband positief wil optree, moet ons daadwerklike geloof en hemelse wysheid hê.

Die skrywer van hierdie brief identifiseer homself nie as een van Jesus se twee apostels met die naam Jakobus nie, maar as ‘’n dienskneg van God en Christus’. Net so sê Jesus se halfbroer Judas dat hy “’n dienskneg van Jesus Christus en broer van Jakobus” is (Jakobus 1:1; Judas 1; Mattheüs 10:2, 3). Gevolglik het Jesus se halfbroer Jakobus blykbaar die brief geskryf wat sy naam dra.—Markus 6:3.

Hierdie brief maak nie melding van Jerusalem se vernietiging in 70 G.J. nie, en die geskiedskrywer Josephus sê dat Jakobus kort voor die dood van die Romeinse prokurator Festus omstreeks 62 G.J. ’n marteldood gesterf het. Die brief is dus vermoedelik voor 62 G.J. geskryf. Dit is aan “die twaalf stamme” van geestelike Israel gerig, want dit spreek diegene aan wat “geloof in onse Here Jesus Christus” het.—Jakobus 1:1; 2:1; Galasiërs 6:16.

Jakobus gebruik illustrasies wat ons kan help om sy raad te onthou. Hy toon byvoorbeeld dat iemand wat God om wysheid vra, nie moet twyfel nie “want hy wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word” (1:5-8). Ons moet ons tong beheer omdat dit ons lewenswandel kan rig net soos ’n roer ’n boot stuur (3:1, 4). En om beproewinge te verduur, moet ons geduldig wees soos ’n landbouer wat op die oes wag.—5:7, 8.

Geloof, beproewinge en werke

Jakobus toon eerstens dat ons as Christene gelukkig kan wees ten spyte van ons beproewinge (1:1-18). Party van hierdie beproewinge, soos siekte, kom algemeen onder mense voor, maar Christene ly ook omdat hulle diensknegte van God en van Christus is. Jehovah sal die nodige wysheid aan ons gee om te volhard as ons aanhou om in geloof daarvoor te vra. Hy versoek ons nooit met die kwaad nie, en ons kan op hom vertrou om te voorsien wat goed is.

Om God se hulp te ontvang, moet ons hom aanbid deur werke wat ons geloof openbaar (1:19–2:26). Dit vereis dat ons “daders van die woord”, nie net hoorders nie, moet wees. Ons moet die tong beheers, na wese en weduwees omsien en ons vlekkeloos bewaar van die wêreld. As ons die rykes begunstig en die armes minag, sal ons “die koninklike wet” van liefde oortree. Ons moet ook onthou dat geloof deur werke getoon word, soos die voorbeelde van Abraham en Ragab goed toelig. Waarlik, ‘geloof sonder die werke is dood’.

Hemelse wysheid en gebed

Onderrigters het geloof sowel as wysheid nodig om hulle verpligtinge na te kom (3:1-18). Hulle het ’n baie groot verantwoordelikheid as onderrigters. Ons moet net soos hulle die tong beheers—iets wat hemelse wysheid ons kan help om te doen.

Wysheid help ons ook om te besef dat ons ons verhouding met God kan skaad as ons aan wêreldse neiginge toegee (4:1–5:12). As ons selfsugtige doelwitte nagestrewe het, of ons broers veroordeel het, moet ons berou hê. En hoe belangrik is dit tog om vriendskap met hierdie wêreld te vermy, want dit is geestelike hoerery! Laat ons nooit God se wil ignoreer deur materialisme na te jaag nie, en laat ons waak teen ’n gees van ongeduld en ’n gesug teenoor mekaar.

Enigeen wat geestelik siek is, moet die gemeentelike ouere manne om hulp nader (5:13-20). As iemand gesondig het, sal hulle gebede en wyse raad help om ’n berouvolle sondaar se geestelike gesondheid te herstel. Trouens, ‘die een wat ’n sondaar van sy dwaalweg bekeer, sal [die sondaar] se siel van [’n geestelike en ewige] dood red’.

[Venster op bladsy 23]

Daders van die woord: Ons moet “daders van die woord en nie net hoorders” wees nie (Jakobus 1:22-25). Iemand wat ’n hoorder is, “is soos ’n man wat sy natuurlike gesig in ’n spieël sien”. Ná ’n vlugtige ondersoek gaan hy weg “en vergeet dadelik hoe hy gelyk het”. Maar ’n ‘dader van die woord’ bestudeer God se volmaakte, of volkome, wet wat alles insluit wat van ’n Christen vereis word. Hy ‘bly daarby’ en hou aan om die wet te ondersoek sodat hy die nodige stappe kan doen om hom nougeset daarna te skik (Psalm 119:16). Hoe verskil “’n dader van die werk” van ’n man wat in ’n spieël kyk en vergeet wat hy sien? Wel, die dader pas Jehovah se woord toe en geniet Sy guns!—Psalm 19:8-12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel