Die beste tyd van die lewe
’n Jeugdige uit Nigerië, Wes-Afrika, het onlangs geskryf: “Ek het altyd gedink dat ’n mens se jeug die moeilikste tyd van jou lewe is, en dat die gelukkigste tyd is wanneer ’n mens ’n pa of ’n ma is of wanneer jy ’n volwassene is.”
Maar toe het hierdie jeugdige uit Afrika ’n eksemplaar van die boek Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut ontvang. “Baie dankie”, het hy geskryf. “Hierdie boek het my op baie gebiede gehelp.” Hy het afgesluit: “Nou, na ek die boek gelees het, besef ek dat ’n mens se jeug die beste ouderdom is.”
Jongmense wat in hierdie moeilike tye grootword, kom voor baie nuwe situasies te staan en moet gewigtige besluite neem. Moet ’n jongmens rook of dwelms aanvaar? Watter gedrag is gepas met een van die ander geslag? Wat van masturbasie en homoseksualiteit?
Verkeerde besluite kan tot baie hartseer en moeilikheid lei. Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut beantwoord al die vrae wat hierbo gestel is en nog baie meer. Vul asseblief die koepon in en pos dit as jy graag ’n eksemplaar wil ontvang.
Ek wil graag die hardebandboek met 192 bladsye Jou jeug—Hoe om dit ten beste te benut ontvang. (Skryf buite die RSA aan plaaslike Wagtoringtak vir inligting. Sien bladsy 2.)