Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 1/15 bl. 3-4
  • Die heilige gees gedentifiseer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die heilige gees gedentifiseer
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Skrif en die heilige gees
  • ‘In die naam van die heilige gees’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Gelei deur God se gees in die eerste eeu en vandag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Watter invloed God se gees op jou kan hê
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Die heilige gees—God se werkende krag
    Moet jy aan die Drie-eenheid glo?
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 1/15 bl. 3-4

Die heilige gees geidentifiseer

WEET jy dat die heilige gees ’n invloed op elkeen van ons se lewe het? En besef jy dat dit ontsaglike verbeteringe in jou lewe kan aanbring? Dit verbaas jou dalk. Trouens, jy vra moontlik: ‘Wie of wat is die heilige gees?’

As jy aan een van die Christendom se kerke behoort, het jy moontlik al gehoor hoe ’n geestelike ’n baba “in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees” doop (Mattheüs 28:19). Wanneer geestelikes gevra word om die heilige gees te identifiseer, sal die meeste van hulle haastig antwoord: ‘Die heilige gees is die derde persoon van die Drie-eenheid, in alle opsigte gelyk aan God die Vader en aan die Here Jesus Christus.’

Hierdie beskouing is egter nie gedurende die eerste paar eeue van ons Gewone Jaartelling gehuldig nie. Ter toeligting: Gregorius van Nissa het sowat drie eeue na die dood van Jesus Christus se apostels geskryf: “Sommige aanvaar dat [die heilige gees] ’n krag (energeia) is, sommige dat dit ’n wese is, sommige dat hy God is, sommige kan nie besluit watter van hierdie nie.”

Die meeste kerke in die Christendom aanvaar vandag die Trinitariese beskouing van die heilige gees. Maar is dit wat die Bybel sê? Of is dit bloot ’n opvatting wat op tradisie gegrond is? Die Bybel praat nooit van die heilige gees soos dit van God of van Jesus praat nie. Die heilige gees het byvoorbeeld nie ’n persoonlike naam in die Bybel nie.

Is dit net ’n kleinigheid? Nee, name is belangrik in die Bybel. God het die belangrikheid van sy eie naam beklemtoon toe hy gesê het: “Ek is Jehovah. Dit is my naam; en aan niemand anders sal ek my eie heerlikheid gee nie, nog my lof aan gesnede beelde” (Jesaja 42:8, NW). Die belangrikheid van Jesus Christus se naam is voor sy geboorte beklemtoon toe ’n engel vir Maria gesê het: “Jy moet Hom Jesus noem” (Lukas 1:31). As die Vader en die Seun se name so belangrik is, waarom het die heilige gees nie ’n persoonlike naam nie? Hierdie besonderheid alleen moet ’n mens tog laat wonder of die gees werklik aan die Vader en die Seun gelyk is.

Die Skrif en die heilige gees

Die Hebreeuse Geskrifte, of die “Ou Testament”, praat van die “Heilige Gees” en van “my [God se] Gees” (Psalm 51:13; Joël 2:28, 29). Ons lees dat ’n persoon vervul kan word met die heilige gees, dat dit op hom kan kom en hom kan omhul (Exodus 31:3; Rigters 3:10; 6:34, NW). Ván God se heilige gees kan van een persoon weggeneem en aan ’n ander gegee word (Numeri 11:17, 25). Die heilige gees kan oor iemand vaardig word, en hom in staat stel om bomenslike dade te verrig.—Rigters 14:6; 1 Samuel 10:6.

Wat kan redelikerwyse afgelei word uit wat die Bybel hieroor sê? Beslis nie dat die heilige gees ’n persoon is nie. Hoe kan ’n deel van ’n persoon van een mens weggeneem word en aan ’n ander gegee word? Daarbenewens is daar geen bewys dat getroue Jode die heilige gees beskou het as ’n persoon wat gelyk aan die Vader is toe Jesus op die aarde was nie. Hulle het beslis nie die heilige gees aanbid nie. Hulle het eerder Jehovah alleen aanbid, die Een wat Jesus self “my Vader” en “my God” genoem het.—Johannes 20:17.

Soos die sogenoemde Ou Testament, sê die deel van die Bybel wat die Christelike Griekse Geskrifte, of “Nuwe Testament”, genoem word dat ’n persoon met die heilige gees “vervul” kan word of dat dit “op” hom kan wees (Handelinge 2:4; Lukas 2:25-27). Heilige gees is ‘gegee’, ‘op iemand uitgestort’ en ‘uitgedeel’ (Lukas 11:13; Handelinge 10:45; Hebreërs 2:4, vgl. NW). Die dissipels het tydens Pinkster 33 G.J. “van” God se gees ontvang (Handelinge 2:17). Die Skrif praat ook van doop met die heilige gees en van salwing daarmee.—Mattheüs 3:11; Handelinge 1:5; 10:38.

Sulke verklarings in die Bybel bewys dat die heilige gees nie ’n persoon is nie. Hierdie gevolgtrekking word gestaaf wanneer ons sien dat die heilige gees saam met ander onpersoonlike dinge gemeld word. Die Bybel sê byvoorbeeld dat Stefanus “vol van geloof en van die Heilige Gees” was (Handelinge 6:5). En die apostel Paulus het homself as dienaar van God aanbeveel “in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde”.—2 Korinthiërs 6:4-6.

Die Bybel verpersoonlik weliswaar soms die heilige gees. Jesaja het byvoorbeeld gesê dat sekere rebelle ‘God se heilige gees gegrief laat voel het’ (Jesaja 63:10, NW). Paulus het gesê dat dit “bedroef” kan word (Efesiërs 4:30). En etlike tekste sê dat die heilige gees leer, lei, spreek en getuig (Johannes 14:26; 16:13, 14; 1 Johannes 5:7, 8). Maar die Bybel verpersoonlik ook ander nie-lewende dinge, soos wysheid, die dood en sonde (Spreuke 1:20; Romeine 5:17, 21). Dit is maar net ’n treffende manier waarop die Skrif dinge soms beskryf.

Vandag praat ons op soortgelyke wyse van die Bybel wanneer ons sê dat dit iets sê of dat dit ’n leerstelling leer. Wanneer ons sulke uitdrukkings gebruik, bedoel ons nie dat die Bybel ’n persoon is nie, nie waar nie? Die Bybel bedoel ook nie dat die heilige gees ’n persoon is wanneer dit soortgelyke uitdrukkings gebruik nie.

Wat is die heilige gees dan? Dit is nie ’n persoon nie. Dit is eerder God se werkende krag, wat hy gebruik om sy wil uit te voer (Genesis 1:2). Maar watter invloed het die heilige gees op ons lewe? En hoe kan ons persoonlik meer baat vind by die werking van die heilige gees?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel